Daar is iets soos onderskei

3 09 2012

 

Ek het gister iewers gelees dat daar in Europa bevind was dat dit ongrondwetlik is om versekering premies op geslag te baseer.  Dit bring dus effektief ‘n einde aan die dae dat vroue as ‘n laer risiko beskou was en dus minder vir versekering betaal het.  Dit word as diskriminasie op geslag gesien. 

Dit laat my nogal wonder.  Ek is seker dat daar baie mans is wat nou met ‘n groot glimlag van genoegdoening is.  Vroue het die afgelope paar dekades meer en meer tuis geword in die sogenaamde manswêreld en daar is ‘n gevoel dat vroue aan die oorneem is.  Gelykheid op alle vlakke, beteken seker ook gelyke premies.  Daar is nie veronderstel om ‘n verskil te wees nie. 

Ek is seker die versekering maatskappye voel ook nie juis in die gesig gevroetel daaroor nie.  Siende dat hulle nie op geslag kan diskrimineer nie, moet almal seker nou maar net die hoër premie betaal.  Wat op die ou einde van die dag meer geld in hulle sakke gaan beteken. 

Ek moet egter begin wonder.  Versekering maatskappye het nie die idee dat vroue ‘n laer risiko is uit die lug gegryp nie.  Dit is gebaseer op data van miljoene kliente oor etlike jare.  Statistiek wat bewys dat die gemiddelde vrou (dit kan nog individueel verskil) die versekeringmaatskappy op die einde van dag minder kos.  In die sin is dit net regverdig dat hulle dus minder betaal. 

Iemand is egter in die gesig gevroetel daaroor en voel dat dit diskriminasie is.  Diskriminasie wat op aanvaarbare statistiek gegrond is. 

Niemand kan diskriminasie op vooroordeel goedkeur of aanmoedig nie.  Maar daar is redelike diskriminasie, nie net op geslag nie.  Daar word byvoorbeeld gereeld gediskrimineer ten opsigte van opleiding, ervaring of ander vaardighede.  Geregverdige diskriminasie wat vir ‘n goeie rede (een wat logies is) toegepas word.

Betree ons nou die tyd dat diskriminasie ten alle koste en logika vermy moet word?

Breinvasbrand:  Watter versekeringsmaatskappy dek alles met ‘n geel sambreel?

Breinlosbrand:  Gerda was korrek met Another brick in the wall.


Aksies

Information

7 responses

3 09 2012
Selene Phoenix

Samtam
Ek dink versekerings maatskappye moet premies minder maak – punt!
Jou premie gaan op, maar tog gaan jou motor se waarde af en jy bestuur vir langer?? Dit het nog nooit vir my sin gemaak nie!

3 09 2012
Selene Phoenix

Sorry Santam

3 09 2012
gerdajansen1

volgens wet moet jou premie elke jaar verlaag soos jou kar se waarde sak. bel hulle n sien hulle gou reg.

3 09 2012
gerdajansen1

hoer premies vir vroue beteken meer belasting. dis n nimmereindigende sirkel van buk om gefok te word.

3 09 2012
Olga

En hoe????

3 09 2012
Olga

yeah!!!!! Nog ‘n leer vir die anc om in onms beursies te kom.

4 09 2012
speel saam « OLGA SE OKSELTJIES

[…] toortsie, Sallie die Kameel, Grieters, Jagter , hoeveel kan julle nog onthou? Ek hoop ek kan darem drie […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: