Indecent Obsession

31 07 2012

Onlangs is die wêreld tot stilstand geskok toe James Holmes vir meer aksie in die nuutste Batman Fliek gaan sorg het as wat die skrywers en vervaardigers ooit beplan het.  Ek het nogal ‘n vermoede dat dat dit die nuwe Batman fliek in die rekordboeke gaan hou vir ‘n baie lang tyd.  Van die beste publisiteit, maar die prys is te hoog in enige taal vir enige iemand wat ‘n tikkie menslikheid besit. 

Natuurlik word daar gevra hoekom.  Baie mense het my al vertel dat Superman, Batman en al die bonatuurlike helde direk van die duiwel is.  Ek kon nog nooit die logika daarvan verstaan nie, maar Holmes het nie oordeelsdag tot homself toegeëien nie.  Indien moontlik is sy beweegredes effens meer bisar.  Sy verklaring was dat hy “The Joker” is.  Boonop is sy woonstel vol Batman aandenkings gewees.  Ek spekuleer nou, maar ek wonder of Holmes homself nie as “The Joker” wou bewys nie. 

Ek moet seker nou nie te hardop wonder nie.  Daar is te veel mense wat iets uit verband kan ruk en geen dam onder enige eend laat nie.  Die skietinsident was tragies, maar dit was ‘n geisoleerde voorval.  Dalk een wat verhoed kon word (Holmes het redelik onlangs vir hom verskeie vuurwapens aangeskaf en daarmee by ‘n teater ingestap), een wat dalk ‘n paar na-apers kan hê, maar nie iets wat elke seuntjie, dogtertjie of selfs grootmens se fasinasie tot gevolg kan hê nie. 

Baie kinders (alle kinders dalk?) het op een of ander stadium ‘n fase waardeur hulle gaan.  Daar word nogal heelwat verwysings daarna in die media.  Die meeste mense is geamuseerd daarmee en verwag dat hulle die fasinasie gaan ontgroei.  Wat gewoonlik binne ‘n paar weke gebeur. 

Wanneer raak so ‘n fassinasie gevaarlik?  Wanneer dit nie net tydelik van aard is nie?  Wanneer dit nooit ‘n versadigingspunt bereik nie?  Wanneer daar geen ruimte vir iets anders is nie?  Wanneer dit ‘n grootmens tref? 

Is daar net ‘n skakelaar wat afgaan en daarmee ‘n vermoedelike normale mens ‘n reeksmoordenaar of massamoordenaar maak? 

Dit is seker een ding om die fassinasie of obsessie te hê.  Die oomblik wat dit jou lewe oorheers, het jy ‘n probleem.  Maar wanneer raak die fassinasie werklikheid?  Is dit ‘n besluit of net iets wat gebeur?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Waar het James Holmes by die middernag vertoning ingestap en mense begin skiet?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Judge Advocate General.


Aksies

Information

3 responses

31 07 2012
demoerin

Ek weet nie wat gebeur dat jou kop so uithaak nie…ek ek kan ook nie glo dat dit ‘n skielike ding die Vrydag was nie. En meen al daardie wapens is voor die tyd gekoop, so daar was beplanning betrokke.
Ek dink dit was wat my die ergste geskok het, dat jy daardie aantal wapens en ammunissie, online nogal, kan koop sonder dat iemand snaaks dink?

31 07 2012
Son

As hy nie daar mense dood geskiet het nie, sou hy wel iewers anders mense doodgeskiet het. Sy kop kap aan en mens kan nie nou die fliek die skuld gee nie. Mense sien elke dag geweld, op die TV, in die flieks – en ons gaan nie uit en skiet mense nie. Die ou was lankal koekoes!

31 07 2012
Olga

dis tragies. Om te dink dat die slagoffers hul lewens verloor het vir n fliek wat al holrug gery is met al die ‘remakes’ of wat mens die herhalings noem.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: