Emosionele Afpersing

6 09 2012

Gister toe ek by Pick n Pay instap sien ek die advertensie wat my tot stilstand skok.  Ja, skok.  Ek is vandag terug net om seker te gaan maak my oë het my nie bedrieg nie.  By die ingang is daar ‘n plakkaat om die Bandanas (kopdoeke) wat hulle vir die Sunflower Fund verkoop te bemark.  Die woorde lees:  ” Buy a bandana and maybe I’ll forgive you.  For you may have save my life. “

Bandana dag is een van daardie inisiatiewe wat ek met graagte ondersteun.  Ek koop jaarliks verskeie bandanas, al dra ek dit nie noodwendig op Bandana dag nie.  Dit gaan tog oor die R20 wat ingesamel word met elke bandana.  Ek moet egter eerlik sê – was dit nie dat ek al reeds een gekoop het nie, was ek nou regtig in die versoeking om 2012 uit te sit. 

Daar is min mense wat sal nee sê om die lot van kinders met leukemia te verlig.  Met die helder bandanas in elke Pick n Pay is daar nie veel meer bemarking nodig nie.  ‘n Plakkaat met statistieke, simptome of selfs foto’s help met bewusmaking onder die publiek wat altyd ‘n goeie ding is.  ‘n Paar bekendes en beroemdes en die regte media sal selfs nog meer mense bekeer.  Tog besluit een of ander bemarkingskonsultant om die publiek skuldig te laat voel.

Buy a bandana and maybe I’ll forgive you.  For you may have save my life. “

Hoekom sal ek, jy, Jannie of Sannie afhanklik wees van die vergifnis van ‘n kankerlyer?  Ek verstaan nie wat vergifnis met die saak te doen het nie. 

Die gewone persoon wat vinnig by Pick n Pay inhardloop, deel nie leukemia uit soos lekkergoed nie.  Dit is dus nie die gewone lid van die publiek se skuld dat daar kinders is wat bloedkanker het nie.  Die algemene publiek weerhou nie die lyers van die behandeling of versorging wat hulle nodig het nie.  Die gewone man op straat sal waarskynlik alles in hulle vermoë doen ‘n lyer te help waar hulle kan. 

Nou het iemand gedink hulle is verskriklik diep en wil nou almal op ‘n skuldreis sit om die bandanas te koop.  Met iets wat glad nie van toepassing is nie.  Die skoen pas nie, maar die insinuasie is steeds aanstootlik. 

So ja – in protes wil ek graag my beursie toeklap.  Tog dink ek nie dat enige lyer so ‘n truuk sou probeer het nie.  En dit is hulle wat die geld nodig het, nie die organiseerders nie.  Aan die ander kant, die organiseerders is dalk verwaand genoeg om te dink dat hulle afpersery help.

Hoe voel julle daaroor?

Breinvasbrand:  Wanneer is Bandana dag 2012?

Breinlosbrand:  Selene was reg met 77 771.

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

6 09 2012
Dirkie

Nie ter sake…. My skoonsus gebruik haar Bandanas en maak servette vir haar Patio-Braaiplek . Suiwer Katoen en vrolike kleure en daaroor word om die die tafel gesels en die doel van die bandanas en so word die boodskap versprei en die idee verder gebruik, ek het gedink dit is werklik ‘n goeie plan..

7 09 2012
Wosonkilyfie

Dis nou ‘n goeie plan!!

6 09 2012
Anna

Ek het dit ook oor die naweek in Pick n Pay gesien en dieselfde reaksie as jy gehad. Kon hulle werklik slegs met hierdie slogan vorendag kom? Swak smaak !

6 09 2012
Selene Phoenix

Ek onthou die advertensie op die radio… dink amper hulle het die ad probeer korter maak met hulle slogan, en nou klink dit nie reg nie! Sal moet gaan google 🙄

Ek het nou die dag vir KM ‘n mikey mouse bandana gekoop… ek soek nou die donker kleur een vir Bandana day in Oktober… dink dis die 12de?

6 09 2012
Olga

26 okt?
Ek ondersteun GEEN projek waarvan die bemarking slegs in Ingels is nie. Punt. As die kfc mens my ook vra of sy/hy R2 by my rek kan sit, dan antw ek dat as hy / sy in Afrikaans gevra het, sou ek gegee het. Maar ek gee nie Afrikaanse geld uit op Ingelse sake nie.

6 09 2012
brieweuitdievreemde

Ek stem nogal saam, maar in my geval voel ek ook nie te vriendelik teenoor mense wat een of ander geradbraakte taal praat en dit dan ‘Engels’ wil noem nie. Ek luister verstom oor die televisie (baie selde) en (meer gereeld) oor die radio na wat alles vir ‘Engels’ passeer in hierdie land. (En ek praat nou glad nie van aksente nie.) Ek het eenkeer ‘n
ho-erskoolkind teegekom wat wou stry – stry!- oor waarom ‘n mens in Engels se: “I am”, en nie “I is” nie….. Wetteloosheid en algemene gebrek aan respek in die land geld dus nou ook vir English Grammar, het ek by myself gedink 🙂

6 09 2012
brieweuitdievreemde

Die bewoording (“maybe I’ll forgive you”) is regtig ‘n bietjie siek? Forgive me for what? Weet enigeen wie verantwoordelik is vir die eienaardige stelling? En.. Maybe you will have “save” my life? Dis tog ‘saved’… dalk is die een wat die ‘slogan’ opgestel het nie Engels lekker magtig nie.

6 09 2012
Olga

As hulle eers die radio stasies bel en vertel hoe hulle gepady het , kan ek myself behoorlik beskyt. Wees wat jy veronderstel is om te wees. Wees Engels as jy Engels is en onbeskaamd Afrikaans as jy Afrikaans is. Ek het nou weer gister per toeval op die radio gehoor hoe ‘n woordvoerder van Lonmin myn vertel “we wantS to sit down and discuss the madder but they dont wantS to sit down.” Elo???

7 09 2012
jagternw1976

LMGA Olga. Onthou, ons klompie hier in Rustenburg is maar erg Afrikaans, die rooinek taal loop nie glad nie.

7 09 2012
Olga

😉 Skuus Jagter, ek het bietjie vergeet van.

7 09 2012
Wosonkilyfie

Hulle probeer om jou te laat koop met ‘n “sop” storie. Want jy gaan skuldig voel.

Jy’s nie veronderstel (om soos ek ook) jou nekkie in ‘n krul te ruk en te vervies nie . . .

7 09 2012
rondomtaliedraai

Dit het my ook opgeval. Wonder of daar dalk ‘n ander betekenis moet wees? Hulle kan tog nie mense beskuldig dat jy kanker veroorsaak nie.

10 09 2012
Af siek « Herriemerrie

[…] het verlede week gegrief gevoel oor PnP se “maybe I’ll forgive you” advertensies.  Iemand het die […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: