One small step

28 08 2012

Die naweek het Neil Armstrong op die ouderdom van 82 jaar die aarde vaarwel geroep.  Nou nie die eerste keer wat hy die aarde verlaat het nie, maar die keer sal hy nie weer in die stoflike vorm terug keer nie. 

Neil Armstrong was die eerste man wat in 1969 sy spore op die maan gelaat het.  Hy was op die missie vergesel gewees deur Buzz Aldrin en Michael Collins – die laasgenoemde wat die ruimteskip moes oppas.  Armstrong was 38 ten tye en was ‘n baie ervare vlieënier gewees.  Hy was die een wat die roemryke woorde – One small step for man, one giant leap for mankind – geuiter het en daarmee ook homself in die Geskiedenisboeke gevestig het. 

Blykbaar was dit nie sy eie filosofiese gedagte nie.  Daar was vooraf besluit wat hy gaan sê sou hulle wel op die maan land.  Ten spyte van die ervaring (hallo, die eerste man op die maan), was Armstrong nie juis lus vir die roem wat daarmee saam gekom het nie.  Hy het gevoel dat alles net om geld gedraai het, en het hom meestal onttrek uit die publieke oog.  Hy het later ingenieurswese gedoseer by die Universiteit van Cincinnati. 

Was dit maar net nederigheid van ‘n man wat maar net sy werk gedoen het?  Of was dit skaamte en die onvermoë om blatant te lieg?

Amerika het die ruimtewedloop verloor, deurdat Rusland die eerste land was wat ‘n man in die ruimte gehad het.  Hulle moes iets beters doen om die Russe te klop en hulle name in ere te herstel.  Teen enige prys – waarvan integriteit nie juis hoog is as jy in politiek speel nie. 

Daar is tot vandag toe mense wat aanvoer dat die maan verskriklik baie soos die omgewing van Houston lyk.  Buitendien, waar sou die wind op die maan vandaan gekom het waarin die Amerikaanse vlag gewapper het?  As daar nie atmosfeer op die maan was nie en ook nie iets tussen die aarde en die maan nie, hoe sou daar klank en beeld na die aarde oorgedra kon word.  Ek het selfs eendag ‘n teorie gehoor dat die beeld materiaal wel in Houston geskiet is, net ingeval die maan nie bereik was nie.  Daar was glo ‘n krisis met die beeld materiaal en die voorstelling is gebruik. 😉 Buitendien kon almal sien die maan is nie van kaas gemaak nie. 

Interessant genoeg het niemand sedert 1976 die maan besoek nie.  Seker ‘n aanduiding dat dit nie die aanvanklike koste en moeite werd was nie. 

Maar dit verklaar nog steeds nie – was Neil Armstrong regtig die eerste man op die maan?   

Ek moet erken dat ek heeltemal bereid is om die amptelike Amerikaanse weergawe te glo.  Al was dit dalk net ‘n goeie storie.

Wat dink jy?

Breinvasbrand:  Waarmee het Neil Armstrong op die maan geland?

Breinvasbrand:  Olga was reg met CJ Langenhoven.


Aksies

Information

3 responses

28 08 2012
MaanKind

There’s a man on the moon…

28 08 2012
Sonlig

met sy voete!:mrgreen:

28 08 2012
Olga

Apollo 11.
Mensig, ek onthou die radio uitsending van die episode nog so goed. Al wat leef en beef het voor hulle radio’s gekluister gesit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: