Massiewe Mistakes

21 09 2012

Eerstens – ek pleit internet probleme.  Ek voel al soos ‘n internet probleem.  Die huislike een is gelukkig nou beëindig en ek behoort binnekort iets meer betroubaars te hê. 

Gelukkig kan internet probleme met klagtes, dreigemente en kontrakte opgelos word.  Nou nie heeltemal so maklik soos dit klink nie, maar met ‘n bietjie baie geduld kan dit gedoen word.  Ten minste is niemand dom genoeg om met hulle internet probleme te trou nie.  Noudat ek daaraan dink, ek het ook nog gehoor van iemand wat met hulle kar-, huis- of enige ander probleme trou nie.  Dit is bloot net smeek om te sukkel.  Tog is daar mense – baie van hulle – wat dink hulle kan hulle liefdesprobleme oplos deur te trou. 

Volgens die mite, kan ‘n trouring iemand genees van jeukende hande, manipulasie en verneukery.  Die trouring is seker veronderstel om die vark uit die mens te haal.  Helaas is dit baie ver van die werklikheid af.  As iemand hom / haarself nie kan gedra wanneer die deur sonder die hulp van ‘n prokureur gewys kan word nie, gaan alles net vererger.  ‘n Trouring beskerm nie die onskuldige of weerlose nie.  Babas nog minder, maar dit is ‘n ander storie. 

Algemene kennis.  Iets waarmee mense hulle koppe eeue lank stamp, maar blykbaar word die les nie geleer nie.  Duidelik hou mense daarvan om hulle foute huis toe te sleep en dan nog daarmee te trou ook.  Trou word altyd as ‘n vreeslike romantiese daad gesien.  Net miskien moet mens meer sinies daaroor wees.  As jy die ergste verwag en daarmee kan en wil saamlewe, het jy dalk ‘n kans op ‘n gelukkige huwelik.  Van ‘n objektiewe waarnemer op die wal. 

Ek wonder tog – as mense met hulle internet-, kar-, huis- en ander probleme kon trou, sou hulle?  Blykbaar hou die mens maar een maal daarvan om martelaar te speel en swaar te kry. 

Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Met wie was CJ Langenhoven getroud?

Breinlosbrand:  Maankind was reg met Melinda Bam.


Aksies

Information

11 responses

21 09 2012
gerdajansen1

eErStE.

21 09 2012
gerdajansen1

met sy vrou, natuurlik.

21 09 2012
gerdajansen1

dit sou nogal pret kon gewees het. dink net, elke paar jaar kry jy n nuwe huweliksmaat.

21 09 2012
Olga

Praat jy wat tanne het.

21 09 2012
Olga

ek het my ook al verwonder aan vroue en deesdae mans ook, wie trou met iemand wie hulle geestelik en liggaamlik afknou. Maar nou ja.

Ta Lenie van Velden????

21 09 2012
Toortsie

Wat jy sê oor trou, dat ‘n trouring nie die persoon kies om skelm, ontrou, ongeskik te wees nie, is waar. Dis ‘n KEUSE om al daardie dinge te wees. Wanneer mense genoeg respek vir mekaar het kan dit nogals werk, hoor – hierdie trou ding. En selfs al werk dit uitstekend, kan daar maar nog altyd haakplekkies ook wees. Ek het getrou om gelukkig in my huwelik te wees, en dit verg HARDE werk! maar dis die moeite werd.🙂

21 09 2012
brieweuitdievreemde

Ja dit verg harde werk. Maar die harde werk moet (? ‘moet’ klink so voorskriftelik) van beide kante af kom. Anders weet ek nie hoe dit iets anders as ‘n abusive verhouding kan wees nie. (En ek neem kennis van die feit dat ‘abuse’ ‘n woord is wat deesdae rondgegooi word vir alle paste en onvanpaste dinge.) Interessant genoeg, in die Verre Ooste – waar egskeiding so UIT is soos bokn–i, glo die meeste vroue dat hulle rol is om te “endure” binne ‘n huwelik. Ek kon nie – en kan steeds nie – regtig ooit daarvan sin maak nie. In elk geval: Viva die gelukkige verhoudinge / huwelike. Viva!

21 09 2012
brieweuitdievreemde

Ja-nee.

25 09 2012
Klip

Ek is gelukkig getroud ! My vrou is gelukkig en ek is getroud

25 09 2012
Olga

Eendag is eendag Klippie, dan trek mev Klip nog jou lip oor jou kop.

26 09 2012
J W W

Soms, wonder ek, hoe dit sou voel om getroud te wees, maar, dan word ek wakker in ‘n angstige sweet, wat niemand weet waar dit vandaan kom nie… en wonder, is dit die ENIGSTE rede hoekom ek hier is, op aarde…. die diep denke maak my soms, angstig, tog nuuskierig. Ek dink, daarom bestaan ek……

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: