Gautenger in Aksie

14 09 2012

Dit was veronderstel om ‘n doodgewone dag te wees.  Een van daardie wat jy moet deurwroeg om een stappie nader aan Vrydag te kom.  Die dagboek het niks van belang gewys nie, daar was geen spertye nie en daar was geen afsprake nie.  ‘n Dag om op te vang met liasering en die volgende projekte te deur dink. 

Hoewel daar geen haas is nie, trek jy maar jou telefoon nader en begin met die nodige aanvoorwerk.  Dit moet tog een of ander tyd gedoen word en jy het niks beters om te doen nie.  Skielik is dit nie meer ‘n doodgewone dag nie.  Ander mense se verlof begin nou jou krisis word.  Die enigste manier om dit te verhoed is om hulle binne die volgende twee uur te sien.  Aan die anderkant van die provinsie.  Toegegee, Gauteng is nie die grootste provinsie ooit nie, maar dit is die provinsie met die besigste paaie. 

Nou nie dat ‘n mens met so ‘n probleempie sommer tou opgooi nie.  Gryp die selfoon, nodige dokumentasie en soek gou vinnig na ‘n paar visite kaartjies.  Oppad kar toe word die doen lysie na werk onthou.  Heelbo aan die lys is ‘n nodige stop by Engen, die petrolliggie het al twee dae gelede aangekom.  Daar was bloot nog nie tyd om petrol in te gooi nie en net ‘n swaap gooi vroeg die oggend in sodat die kar heeldag petrol kan laat verdamp. 

Effense krisis, maar nou ja.  Dit beteken ‘n pitstop voor die N1 getref word.  Behalwe vir ‘n klein ander tegniese probleempie.  Petrol is nie verniet nie en die nodige kaarte is by die huis.  Dit is nou die tyd om te begin swets.  Vet weet hoekom handsakke nie agter mense kan aanhardloop nie.  Nog ‘n gulsige hap aan die twee ure, maar Murphy is nie gepla met ‘n horlosie nie.  Die resies van die rotte is mos nie veronderstel om maklik of te wel glad te wees nie. 

Daar is nie ‘n ander uitweg nie.  Huistoe jaag, handsak kry.  Sasol toe vir petrol.  Dan die N1 met mannetjies onder die brûe vir ekstra geluk.  Kan dit handle, is ‘n ou Transvaler. 

Alles kon natuurlik verhoed gewees het as die motor vroeër ‘n besoek aan ‘n vulstasie gemaak het.  Soos toe die liggie die eerste keer geflits het.  Of toe die motor die kwartmerk bereik het.  Of as daar ‘n pomp by die huis was. 

Maar dan was dit net ‘n onverwagte afspraak.  Nie ‘n semi-krisis nie.  En dan het ek niks gehad om oor te blog nie. 

Op watter punt maak julle gewoonlik julle karre vol?  Enige spesifieke petrol voorkeur?  Spesifieke tyd van die dag?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan die Akroniem SASOL?

Breinlosbrand:  Vlooi was eerste reg met 6 weke vir elke drie jaar.


Aksies

Information

6 responses

14 09 2012
Sonlig

Wanneer die liggie “flash” – dit beteken ek het minder as 50 km oor voor ek gaan staan. Gelukkig het my kar ‘n elektroniese aanwyser van hoe ver jy nog kan ry – selfs met ‘n vol tenk.

My voorkeur is die naaste petrolstasie, maar my man glo vas hy ry verder op BP.

Ek háát dit om petrol in te gooi, so ek doen dit wanneer ek nie meer ‘n keuse het nie – enige tyd van die dag of nag. Ek het die half-tenk-ding al probeer vir ingeval mens skielik by Heilbron se Spar moet uitkom, maar dit het nie lank gehou nie.

14 09 2012
gerdajansen1

Sonder Arabiere Sal Ons Lewe
ons het net n bp garage op ons dorp. daarom gooi ek petrol in die buurdorp by engin. ek ondersteun nie vir bp nie. ook nie sasol nie.

14 09 2012
Olga

Suid Afrikaanse Steenkool en Olie

ek gooi oor die algemeen in as die metertjie onder kwart gaan. Ek gooi ook nie BP in nie. Dus maak ek maar ook vol as ek in ‘n buurdorp kom.

14 09 2012
MaanKind

Ons gooi in as hy amper leeg is, by enige plek.

14 09 2012
Olga

Wees bly dari maantuig het nie viervoet vasgesteek tussen twee verkeersligte en jou gelos om haar alleen uit die pad te stoot nie.

16 09 2012
Toortsie

Klink my darem nie jy het gaan staan nie. Ek woon 50 km van die dorp, so… Ek kan nie vir murphy te ver uittart nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: