Af siek

10 09 2012

Ek het verlede week gegrief gevoel oor PnP se “maybe I’ll forgive you” advertensies.  Iemand het die fliekadvertensie gesien en my vertel wat die konteks daarvan is.  Dit gaan basies oor mense wat maak of hulle siek is om ‘n dag nie te kom werk nie.  Hulle oortreding wat deur die kind vergewe kan word is om te maak of hulle siek is, terwyl hulle eintlik dankbaar moet wees vir hulle gesondheid.  Dit verander die prentjie, maar ek is nog steeds gegrief daardeur. 

Alhoewel, feit bly staan dat baie siekdae wat toegestaan word nie is omdat die aansoeker regtig siek is nie.  “Sick and Tired” vir jou werk is nie ‘n geldige verskoning nie.  Dit is vir my vermaaklik hoe iemand byvoorbeeld die Woensdag en Donderdag af neem om te trek.  Jy weet amper verseker die persoon gaan Vrydag voedselvergiftiging hê.  Ek meen, wie het nou regtig tyd om kos te maak as jy trek?  Die kitshoender is verseker op die spyskaart en dit het nogal ‘n gewoonte om ‘n mens verlief op jou toilet te maak.  Watter redelike mens kan daarmee stry? 

Natuurlik sou jy dokter toe gegaan het, as jy kon knyp tot die spreekkamer.  Siende dat jy nie op jou selfoon mag praat terwyl jy ry nie, is die kanse goed dat jy ook nie mag kots en bestuur nie.  Jy mag dalk net vir dronk bestuur verantwoordelik gehou word.  Al het jy nie eers na drank gekyk nie.  As jy net deur die dag kan kom, sal jy oorleef.  AS!  Dit is nie so maklik soos dit klink nie.  Niemand beny jou nie.  Dit kan met enige een gebeur en niemand wil verder daaroor dink nie.  Al vermoed hulle jy is besig om jou nuwe plek in te wy. 

Soos genoem, daar is daardie siekdae wat seker net die papier waarop dit staan glo wat die rede van afwesigheid was.  Net omdat papier geduldig is.  Daar is natuurlik die ander kant ook.  Voedselvergiftiging kan enige mens op enige dag tref.  Dit klink na net so ‘n flou verskoning as jou ouma wat dood is. 

Hoe gereeld neem jy siek dae?  Het jy al ooit ‘n siekte geveins om nie te kom werk nie?  Wat is die beste siekwees verskoning?  Wat is die een wat nooit sal werk nie?

Breinvasbrand:  Op hoeveel siekdae is iemand geregtig?

Breinlosbrand:  Blommetjies


Aksies

Information

25 responses

10 09 2012
Vlooi

Daardie einste kitshoender-verlief-op-die-toilet het my al op drup gehad!

Siekdae neem ek as ek vertel word my kieme gaan alles en almal siek maak, verwyder jouself asseblief. ‘n Goeie pityparty is ook net solank snaaks. 🙂

Volgens oorlewering (hier is so tydig en ontydig net op papier siek geval) is jou siekdae gelykstaande aan die hoeveelheid dat wat jy sou werk in ‘n 6weke periode gedeel in 3jaar.

10 09 2012
gerdajansen1

het die blommetjies nie vir bennie geroep nie? iets “bytjie blaas en ons moet sing, bennie kan jy die storie bring.”
ek dink 10 dae siekverlof per jaar. ek sal elke dag af siek neem as ek kon maar nou werk ek glo waar ek 6 maande verlof 2 x pe jaar kry. net jammer die pay is pateties en daar is geen bonus nie.

10 09 2012
Klip

Ek is siek , ek het n probleem met my oe , ek kan nie sien dat ek more ook moet kom werk nie

10 09 2012
Olga

Gaan kry ‘n siekbrief. Mens kan sommer die dok bel.

10 09 2012
rondomtaliedraai

Ek weet nie sommige mense word makliker siek as ander … as mens egter skoolhou en altyd jou siek lyf skool toe sleep, word mens later vies vir mense wat altyd tuis bly en dan moet jy hulle kinders oppas

10 09 2012
Klip

Hier is so n klomp mense wat siek verlof misbruik , ek voel te skuldig om af siek te boek. Party mans hier by ons se menstruele sikles laat hulle ook net nagskofte afboek

10 09 2012
Olga

Gaan my nie help om af siek te boek nie. Ek is die baas. Nee, ek soek nog werk. Nee, ek is soos Gertjie op my tweede ses maande verlof vir die jaar.

10 09 2012
Klip

Hier by ons kan jy wynskool toe gaan met so 6 weke siekverlof. Dan by sekuriteit blaas ons, voor elke skof n vuvuzela , en kry n lesing om te bepaal of jy “gesond” genoeg is om te werk. Paar kollegas het al elk so 2 weke visvang verlof gekry

10 09 2012
Klip

Tuisteskeppers werk in elk geval harder as enige poeier kwassie wat vir n baas werk

10 09 2012
Klip

Kry n mens nog yuppie griep???

10 09 2012
Klip

Mev Klip het n mediese agtergrond ( sy het baie dokter dokter gespeel toe sy klein was ) Onlangs het sy my gediagnoseer met hypochondriasis —– dit klink vreeslik , dink julle ek moet n tweede opinie kry

10 09 2012
Xena Phoenix

Nee Klip, ek dink Mev Klip kan jou met ‘n pan regsien. 😉

Hoe gaan dit met die kleinkind?

10 09 2012
Klip

Baie goed dankie, sy word pragtig groot . Kan my nou nie self indink hoe dit moet wees om nie n oupa te wees nie

10 09 2012
Xena Phoenix

So, wanneer kry jy nog?

10 09 2012
Klip

Wag nou ………….. ek wil nie eers daaraan dink nie

Hoe gaan dit nog met jou Xena ?

10 09 2012
Xena Phoenix

Jy weet mos. 😉

10 09 2012
Klip

Op hierdie staduim dink ek nog te veel aan die antwoorde wat gegee moet word wanneer sy groot is

10 09 2012
Klip

Het jy nog nie die formule uitgewerk om die lotto te wen nie?

10 09 2012
Xena Phoenix

Ou Klippie, as ek daardie formule het, tree ek more af en wen lotto’s vir die res van my lewe. 😉 Tot ek genoeg het om mee af te tree.

10 09 2012
Klip

Sal dit nie n bliss wees nie ? En die lekker is as n mens afgetree is hoef jy nie siek verlof te vat nie ……Soos Olga tereg se

10 09 2012
Xena Phoenix

Tsk! Siek verlof gaan meen ek wen een minder lotto. Hoe gaan ek dan ooit oorleef.

10 09 2012
Klip

Ek is juis besig om n paar episodes van “survival” te kyk, seker een van die dae weer moet leer hoe om vuur te maak.

Met jou geesdrif glo ek jy sal nie sukkel om te oorleef nie

10 09 2012
brieweuitdievreemde

Wel, die konteks (sick-leave wat misbruik word) blyk nie uit die advertensie nie, jammer genoeg.

Toe ek vir die Dept v Justisie (bestaan die nog?) gewerk het, het ek die eerste jaar vol-uit en oortyd gewerk…. en resultate behaal wat die betrokke landdroshof en destydse P-G stomgeslaan het. Na ‘n jaar “I wizened up” en toe het ek uit elke maand omtrent ‘n week siekverlof geneem. My dokter was baie ‘understanding’. Hy het voorgestel ons noem dit elke keer ‘angs-depressie’. Dis iets wat niemand kan bewys of ontken nie. Ek het redelik gou daarna bedank.

12 09 2012
Sandra Marais

Was nooit ‘n enkeledag siek vanaf Sub A – Matriek- Gaan werk by dieselfde maatskappy vir 25 jaar en ek kry ‘n oog ongeluk en toe is ek sommer vir 2 en ‘n halwe maande nie by die werk nie en daarna het ek nog so 15 – 20 oog operasies gehad. Toe maak ek maar op vir dit wat ek nooit gebruik het nie. Maar bly liewer by die huis met Griep en Verkoue. Jy doen niemand ‘n guns nie en steek niet die hele kantoor aan. Ons is nooit in beheer nie en ja, sometyds moet jy trek ook. Dit word statisties bekou as ‘n groter trama in jou lewe as dood. So maybe is jy mentally ‘n biejie af met ‘n trekkery. Ek is seker van dat die base wel ook moet trek en hulle kry gewoontlik ‘n week vir die move. Dalk moet ‘n mens maar sometyds jouself help. Oor ‘n paar jaar is jydood en dan gaan niemand tog onthou hoeveel dae jy siek was by die werk nie. Hopenlik onthou hulle jou vir iets beters.
Sandra

13 09 2012
demoerin

Ek word nie siek nie. Snotneus en hoesie tel nie as siek nie.
Mens lieg ook nie oor siekte nie, ek glo aan die wiel wat draai.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: