Wurm Toeval

3 07 2012

Ek gril nie maklik nie.  Daarmee sê ek nou nie dat ek Fear Factor gemaklik sal kan wen nie, daar is darem perke.  Maar oor die algemeen vat dit heelwat om my uit te gross.  

Sondagoggend toe gryp ek vir ‘n verandering na die Special K op die rak.  Ek gooi my melk en suiker oor en gaan eet toe soos ‘n beskaafde mens in die bed.  Eers het ek gedink my oë bedrieg my.  Mens kry soms in graanvlokkies stukke wat gebrand het of stukkies plantaardige afval.  As dit jou nie aanstaan nie, sit dit eenkant en eet klaar.  Maar my vonds die oggend was nie plantaardig nie. 

Dit was seker so 15 mm in lengte, effens gekrug en pragtig gesegmenteer.  Daar was selfs aan die voorkant pootjies.  Darem dood en gedroog.  Jy hoof geen kundige te wees om te weet dat dit ‘n wurm was nie.  Ek het al (onder dwang) gedroogde mopaniewurms geëet, maar die een het maar eerder asblik toe getoer nadat ek dit geondersoek het.  Ek het die res van die pap geondersoek, maar dit het na ‘n geisoleerde wurmpie gekyk. 

Seker niks om oor te blog nie – tot gister.  Ek skil vir my ‘n nartjie en raai wie glimlag sku deur een van die wiggies vir my?  ‘n Ander, lewendige, vet, wit wurm.  Te lekker aan die boor aan my nartjie.  Een dag nadat ek sy familielid in my pap ontdek het.  Wat is die kanse om binne twee dae twee wurms te ontdek in iets wat jy besig is om te eet?  Is dit net ‘n toeval?  Of is daar ‘n verskuilde agenda?

Ek weet nie!  Ek weet net dat ek nogal vandag huiwerig is om iets te eet. 

Breinvasbrand:  In watter storie was Bennie Die Boekwurm?  (NS:  Dink julle daar kan wurms in my boek wegkruip?)

Breinlosbrand:  Olga was reg met Robert Louis Stevenson.


Aksies

Information

11 responses

3 07 2012
Sonlig

Looks like you’ve opened a can of worms!:mrgreen:

3 07 2012
Sonlig

O ja! Haas Das se Nuuskas.

3 07 2012
gerdajansen1

kraaines.😉

3 07 2012
gerdajansen1

ek het eenkeer n bibboek gelees. maar ek was seker dat ek beweging gesien het. hello? die letters het lankal woorde GEBOU. maar het dit weer gesien. toe kyk ek deur my bril nie bo oor nie. wragtig daar was n klein wurm besig om vir hom n tonnel deur die boek te vreet. in die middel van die boek nie aan die buitekantste rand nie. toe ek regtig ondersoek instel, was daar wragtig baie ‘gatjies’, kleiner as n speldeprik. dit het my van boeke lees afgesit.

3 07 2012
MaanKind

Ek het eenkeer heeltemal histeries geword oor wurms, eenkeer lightsout in paal vasgehardloop, en eenkeer flou geword. Ek sal daaroor blog…

3 07 2012
Griffel

het jy darem al n happie pap geeet? Gelaai met dai ekstra trim cholestrolvrye protien?

3 07 2012
Dirkie

Onthou jy vir Woepies Wurm? My kinders was mal oor daardie kasset “Woepies wurm wil weet waar kom alles vandaan…” sing ek en Kinta nou lekker die liedjie …

3 07 2012
Olga

en daarom vra hy vrae om alles te verstaan.
Ek het dit nooit self gekyk nie, maar altyd di temalied van iewers uit di huis gehoor.

3 07 2012
Dirkie

Aaaa!!! verlang ek nou skielik na kinders se kleintyd!

3 07 2012
Olga

pootjies ani voorkant. Yuck. Weet jy, in die fucked up opset in die fucked up land van ons, kan alles gaan, solank genoeg swart mens voordeel trek.

3 07 2012
rondomtaliedraai

eeeuuuuuwww… grillerig

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: