Dis tyd vir Braaivleis

27 07 2012

Vandag is die amptelike opening van die Olimpiese Spele.  Dit is ‘n geldige verskoning.  Dit is die naweek die halfeindstryd van die Super 14.  Nog ‘n geldige verskoning.  Dit is Vrydag.  Die son skyn vandag.  Want ons is lus.  Want die bier of wyn sê so.  Ons is Suid-Afrikaners.  Dammit, ons het geen verskoning nodig vir as ons wil braai nie. 

Vir party mense is braai amper soos ‘n ritueel.  Daar moet ‘n spesifieke brandhout wees wat op ‘n spesifieke manier gekap moet word.  Die rooster moet presies die hoogte van die kole wees.  Die rooster moet met ‘n vars ui skoon gevee word.  Net die tipe sout kan naby die vleis kom.  Vleis moet presies

Die vleis is egter nie die enigste dis nie.  Vir party is enige iets anders as pap en sous onheilig, onrein en net nie doenbaar nie.  Ander verseg om hulle monde aan pap te sit.  Veral die ouer mense kerf hulle slaai so fyn, jy kan dit amper met ‘n strooitjie eet.  Mans weer is heeltemal gewillig om net by vleis te volstaan. 

So het elkeen maar hulle giere as dit by braai kom.  Wat is jou giere?  Hoe is die ideale braaivleis in jou oë? 

Breinvasbrand:  Vanjaar is dit die derde keer wat London die Somer Olimpiese Spele aanbied.  Wanneer was die ander kere wat hulle dit aangebied het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Barney.


Aksies

Information

13 responses

27 07 2012
Sonlig

Fillet, medium-rare met ‘n growwe soutjie bo-op dankie. Met ‘n kaas, tamatie en uie braaibroodjie en ‘n groen slaai met Feta. En ‘n Rosé’tjie. Njammies!!

27 07 2012
jagternw1976

Ditto. Perfek.

27 07 2012
Plasie

By die ideale braai is die setting net so belangrik soos die kos. Ek verkies iewers uit die stad uit waar moontlik, soos die Kalahari byvoorbeeld, maar ek sal nou nie ‘n ou swets wat sy agterplaas verkies nie.
As die son begin sak bou jy ‘n behoorlike staanvuur en die gaste trek laer om die vuur met hulle stoele, hierdie vuur hou jy aan die gang solank as wat die geleenheid aanhou. Al die kos word daar voorberei sodat almal deel kan wees van die gesprek en wanneer dit tyd word vir braai krap jy ‘n bietjie kole eenkant toe soos nodig.

Ongelukkig werk dinge anders by die tipiese braai (growwe veralgemening volg)
Die vrouens trek laer in die kombuis en doen whatever dit is wat die spesie doen by sulke geleenthede. Die mans staan buite en suip tot die gesprekke oor rugby, karre en vrouens uitgeput is en hulle na vele dreigemente die brikette brandsteek. Teen die tyd wat die kos naby middernag gereed is, is die braaiers gaarder as die vleis. Die kinders het lankal gaan slaap nadat hulle ma’s hulle met broodrolletjies gevoer het en verskeie gevalle van huisgeweld, messtekery en skeisake dreig om uit te breek.

27 07 2012
jagternw1976

Ha ha vir Plasie. Ek was al by sulke braai (kuier) betrokke en is skuldig. Maar. Toe word ek ouer en wyser. Vuur (met hout) word brandgesteek voor die son sak en as die eerste kole rooi gloei maak ek die wors, vleis ens gaar sodat mamma, die ander vroulike gaste en die kids kan eet. NOU word nog ‘n sak hout bygevoeg en die manne kan rustig verder kuier. As daai hout se kole kersie rooi flikker is dit tyd vir my “speciality”. Rump van so +- 3cm dik lê al van vroeg af in die volgende sousie: Sonneblom olie (Nie light oil, of enige gesondheids olie nie – dit werk nie), sojasous, woestersous en baie growwe swart peper. Elke keer as ek verby die bak loop word die vleis gedraai. NOU word daai sappige rump op die rooster gemoer – Gemoer want die olie moet afspat. Dit lyk nou soos chaos vir die omstaanders. Dit is vlamme wat ou nick in die hel sal laat wakker skrik. As die vlamme begin bedaar, draai om en moer weer neer. Sou die olie sous nie die nodige effek hê nie, gooi van die sous wat in die bak oorgebly het bo op. Manne ! Dis vlamme. Draai nou die rumpie weer om vir so minuut aan elke kant. Haal af en sit op ‘n houtbord neer. Sny sulke dik skywe en bedien sommer so op die plankie. Die bloed loop so bietjie maar DIS nou hoe ‘n rump moet proe !

27 07 2012
Plasie

Ek kan vouch vir daai rump, dit is ‘n bitter lekker manier om hom te braai daardie.

27 07 2012
Sonlig

Plasie? Ken ons mekaar? Hoe voel dit nou asof ek en jy by dieselfde plekke braai?😉

27 07 2012
Plasie

🙂

27 07 2012
Xena Phoenix

Ek is aan die lui kant, dus laat ek graag ander vir my braai. Ek dink wel dat ‘n braai met slaai gekomplimenteer moet word. Weereens, as ander graag die slaai wil maak, gaan ek hulle nie keer nie. 😉 Ek gaan ook nie kla nie.

Plasie het die tipiese Afrikaner dronkmans braai beskryf. Dit is wanneer ek skielik onthou dat ek die volgende oggend op ‘n vliegtuig moet klim en verdwyn.

27 07 2012
Xena Phoenix

En julle het my nou amptelik honger gemaak.

27 07 2012
demoerin

Mens het geen verskoning nodig vir braaivleis nie. Ek is gek oor braai. Selfs by ‘n bring-en-braai sal ek almal se vleis vir hulle gaarmaak.

27 07 2012
Olga

1908, 1948 en 2012.
Laaste!!! !!!! !
Die ideale braaivleis? Kos op my bord. Leke.

28 07 2012
gerdajansen1

gemarineerde hoender, hoog bo di kole gebraai met askoeke dik gesmeer met margerien en growwe konfyt en n lekker slaai daarby. o, die hoender het boerewors metgesel nodig daar bokant die kole.

1 08 2012
Toortsie

My man braai maklik. Soms net ‘n pakkie vleis met ‘n broodjie by. soms met wors en slaaie by. Soms ‘n steak….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: