Raaisels

5 09 2012

Olga het my huiswerk gegee oor die raaisels wat ons in die laerskool vir mekaar gevra het. 

Om eerlik te wees, dink ek die raaisels was ‘n bietjie voor my tyd gewees.  Ek kan regtig nie onthou of ons ooit raaisels onder mekaar gevra het nie.  Ek onthou die sywurmfase en die ruilpapier fase, maar nie ‘n raaisel fase nie.  Het my dalk ontgaan.  Die raaisels wat ek wel ken, het ek of by my ma geleer of in Pieter W. Grobbelaar se “Liewe Lawwe Lollery”. 

In die laerskool was daar baie onderwysers wat gehou het van Bybelvasvrae.  Iewers tussen deur, was daar wel die meer nie-feitlike vasvrae waarvan ‘n paar vasgesteek het.  Ek sal van hulle met julle deel. 

  1. Hoe lank was Petrus?
  2. Hoeveel diere het Moses is die ark geneem?
  3. Wie het nooit sy huis verlaat nie?
  4. Wie was die eerste man in die Bybel wat geskeer het?

Ken julle die antwoorde?  Wat was cool in die tyd toe julle in die laerskool was?

Ek moet die raaisel huiswerk verder uitdeel.  Sal Tannie Gypsie en Tannie Maan asseblief saamspeel?

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

5 09 2012
MaanKind

2 Niks

5 09 2012
Raaisels uit my kinderdae « MaanKind

[…] gaan hierdie inskrywing oor Raaisels. Die Merrie het my getag. Ek onthou min raaisels van maatjies, maar my ouma was baie lief daarvoor. Dit was […]

5 09 2012
brieweuitdievreemde

Ek het ‘n boek gehad met raaisels in – een wat ek goed onthou is: Hoeveel eiers kan ‘n reus eet op ‘n lee maag voor sy maag nie meer leeg is nie? Antw.: Een. Daarna is sy maag nie meer leeg nie…. 🙂

5 09 2012
Olga

As dit nou nie vir die bybelse vrae was nie, het ek nou soos ‘n matroos geswets.
1. Tot hy skoon is.
2. Moses was awol. op die ark.
3. Kaiavas
4. Kaleb. Of was dit nou Kaallip?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: