Media Werk

17 09 2012

Ek het eendag ‘n artikel gelees oor Dolly Parton en plastiese chirurgie.  Sy het geen probleem daarmee dat sy wel gereeld aan haar laat werk nie, volgens haar wil niemand na ‘n ou pruimedant kyk nie.  Wat seker in ‘n mate waar is. 

Ek het ook eendag iewers in ‘n boek gelees dat dit makliker is om ‘n mooi persoon sonder talent op die kamera te laat werk as om ‘n lelike mens met al die talent in die wêreld.  Mens wil so half en half protesteer daaroor.  Dit voel net verkeerd.  Volgens die idioon vergaan mooiheid, maar deug bly staan.  Tog moet ek erken dat ek al wel flieks gekies het juis oor ‘n mooi gesig of maagspiere wat daarin verskyn.  Ja, ek is so vlak. 

Tog is dit ‘n irritasie as iemand in ‘n sterk rol moet verskyn met weinig meer as net voorkoms.  Dit is heel aangenaam om vir die skerm te staar as daar niks anders is om te doen nie, maar as jy die storie moet volg, moet die een met voorkoms dit darem oortuigend doen.  Dit moet natuurlik lyk, die oomblik wat dit na toneelspel lyk – is dit swak.  Ek het al beter akteurs in kleuterskole gesien as in groot begroting projekte. 

Die punt wat ek wil maak is dat daar ‘n stel voorvereistes is vir iemand wat voor ‘n kamera of mikrofoon wil werk.  As iemand ‘n akteur / aktrise wil wees, moet hulle die karakter wat hulle moet wees word.  Dit is waar die nodige talent vir toneelspel inkom.  Dit trek meer aandag as hulle na iets lyk, maar daar is toneelspelers wat nie prentjies is nie en nogtans baie goed doen.  Wanneer iemand net mooi is, moet daar nie veel lyf aan die stuk wees nie.  Dit raak dan skryend. 

Aan die ander kant, jy hoef nie ‘n prentjie te wees as jy agter ‘n mikrofoon inskuif nie.  Jy moet verkieslik ‘n stem hê.  Een waar duidelik en verstaanbaar is.  As jy in radio wil werk, help dit nogal as jy pittig en skerp is.  Dit laat my wonder as ek in die middae per ongeluk op Highveld land of ek ‘n loopbaan in radio kan oorweeg.  Het beslis ‘n radiogesig, is nou nie Mej Persoonlikheid nie, maar as daardie dame met haar sleeptong gewild kon raak, kan ek wragtig ook. 

Duidelik is daar nie presiese riglyne nie.  Wat vir die een ‘n moet is, is vir ‘n ander onnodig.  En dit werk blykbaar, al irriteer dit sommige mense teen die dak uit. 

Dit laat my wonder, gaan alles net oor die X faktor?  En hoe word dit gedefinieer?

Breinvasbrand:  Wie is die huidige Mej Suid Afrika?

Breinlosbrand:  Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie en Gaskorporasie.


Aksies

Information

5 responses

17 09 2012
MaanKind

Melinda Bam

17 09 2012
gerdajansen1

deesdae is dit blykbaar n vereisde by jakaranda dat al wat omroeper is met n n rapierdun sten moet bye se aan die einde van hul skof. is dit dalk hulle manier om steun vir gay te wys? baie irriterend.
die ander weer sit daar me. daai vreeslike ‘nek van die plek’ houdinp wat maak dat ons anie meer 4 tot 7 luister nie. ag ten minste word ons dvdspeler nou gebruik.

17 09 2012
Olga

Dari 4 tot 7 program op Kakaranda is loshande net so swak soos die brekvis ding. Hulle omroepertjies is te grootkop. Dink letterlik daar sal nie ‘n program wees sonder hulle nie.

17 09 2012
Olga

Die swakste aktrise wat ek al ooit in aksie gesien het, was Annelien Kriel. Ari gedori. Sy was in tv reeks met Hans Strydom gewees. Ek is so bang hulle sit dit op ‘n Dinsdag aand op en wat gaan ek dan kyk? Maar ai, Diaan Lawrenson is haar net ‘n kortkop agter.

18 09 2012
demoerin

Ek luister radio vir die musiek….ek dink ek blok die ander goed uit. Ek luister nie meer Jakaranda of Highveld oor die herhaling nie…jinne, hulle het ‘n manier om ‘n song wat ek like te verander in iets wat my wil laat kots. Daarom is ek baie excited oor my nuwe find, Mix Fm, 93.8. Hulle speel alles van die Stones tot Metallica….en nie noodwendig die songs wat jy tot vervelens toe op ander stasies hoor nie. Hel, elke band het mos nie net een of twee hits nie!
Sovêr dit die x faktor aangaan – party mense het dit net, en ander nie. ‘n Paar wat dit wel het is Shaleen Surtie-Richards, Sandra Prinsloo…ooo, en daai vrou wat cool lyk met grys hare..mmmm, Antoinette Kellermann. Ek glo die beste toets as akteur/aktrise is die verskeidenheid rolle wat hulle kan speel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: