Lopende begrafplase

4 09 2012

Aborsie is een van daardie onderwerpe wat om vredesonthalwe maar eerder geignoreer moet word.  Daar is baie sterk opinies vir en teen aborsies.  Vir die een kamp is dit ‘n teken van genade en die ander kamp beskou dit as moord van ‘n weerlose babas.  Objektief beskou is daar geldige argumente aan beide kante van die saak.  Wat dit natuurlik ‘n baie interessante onderwerp vir die filosoof in my maak. 

Die “Pro-Choice” kamp argumenteer dat vroue altyd die reg oor hulle eie liggame het en nie geforseer te word om deur die geboorte proses te gaan as hulle nie reg is daarvoor nie.  Die vrou se reg weeg dus swaarder as die van die embrio.  Ek vind dit ironies dat die reg van keuse so laat eers aggressief beskerm word.  Ek meen, vroue het al ‘n reg op hulle liggaam lank voordat daar ‘n baba groei.  Die wêreld sal ‘n baie beter plek wees as hulle regte op daardie punt beskerm en afgedwing word. 

Die “Pro-Lewe” kamp voel weer hoewel die vrou ‘n reg oor haar liggaam het, het die embrio ook ‘n reg op lewe wat nie deur ‘n mens ontneem mag word nie.  Die reg van die embrio word dus gelykstaande geplaas aan die van die vrou al het die embrio nog nie ‘n stem nie.  Die lewe aan die ander kant is nie noodwendig so rooskleurig soos die Pro-Lewe mense wil glo nie.  ‘n Ma wat gedwing word om moederskap te aanvaar, kan die kind se lewe heeltemal verwoes.  Dan praat ons nie eers van die minder as ideale omstandighede wat ‘n weerlose baba moet oorleef, waarby die dood dalk meer genadig sal wees nie. 

Daar is baie grys gevalle, waar ‘n mens die ma maar die beste toebid en uiters dankbaar is dat jy nie in daardie omstandighede is nie.  Daar is egter een ding waaroor die professionele mense eens is.  Aborsie is nie ‘n maklike saak nie.  Dit beskadig wel die liggaam tot ‘n mate en moet eerder vermy word.  Dus aborsies behoort uitsonderlik te wees en kan nie as ‘n gereelde (gerieflike) geboorte beperking gesien word nie.  Hoewel aborsies veilig kan wees, is daar risiko’s wat eerder vermy moet word. 

Aborsies is ook ‘n traumatiese ervaring vir die gemiddelde vrou, die baba wat sy gekies het om nie te hê nie.  Die baba sal die res van haar lewe by haar spook en sy sal altyd weet dat haar keuse hom dood gemaak het.  Weereens, nie iets wat jy sommer op jou gewete wil hê nie.  Veral as jy dit nie kan verdedig teenoor jouself nie. 

Soos reeds genoem, aborsies is nie ‘n maklike saak nie, op die beste kan dit as ‘n traumatiese saak uitgemaak word.  Met die agtergrond was ek uiters geskok om te lees van die sogenaamde “aborsie verslawing“.  Daar is vroue wat voel dat dit opwindend is dat ‘n lewe geskep kan word en dan weer wettig geneem kan word.  So is daar vroue wat al 8 aborsies in hulle lewe gehad het, net omdat hulle kan. 

Dit is siek, baie siek.  Eerstens mors hulle met hulle liggame en het dan geen berou oor die lewe wat hulle beëindig het nie.  Volgens Herriemerrie dui dit op ‘n ongesonde gees.  Ek is seker veronderstel om hulle jammer te kry, maar ek voel hulle hoort in ‘n tronk.  Sulke koelbloedige mense kan nie toegelaat word om met die samelewing te meng nie. 

Wat moet skeef loop in mense se koppe dat hulle ‘n lewe wil skep net om dit te vernietig? 

Breinvasbrand:  Hoeveel wettige aborsies is in 2011 in Suid-Afrika uitgevoer? 

Breinlosbrand:  Selene was eerste reg met Santam.


Aksies

Information

5 responses

4 09 2012
Selene Phoenix

77 771 – dan wil ek nie weet hoeveel was onwettig nie ;(

Ek het gister die berig gelees… en kon amper nie kla lees voor ek trane in my oe gehad het nie!!!! Dis siek siek siek!!!!! Daar is soveel mense daar buite wat smag na ‘n klein bondeltjie liefde, en dan gaan moor die vrouens hulle EIE kinders omdat dit hulle ‘n kick gee! Wats volgede, om die kindtjie te he, en dan te mishandel? Gaan rook dagga of overdose op coke jou mal ding!!

Ek gee nie om hoe F-uped jou lewe was as jong kind nie, dis GEEN rede om te doen wat jy doen nie! Hulle neuk ook net hulle liggame op – en op die stadium kry ek hulle nie jammer nie!

4 09 2012
Loli Pretorius

Kyk bietjie ‘Vera Drake’ vliek te huur by DVD shop. Gaan oor vrou wat ‘back street’ abosies doen in Engeland.Ek sal nie die vliek vir jou nou wil spoil nie, maar mens kry insig, (en ek, die horries, en of hoendervleis, as ek nou aan alles dink wat in daai movie is)
Ag, en dan om by te las oor die ‘horrible’, vrou, sy het ook nie ‘n keuse gehad tot geboorte nie, en gewoonlik maak SEER mense , seer.Ek dink elke pedofiel, moordenaar, prostituut, porno…het seer, en weet later nie meer eers wat hom motiveer nie.

4 09 2012
gerdajansen1

hulle kan geboorte beperking toepas. self verkragting slagoffers kan n moontlike swangerskap in die kiem smoor voordat dit nog n swangerskap word.

4 09 2012
Olga

sulke siek lokasie kak. kan hulle hulle nie inhou nie? dan weer, hoekom sal hulle? dis dan wettig en tog so maklik. Daar behoort werklik goed boek gehou te word van elke vrou wie ‘n aborsie ondergaan. maar dis darem goed om te weet dat hulle ook nie ongeskonde daarvan afkom nie.

4 09 2012
Toortsie

Soos jy sê: Wat moet in jou kop aangaan om ‘n lewe te skep net om dit weer te kan neem?
Joe

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord