Papier Nazi’s

23 07 2012

Wat is die mens?  Verskillende mense gaan verskillende antwoorde hê en die antwoorde kan waarskynlik uit verskillende velde ondersteun word.  Teologies, humanitêr, biologies, fisies ens.  Die antwoord kan filosofies wees, dit kan wetenskaplik wees en dit kan selfs digterlik wees.  Ek begin al hoe meer dink die mens is ‘n paar stukkies papier. 

Ek het op ‘n stadium my identiteitsboekie verloor.  Ek het by die departament van Binnelandse Sake ingehol, hulle het my vingerafdruk geskandeer en toe het hulle geweet ek is Xena A. Phoenix.  Wat waarskynlik baie meer akuraat is as enige dokumentêre bewys dat ek kon lewer. 

Paar maande later moet ek my paspoort hernieu.  Ek gaan in gewapen met ‘n swart pen, die foto’s, die voorgeskrewe fooi en my ou paspoort.  Skielik wil hulle hardegat raak omdat ek nie my ID boek by my het nie.  Ek reken hulle fancy vingerskandeerder is stukkend of gesteel.  Ek meen, my paspoort het dalk verval, maar hulle kan seker nog steeds my bakkies erken?  Hulle kan dit self met my bestuurslisensie vergelyk.  Dit is genoeg om ‘n mens die dinges in te maak. 

Ek kan regtig nie insien hoekom ek my bestaan moet regverdig vir die feit dat ek ‘n bank rekening moet hê nie.  Of hoekom dit nodig is vir om ‘n selfoon (of een of ander simkaart) te kan besit nie.  Niks keer my om my adres te verander nadat al my papierwerk in orde is nie.  Die blote feit dat hulle reken hulle weet presies wie ek is en waar ek veronderstel is om te bly, beteken mos nie dat ek ewe skielik ‘n wetsgehoorsame burger gaan wees nie.  Dit voorspel nie eers of ek ‘n wetsgehoorsame burger gaan wees nie. 

En die administrasie wil hulle by die dag meer en meer uitbrei.  Op elke hoek en draai moet jy bewys dat jou papierwerk in orde is, anders maak hulle dit vir jou moeilik om te lewe.  Dit is seker ook die nagevolg van apartheid.  Die pasboek vir almal en bewaar jou as jy dit nie by jou het nie.  Nogtans het ek nie opgelet dat dit enigsins die land ‘n beter plek maak nie. 

Sonder ‘n stukkie papier tel jy nie meer as ‘n mens nie.  Helaas tel die papier sonder die mens ook nie veel nie.  Die stukkie burokrasie maak my naar. 

Dink jy daar is enige waarde aan RICA?  Is daar nie beter maniere om identiteit te bewys as om elke groen boekie saam te sleep nie?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan RICA?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Maryna.

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

23 07 2012
Son

RICA is minder werd as spoeg op die grond. Ek weet vir ‘n feit dat daar mense is wat adresbewyse vervals en dan gaan RICA, asook so bankrekeninge oopmaak. Dis een groot vet klug!

24 07 2012
Xena Phoenix

Dit maak my die duiwel in. Dan vat dit nogal 24 werksuur (dus 3 dae!!!) om jou goed geRICA te kry. Ek skaf sommer vir my ‘n paar posduiwe aan.

23 07 2012
Olga

Reading Instruction Competence Assessment

Mens, die fokkers het lankal nog ‘n manier uitgedink om ons siele te versondig. Jy sal eerlank jou RYBEWYS moet rica. Fokken fokkers.

24 07 2012
Xena Phoenix

Jy sal seker moet RICA as jy ‘n spoeltoilet wil gebruik.

23 07 2012
Olga

Kom ek sê dit weer:- FOKKEN FOKKERS!!!!

24 07 2012
demoerin

**Staande Applous** Nou almal saam: FOKKEN FOKKERS!

24 07 2012
Olga

YEAHHHHHHHH!!!!!!!!

24 07 2012
demoerin

O, ek is so bly ek het ‘n post gevind waar ek kan galbraak…die Olimpiese spele is nog entjie weg en ek het belowe ek gaan nie moan en groan op my blog nie!
Maar net hulle manier om soveel as moontlik inligting van elkeen te bekom….Big Brother is watching. Of hull eegter weet wat om met al die inligting te doen, is heeltemal ‘n ander penarie.
Maar ja, as jy Verwoerd kan blameer omdat Limpopo se handboeke nie hierdie jaar 7 maande in die jaar in afgelewer is nie…..moet ons liewer nie wonder nie.

24 07 2012
Xena Phoenix

Ek wil nie eers begin oor Angie en die handboeke nie. Dit is genoeg om my ‘n hartaanval te gee (ek gee net vir ander hartaanvalle). Big Brother het meer as genoeg om te watch.

24 07 2012
griffel

Hulle het niks om te doen nie. Nou speel hulle rukke tukke tak. Kyk hoe moer ek hulle met kak.

24 07 2012
Xena Phoenix

Presies!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: