Michael Clarke Duncan

4 09 2012

As ek ‘n lys moet maak van die mees hartverskeurende tonele in flieks, sal “The Green Mile” ten minste twee plekke op die lys moet kry.  Die een toneel is waar hier reusagtige, growwe swart man – John Coffey – tussen twee bebloede dogtertjie lyke sit en huil soos ‘n baba.  Huil omdat hy hulle nie kon red nie.  Die tweede toneel is waar die stadige, maar merkwaardige Coffey se straf voltrek word.  Al het hy gevra om van die pyn van die wêreld verlos te word en al is daar soveel haat teen hom – die onskuldige man; is hy nogtans bang vir die donker.  Hy vra dan die hoofbewaarder, Paul Edgecomb, met ‘n bewende lip om nie die mus oor sy kop te trek nie, want hy is bang vir die donker. 

‘n Sagmoedige reus, beide fisies en geestelik.  Een wat van die onheiligste misdaad verdink kan word, maar wat geen onskuldige siel kwaad sou kon aandoen nie.  Die rol wat Michael Clark Duncan ‘n bekende gesig gemaak het.  Duncan was vir ‘n Oscar genomineer vir sy rol en wat welverdiend sou gewees het.  Helaas het hy nie daardie erkenning gekry nie. 

Nou sal hy vir altyd as John Coffey onthou word.  Duncan is gister dood nadat sy hart ingegee het.  Hy was 54 jaar oud. 

Rus in vrede.


Aksies

Information

5 responses

5 09 2012
Selene Phoenix

Ag nee, hoe het ek sy dood gemis!? (cry)
The Green Mile sal altyd een van my beste flieks bly – Hy was briljant!! Ek huil nog elke keer as ek die fliek kyk, al weet ek wat gaan gebeur!

Rus in Vrede Michael

5 09 2012
dalenatjie

Green Mile het my ook konstant in trane gehad, kan nie MCD was maar so jonk met sy afsterwe nie

RIP

5 09 2012
Sonlig

RIP Gentle Giant!

5 09 2012
gerdajansen1

only the good die young.
r.i.v.

5 09 2012
Olga

Mag hy salig rus. Ek is nie veel van ‘n fliekvlooi nie, maar die rol waarin ek hom onthou is ook maar in Green mile.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: