Gedeelde Hulpbronne

25 07 2012

Daar is ‘n gesegde:  Sharing is Caring.  Dit is natuurlik nou sommer net sielkundige afpersing om jou goed met ander te deel.  Ja, natuurlik is deel ‘n goeie eienskap.  Veral as dit vrywilig gedoen word en nie afgedwing of geëis word nie.

Dan is daar natuurlik deel met jou werkgewer.  Nou nie oop en bloot waar almal kan sien nie.  Dit is meer subtiel, so ‘n verlenging van die werknemer se voordele.   Niks amptelik nie, dit is net beter as daar nou nie daarvan gepraat word nie.

Goed, tegnies gesproke is dit seker steel.  Dit is nou nie asof die werknemer se vingers in die kleinkas is nie of dat die geld verduisel word nie.    Dit is meer goed wat sonder toestemming gebruik word.  Dalk eerder goed wat vir persoonlike gebruik aangewend word, sonder dat die gebruik daarvan aangemoedig word.  Die misbruik van die werkgewer se bates en hulpbronne vir eie gewin.

Baie werkgewers gooi waarskynlik ‘n blinde oog.  Baie werknemers voel dat dit hulle toe kom of hulle probeer dit regverdig.  Punt is dat dit nou nie heeltemal is wat van ‘n voorbeeldige werknemer verwag word nie.  Binne perke is dit soort van okay, maar dinge kan lelik raak as die werknemer heeltemal oorboord gaan.

Ken julle van?  Natuurlik nou nie weens persoonlike ondervinding nie.  ;)  Maar ek vermoed julle weet tog waarvan ek praat.

Dit is daardie vinnige oproep om jou eie selfoon te spaar.  Dalk is die werknemer uit vir besigheid wanneer hulle verby liefie se kantoor ry en besluit dit is die ideale tyd vir koffie.  En wragtig, soos die werknemer afskeid neem, sien hy die PnP oor die straat en onthou dat die brood en suiker op is.  Dit is net beter tyd bestuur om daar in te hardloop.

Dan is daar die liewe internet.  Dit is seker nie die werknemer se skuld as hy iets op die radio gehoor het wat hy net gou op die internet moet opvolg nie?  Om inligting vir die kinders se skooltaak te kry, laat die werknemer net beter op sy dagtaak konsentreer?  En regtig?  ‘n Pen wat per ongeluk saam gegaan het huistoe, behoort net so op sy eie weer die pad na die kantoor te kan kry.

Net ‘n paar deel voorbeelde.  Het jy al van die gedelery gehoor?  Wat dink jy van die gedelery.  Kan jy dalk ander voorbeelde lys?  Waar is die streep waar dit die gedelery aangaan?

Breinvasbrand:  In watter kinderprogram oor ‘n pers dinosaurus word daar in elke episode gesing “I love you, you love me”?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Australië


Aksies

Information

10 responses

25 07 2012
Olga

Eerste.
Barney.
Waar trek mens die streep? Die vet weet. Sommige plekke is daardie pen al genoeg rede om jou die hek te wys. Op ander plekke weer, wissel geskenke, gunsies en self rolle geld hande sonder dat iemand omgee.

27 07 2012
Xena Phoenix

Ek kan regtig net my kop skud oor die bohaai wat party plekke oor iets kleins kan opskop. Soos bv dat die werknemers hulle eie koffie moet bring of die bohaai wat opgeskop kan word oor een verlore pen (niemand steel aspris ‘n pen nie). Steel is steel, maar ek noem die werkgewer in die geval inhalig. En ek weet presies hoe ek so ‘n werkgewer sou behandel.

26 07 2012
griffel

Jy sal jou verbaas wat mense mee weg kom. Dis vakansies, palete boustene, geld. En soos jy gese het almal draai n blinde oog. Steel is steel. Maak nie saak waar mee jy dit sugercoat nie. Die favorite is om te overcharge dan in die aankoper se bek te spoeg. So dis of lose die order want die dose sal gaan koop van iemand wie hom halpad sal meet of verloor jou werk want jy het jou baas die kans laat verloor om ekstra te maak. Al kla jy by die aankoper se base doen hulle niks nie want die baas is die koper se familie en besides as swaet dit kan doen en los kom kan wit dit mos ook doen.

26 07 2012
griffel

Dis commen practise in die klein dorpies.

27 07 2012
Xena Phoenix

Griffel, dit is beslis te veel na die ander kant. Dit is blatant steel sonder dat dit gesugarcoat kan word. Dit ruik ook baie na korrupsie.

26 07 2012
Sonlig

SKULDIG!

Ek dink nie daar is iemand wat werklik kan sê hy/ sy het nog nooit ‘n persoonlike oproep gemaak, iets opgesoek, gefacebook, geblog, ‘n resep of inligting gedruk of selfs die hele skooltaak gedoen op die werk se toerusting en tyd nie.

Ons het selfs al 10 uur in die aand na my werk toe gery as die printer by die huis se ink op sussie se skooltaak se tweede laaste bladsy opraak. Ek meen, hoe gemaak? Die winkels is toe!!!

Ek is gelukkig om vir ‘n werkgewer te werk wat glo: “Live and let live”. Binne perke natuurlik, is die meer algemene uitgangspunt dat ‘n gelukkige werknemer ook ‘n produktiewe een is.

Maar baie belangrik: Die grens. Ek sal nie droom om hierdie klein “geskenkies” te misbruik nie. Daarvoor is my gewete te giftig en ek is heeltemal te bang dat ek dit sal verloor. So, versigtigheid en respek is die filter waardeur ek hierdie dingetjies mee benader.

27 07 2012
Xena Phoenix

😉 Ten minste eerlik.

Ek dink die meeste mense gebruik (misbruik) die internet en telefoon vir persoonlike sake. Ek kan amper sê die wat dit ontken steel en lieg. 😉

Ek dink dit is ‘n geval van wat jy gee, sal jy ontvang. Mens gaan net soveel verder vir ‘n werkgewer wat vrygewig is as die een wat jou niks gun nie.

27 07 2012
Sonlig

Sonder om verskoning te maak, wil ek darem ook net byvoeg: My werkgewer vergoed my ook nie vir die nagte wat ek oor probleme lê en tob EN oplossings daarvoor vind nie.
😉 Somtyds verstom ek myself!:mrgreen:

26 07 2012
gerdajansen1

ek werk nie, so ek kan niks steel nie.

27 07 2012
Xena Phoenix

😉 Jy moet dan seker vir jou man vertel jy soek ‘n verhoging.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: