Prettige Resies

24 07 2012

Nonchalantheid.  Ongeërgdheid dalk.  Ek is nie heeltemal seker watter woord die mees toepaslike is nie.  Ek praat van mense wat buitegewone dinge na kinderspeletjies laat lyk.  Mense wat iets moeilik na pret laat lyk.  Soos Michelle Jenneke in die video hieronder.

Danksy 12 jaar (eintlik 13 jaar) se gedwonge atletiek bywone weet ek dat daar gewoonlik nie tyd vir grappies op die wegspringstreep is nie.  Selfs nie eers onder die wat vir spangees hardloop nie – waarskynlik omdat hulle teen daardie tyd wonder wat hulle besiel het.  Die meer ernstige atleet is gewoonlik op die wenpaal gefokus. 

Dit is dus nogal verfrissend om die video te sien.  Michelle Jenneke wat haar opwarming heel danserig aanpak en duidelik  geniet.  Die ander lyk so asof hulle sal bars as hulle aan die pret deelneem.  Jenneke lyk egter soos iemand wat niks het om te verloor nie.  Dan gaan sy nog voort om die resies te wen. 

Ek dink as alle atlete ooglopend soveel pret het as hulle deelneem, sal ek dalk die bohaai oor atletiek kan verstaan. 

Ek wonder partykere of lag sonde is.  Daar word van almal verwag om hulle dagtaak ernstig aan te pak en te sweet vir hulle prestasies.  Dit is seker hoekom ek dit soveel geniet as iemand die moeilike / onmoontlike na niks laat lyk nie.  Dit is nie net om te kan loop sonder dat jou voete grond raak nie, maar om dit met ‘n wip in jou stap en ‘n glimlag op jou gesig te doen.  Dit maak dit nie net vir jou lekker nie, maar ook vir die mense wat dit kan aanskou. 

Het jy bewondering vir mense wat pret met hulle werk het?  Wat van ander mense se werksgedrag (insluitende stokperdjies en sport) waardeer jy?  Geniet jy jou werk, stokperdjies of sport? 

Breinvasbrand:  Van watter land is Michelle Jenneke?

Breinlosbrand:   Regulation of Interception of Communication and Provision of Communication-Related Information Act No. 70 of 2002

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

24 07 2012
Olga

Eerste!!!!
Australia?

24 07 2012
Olga

ek beter vir my ‘n losser sweetpakbroek kry. Fot the love of ‘Arry. Die meisie se drillende vlese maak my naar. Ek kan sê ek sien myself nie in die aerobix klas nie, maar 4kit, die blote idee sal my laat kots. Wat sal die mens volgende “sexy” vind?

25 07 2012
gerdajansen1

die dril wys sy is mens. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: