Motte stories

26 09 2012

Ek moet erken dat ek nou nie die grootste kenner van Oom Neels (ook bekend as CJ Langenhoven) se werk is nie, maar ek het nogal bewondering vir die man.  Vir die mens wat hy was, nie noodwendig sy werke nie.  Die oom het ‘n paar lewenswyshede gehad wat mens jou ore aan kan uitleen.  Een wat ek vandag wil noem is die gedig “Die mot en die kers“. 

Die mot en die kers
Die ander motte is dom en dwaas,
Maar ek sal vér van die kers af bly;
Hier vér uit die skemerte sal ek kyk,
Hier vér is dit veilig en kyk is vry.

Maar ek hoef nie van éénkant net te kyk –
Ek vlieg op dieselfde afstand om,
Dan weet ek van álkant af hoe hy lyk,
Om beter te sorg om nie nader te kom.

My sirkel was skeef en ingebuig,
Maar dáár ook nog, waar ek naaste was,
Het niks gebeur – ek maak verniet
My velling so groot en so vér van die as.

Die wieletjie draai ál vinniger om,
En die lig en die gloed word ál groter genot:
En die vellings word nouer ál rondom die as –
En die end van die wiel is die as van die mot.

Weereens, die enigste poësie wat ek ken, is die wat ek op skool moes doen.  Siende dat skole min of meer dieselfde doen, verwag ek dat almal wat Afrikaans as ‘n vak gehad het, die gedig behoort te ken.  Helaas is dit nie die geval nie. 

In almal se agterkop is daar darem ‘n begrip van hoe ‘n mot na ‘n kers aangetrek word.  Dit strek selfs sover as dat dit vir die mot baie gevaarlik is om na die kers aangetrek te word.  Tog is die gedig van Langenhoven soveel meer.  Hoe dikwels word die mens nie gekonfronteer met iets wat gevaarlik is nie, hoe dikwels speel hulle tog nie saam nie, vol vertroue dat hulle die gevaar gaan vermy?  Tog, op die einde val hulle tog in die strik wat hulle verseker geweet het hulle gaan vermy. 

Elke paar weke duik daar weer proteste en bekgevegde vir die behoud van Afrikaans op.  Tog moet ek liggies wonder of dit nie meer oor die kans vir ‘n lekker geveg gaan, as oor die liefde van die Taal nie.  Hoe ver is mense bereid om self hand in eie boesem te steek om die taal te ontdek, bewaar en uit te brei?  Jy kan tog nie iets bewaar wat jy nie ken nie en netso kan jy nie iets liefhê wat jy nie ken en goed ken nie. 

Hoeveel moeite doen Afrikaners self om hulle taal te ken en om dit goed te ken?  Hoe leer jy ‘n taal ken?  Is dit in die literatuur?

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Wie sing die liedjie met die volgende openingsreëls?

She Comes around like a wild fire, and like a moth drawn to a flame
I’m on my way to being burned up once again.
Breinlosbrand:  Olga was reg met Lenie van Velden. 

Aksies

Information

7 responses

26 09 2012
gerdajansen1

as ek so luister na die I are baboon fokkers wat die radio so gereeld bel en kak prrrraat met dik gutterale Afrikaanse aksente dan kry ek skaam vir die swak Engels wt hulle praat om hulle Afr afkoms te kamoefleer. dan wens ek tog so vir n geleentheid om op die goed se pote te spring sodat daai eg Afrikaanse
p¤£s wat gaan uitval die dreksels kan verraai.

26 09 2012
Olga

Hulle hoef nie eers dari woord te sê nie. Hulle hoef net Engels te praat sodat jy kan hoor dit is Valies. Die feit dat hulle Engels “praat” LW. met ander Afrikaans sprekendes en dit nogal uit keuse, maak hulle tog so pateties. Sjym. Arme wannabe’s.

26 09 2012
J W W

Die song is van Prime Circle – She Always Gets What She Wants.

Ek is maar redelik gestrem as dit kom by poësie en literatuur, maar, ek hou van interesante stories, dinge wat ek kan vereenselwig met my kultuur en MY taal.

26 09 2012
seegogga

Wat sal ons se? Waar moet die kinders dit leer? Ek dink dit taal vakke op skool word deesdae afgeskeep. In die Vrysaat moes ons destyds ook die Geskiedenis van Afrikaans neem. Dit was ‘n Afdeling van die vak. Tot vandag toe is ek baie dankbaar daaroor en dit sou goed gewees het as kinders dit nog steeds kon leer, as is dit dan ook minder volledig as wat ons gedoen het

29 09 2012
Toortsie

Ek was nie goed met gedigte nie. In die Laerskool het ek altyd musiek in die gediggie-periode gehad, so reeds daar het die liefde vir gedigte agter gebly. Die outydse gedigte wat ons in hs moes doen, het ek nie verstaan nie. Ai, kan ‘n mens so agterlik wees om nie GEDIGTE te verstaan nie?

29 09 2012
Toortsie

O, en oor die liefde vir Afrikaans – ek dink juis die feit dat ons in Afrikaans op blogs skryf, bevorder ons die taal. Ons doen dit beslis oor ons lief is vir ons taal anders sou ons in ‘n ander taal geskryf het, of hoe?

2 10 2012
lekkerjeuk

Ons moet Afrikaans net praat en so ordentlik moontlik probeer praat. En as die taal dan uiteindelik in die hek duik omdat ons dit opmors en meng met Engels, is dit ons verdiende loon.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: