7 geheime

29 08 2012

Olga het huiswerk uitgedeel en gaan my ore trek tensy ek saamspeel.   Ek hoop sy is tevrede met ‘n gedeeltelike saamspeel. 

Na ‘n paar jaar in die blogwêreld is ek nie so seker watse geheime ek nog kan hê nie.  Laat ek maar probeer en dan kan julle my vertel of dit al ou nuus is. 

  1. Ek was eendag na skool terug na my ou skool sommer net om hier en daar iemand te gaan groet.  Natuurlik moes ek toe so ‘n bietjie verduidelik het wat ek met myself aangevang het.  My een rekeninkunde onderwyseres was vies omdat ek nie ‘n beroep in rekeningkunde gevolg het nie.  My skoolhoof was teleurgestel omdat ek nie onderwys gaan swot het nie. 
  2. Ek het Shrek ore – ek sweer party dae kan ek ‘n kers uit my ore trek. 
  3. Ek het aanlegtoetse op universiteit gedoen wat aangedui het dat ek enige iets onder die son kan gaan doen, maar dat hulle aanbeveel dat ek my aan die akademiese kant oorgee van wat ek ookal wil doen.  Dus – dat ek ‘n dosent moet word. 
  4. Ander mense se boek, CD en DVD rakke fassineer my.  Dit vertel ‘n mens nogal baie van die eienaar.
  5. Ek het al baie genoem dat die mense oor die algemeen my fassineer.  Die mens is ‘n komplekse wese wat dikwels vol teenstrydighede is en dit kan my eindeloos amuseer.  Ek praat nou van eienskappe, nie woordspel nie.  Ek hou nie daarvan as mense net die regte geluide maak nie – dit dui op ‘n verskuilde agenda.  Iets wat die meeste mense het.
  6. Ek ken nog al die woorde van my laerskool skoollied. 
  7. My troeteldiere se name is Robyn en Jamie.  Robyn is ‘n rebel, maar is ook meer oop vir vertroeteling.  Jamie is my bakleier, maar ook die rustiger een van die twee.  Ek is tans in die mark vir ‘n derde troeteldier, maar ek het iets baie spesifieks ingedagte. 

Breinvasbrand:  Waarvoor staan CIA?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Apollo 11.


Aksies

Information

5 responses

29 08 2012
MaanKind

Aangename kennis!

29 08 2012
gerdajansen1

central intelligence agency. is jamie en robyn net troeteldiere?

29 08 2012
Olga

Seker vliëe.

29 08 2012
Olga

Ai, word ek nou ‘n kans om ore te trek ontneem. Daardie universiteits – aanlegtoetse het seker gesien dat jy ‘n regte drilsersant is.

30 08 2012
Toortsie

Interessant….. 2 in die rigting van opleiding…. een beveel aan jy moes onderwyser word, die ander dosent….🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: