‘n Kwessie van Tyd

27 08 2012

Ek het eendag iewers gelees dat die mens nie regtig die omvang van tyd besef nie.  Ons ervaring daarvan is net te beperk.  Selfs iemand wat ‘n 100 jaar oud word, is maar ‘n kers teenoor miljoene aarde wat die aarde bestaan en sal voort bestaan.  

Ek dink darem die gemiddelde mens besef dat geen mens tyd kan beheer nie.  Dat ons tyd op aarde maar beperk is en nie onnodig verkwis kan word nie.  Die meeste van ons verstaan ook maar te goed dat daar net 24 uur in ‘n dag is en dat dit telkens hopeloos te kort is.  Die gevolg is dat daar baie oordeelkundig met tyd te werk gegaan moet word.  Daar moet geprioriseer word, daar is tog dinge wat gedoen MOET word.  Dikwels is dit nie dieselfde as die dinge wat ons WIL doen nie.  Die wil-doen word dikwels agterweë gelaat, plig kom immers voor plesier. 

Ek praat nou natuurlik van die tyd wat ons aan ons familie en vriende spandeer.  Heel dikwels word werk en ander verpligtinge voorgehou, wat tyd vreet soos ‘n larwe.  Natuurlik sit dit die brood en botter op die tafel, maar daar kan altyd ‘n plan gemaak word wanneer dit nodig is.  Mens kan altyd ‘n plan maak om by ‘n verjaarsdag, verlowingspartytjie en troue uit te kom.  Daar word eenvoudig tyd gemaak.  Les bes – daar is altyd tyd vir ‘n begrafnis.  Waar die persoon aan wie die tyd afgestaan word, nie eers bewus is van die teenwoordigers. 

Ironies? 

Of net skynheilig? 

Ek wonder, as iemand ‘n keuse gegee word, sal hulle verkies dat hulle roubeklaers 2 of 3 ure aan hulle begrafnis moet spandeer of om eerder die 2 of 3 ure te gebruik wanneer die persoon nog lewe? 

As ek dit ‘n stap verder kan neem . . . saam met wie sal jy die tyd van jou begrafnis wil spandeer?  Vir watter rede sal jy eerder die begrafnistyd wil gebruik?  Sal jy tyd kan inruim voordat jy in die kis lê om jou naastes te waardeer?

Breinvasbrand:  Wie se gevleuelde woorde is dit:  “Dit beteken nie altyd veel om ‘n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op ‘n begrafnis is die dooi man“?

Breinlosbrand:  Louise Brown

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

27 08 2012
Klip

Time
Stand before me on the sign of infinity,
all you of the earth.
With the granting of the law of provination
comes the application of change.

I will give you the key.
And with this knowledge, please realise,
comes the responsibility of sharing it.
I will show you the way.

It’s very simple. Throughout the universe
there is order.

In the movement of the planets, in nature
and in the functioning of the human mind.
A mind that is in its natural state of order,
is in harmony with the universe
and such a mind is timeless.

Your life is an expression of your mind.
You are the creator of your own Universe –
For as a human being, you are free to will whatever
state of being you desire through the use of your
thoughts and words.

There is great power there.

It can be a blessing or a curse –
It’s entirely up to you.
For the quality of your life is brought about
by the quality of your thinking –
think about that.

Thoughts produce actions –
look at what you’re thinking.

See the pettiness and the envy and the greed and the
fear and all the other attitudes that cause
you pain and discomfort.

Realize that the one thing you have absolute
control over is your attitude.

See the effect that it has on those around you.
For each life is linked to all life
and your words carry with them chain reactions
like a stone that is thrown into a pond.

If your thinking is in order,
your words will flow directly from the heart
creating ripples of love.

If you truly want to change your world, my friends,
you must change your thinking.

Reason is your greatest tool,
it creates an atmosphere of understanding,
which leads to caring which is love.

Choose your words with care.
Go forth … with love.

27 08 2012
Klip

Party begrafnisse se broodjies is lekkerder as ander s’n

27 08 2012
Klip

As ek die tydelike met die ewige verwissel wil ek net n bietjie tyd he om by n paar mense te gaan spook……….

27 08 2012
Olga

Solank jy nie by my kom spook nie, ou Klippie. Ek voer moerse argumente met spoke, dan eskort ek hulle hek toe en jaag hulle weg>

27 08 2012
Olga

My oom? Huh??? Huh??? Huh???

27 08 2012
Olga

C. J. Langenhoven.
Tyd is nou regtig waar iets wat mens die meeste geneig is om te mors terwyl dit heel bruikbaar kan benut word.

27 08 2012
gerdajansen1

wat het van my kommentaar geword?

27 08 2012
gerdajansen1

die log in stront begin nou regtig my moer skurf maak.

27 08 2012
gerdajansen1

beslis nie met ou mandela nie. ek sal daardie tyd eerder wil om eet en lekker wyn drink. e miskien met theuns jordaan en kurt darren dat ek hulle kan vertel wat ek van valse mense dink. ek probeer altyd iets in elke mens kry om te waardeer. al is dit dan net die lekker koffie wat hulle maak.

28 08 2012
Toortsie

Ja ja ja…. ons moet almal meer tyd bestee aan die wie naby ons is….. Sekere begrafnisse is nogals ‘n plek waar ek verlangse familie raakloop wie ek nie baie sien nie… kan selfs soms lekker wees. Maar ek wil ook eerder maar nou saam met die mense kuier. Sal darem bly wees as ‘n paartjies my begrafnis bywoon, dan voel dit darem of ek vir iemand iets beteken het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: