Skop die Pelgrim se tande uit

6 07 2012

Groete van die malhuis – dinge sal hopelik binne ‘n paar weke terugkeer na normaal. 

In Pelgrimsrus het 17 winkelhuurders 30 dae kennis gekry om die perseel te verlaat.  Die Mpumalanga se Departament van Openbare Werke het die persele na ‘n tenderproses verlede jaar aan nuwe huurders toegeken.  Van die “uitgeskoptes” doen al vir 18 jaar lank besigheid in Pelgrimsrus. 

Ek weet darem ‘n ding of twee van Pelgrimsrus af.  Ondermeer hoe die museumdorpie naweke uit sy nate bars.  Nie dat daar regtig veel is om te doen nie.  Ja, daar is die rowersgraf, jy kan gaan kyk hoe die ou myners gemyn het en daar is hier en daar ‘n tentoonstelling.  As jy dit egter gedoen het, wel, dan is daar nie meer ‘n rede om Pelgrims te besoek nie.  Tog is daar mense wat keer op keer op keer terug kom.  Duidelik hou hulle van die gevoel van die dorp.  Die gevoel – dus aktiwiteite en atmosfeer – wat deur die besighede geskep is.  Na jare se harde werk en dit is diesefde besighede wat nou sonder onsag in die tande geskop word. 

Die nuwe huurders is nie almal van plan om self hulle persele te gebruik nie.  Van die bestaande huurders het al reeds aanbiedinge gekry om die tenders oor te neem.  Teen ‘n baie gawe kommissie natuurlik vir die tenderhouers.  Wat ek verstaan nogal ‘n algemene praktyk is waar tenders op velkleur toegeken word.  Party mense gaan selfs sover om dit ‘n ANC aanslag op blankes te noem. 

Die eienaar van die enigste petrolstasie in Pelgrims het reeds aangedui hy vat sy pompe en alles wat hy self aangebring het saam met hom.  Ek kan hom nie blameer nie.  Ek reken die ander mense het dieselfde idee.  Ek wonder heimlik of die Departament van Openbare Werke Pelgrims nie as ‘n goue gans gesien het nie.  Terwyl hulle gerieflik vergeet het dat dit baie werk geneem het om die gans goud te kry en dat dit net soveel vat om die gans goud te hou. 

Ek het ‘n gevoel Pelgrimsrus is weer oppad om ‘n spookdorp te word. 

Die storie herinner my sterk aan ‘n waarheid wat ek eendag raak geloop het:

Be careful whose toes you step on today, they might be attached to the ass you have to kiss tomorrow.

Breinvasbrand:  Wie was Cecil John Rhodes wat in Pelgrimsrus begrawe is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Joey Potter

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

6 07 2012
Olga

EEEEEEEEEEEERRRRRRRRRSSSSSSSSSSSSTTTTTTTEEEEEEEEEE!!!!!!!

6 07 2012
Olga

Die rower?
Ewentwel, hulle gaan nie hoor nie. Of hulle hoor maar luister nie. Sal maar sien wat van Pelgimsrus gaan oorbly nadat die BBBEE daarmee klaar is.

8 07 2012
gerdajansen1

die volgende eienaar van die garage sal dalk die petrol hou wat dit moet wees sodat die locals ni nodig het om graskop toe te ry vir petrol nie. the love of a buck.

9 07 2012
jagternw1976

Daar sal fokol oorbly nie. Fokol.

15 07 2012
Nikita

Wat ‘n skok. Ek sal my geliefde plek ook seker nie meer ken as ek weer daarlangs gaan nie. Ons het omtrent 30min se ry van die plek af gewoon, BAIE daardeur gegaan – as kind – oppad wildtuin toe en sommer net die familie rondgery wat Desembermaande kom kuier het. Daardie plek was altyd GEPAK met die toeriste. Jy kon skaars links/regs kyk of jy kyk in iemand se gesig vas. Nou ja, mens moes dit seker verwag het van mense wat vere voel vir ‘n erfenis. Ek hoop AL daardie mense wat ALLES daar weg wat hul eie is. Daar moet sommer NIKS oorbly vir die ‘nuwes’ wat boggerol voel vir ons erfenis. Terloops, my woordeskat is BAIE lig gebruik. Ek sou veel ‘swaarder’ woorde wou gebruik het. Ek slaan my oë op na die berge….

15 07 2012
Olga

As ek mag antwoord, geeneen van die uitgewekenes is van plan om enige iets in die geboue te los nie. Blykbaar is heelwat van die multikontrak wenners familie en vriende van, ag, ek glo nie ek hoef te sê wie nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: