Sprokie vir publisiteit

5 07 2012

Ek dink almal het van meet af geweet dit is net ‘n kwessie van tyd.  Benewens die feit dat al die blink en geluk nie juis meng nie en ongeag hoe goedkoop liefde kan raak, was die huweliksbootjie van Tom Cruise en Katie Holmes altyd opkoers rotse toe.  Soos wat dit nou gebeur het.  Niemand kan geskok wees nie.  Niemand kan eers verbaas wees nie.  Al sit party nou oorgehaal en wag vir die bloed en derms om te spat. 

Die Tomkat vennootskap was op twee fondamente gebou:  Geld, maar veral publisiteit.  Hulle het emmersvol van die laasgenoemde gehad.  Eers waar daar die veel jonger Holmes wat met die aansienlike ouer Cruise deurmekaar raak.  Sy word steselmatig vervorm om by sy geloof aan te pas.  Hulle het ‘n kind saam – wat ek nogsteeds wonder hoe verwek is.  Dan is daar die sprokietroue.  Die kind, Suri, raak by die dag ouliker en help om die kameras op hulle gevestig te hou.  Daar was ook die veelgesproke vriendskap met die Beckhams. 

Skielik op ‘n dag stel die media meer belang aan die Twilight sterre.  Hoewel niemand vir Justin Bieber kan uitstaan nie, is sy bakkies omtrent op elke tydskrif wat ek optel.  Die jonges neem oor en Tomkat – wel, hulle is ‘n paartjie wat saam ‘n dogtertjie het.  ‘n Pragtige kind dalk, maar jy skop pragtige kinders onder elke bossie uit. 

Awhhhh en nuwe babas kan baie tydskrifte en koerante verkoop, seks kan selfs nog meer verkoop.  As jy egter die topverkoper merk verby wil skiet, is daar niks soos ‘n bakleiery nie.  Hoe vuiler, hoe beter, verkieslik met bloed teen die mure.  Presies wat ‘n egskeiding omdat die ma die kind teen die pa wil beskerm kan bring.   Holmes soek alleen toesig oor Suri om glo te keer dat Cruise haar op ‘n Scientology skip kan sit. 

Mens kan seker ook redeneer dat die huwelik met Cruise nie vir Holmes die dividende gegee het as waarvoor sy gehoop het nie.  Sy is nog steeds ‘n voormalige Dawson Creek aktrise wat ook Mev Cruise is.  Sy het geen nuwe loopbaan sukses geniet nie.  Amerika is baie konserwatiewer as wat ‘n mens verwag, dit werk dalk vir Holmes om weer geloof te vind. 

Dalk, net dalk, is sy regtig bekommerd oor haar kind se siel.  Dit moet vir iemand wat as ‘n Christen grootgeword het, ‘n kopskuif wees om aan Scientologie gewoond te raak.  Dit is seker een ding as dit jou eie siel is, maar ‘n heel ander storie wanneer daar ‘n onskuldige kind betrokke is. 

Siende dat nie een van die twee egskeidings probeer ontken het nie, neem ek aan dat alles tot die fynste besonderhede gaan uitkom.  Wel, seker tot Brangelina nie meer so lekker werk nie. 

Breinvasbrand:  Wie was Katie Holmes se karakter in Dawson Creek?

Breinlosbrand:  Ek het altyd gedink Bennie Boekwurm was in Wielie Walie.  Die gegewe antwoorde was voor my tyd, so dalk praat ek stront.

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

5 07 2012
Olga

natuurlik was bennie boekwurm in wielie walie.

Eerste!

Katie Holmes, ai, wat kan mens se? Was dit nie vir scientologie nie, het ou tommie dalk al n oulike man ontmoet. Vra ma vi Johnny Trawollie dit sorg vir publisiteit. BIG TIME.

5 07 2012
Olga

o ja, arme ou katie het joey potter gespeel.

5 07 2012
Olga

Kan nie glo hoe halstarrig wp my 5ce sluk nie. Maak my meer as net knorrig. Arme ou Katie. Dis seker maar wat gebeut wanneer mev so sexy raak dat al wat vir haar saak maak haar dieet en gymsessies is. Is dit nie dan dat manlief hom na ander wend nie?

6 07 2012
Griffel

Die wereld fokus nie meer op anoreksie gevalle nie. Daarom kry sy nie nuwe werk nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: