As jy nie seker is nie, GOOGLE

2 07 2012

Ek het die liedjie een oggend bitter vroeg gehoor.  So in die verbygang, sonder om regtig op te let.  Tot die lirieke my laat stik het – met spesifieke verwysing na die koor.  Dit gaan so iets:

Soos Bonnie en Clyde,

Jekyll en Hyde,

Romeo en Juliette,

kom wys vir my hoe lief jy my het. 

Regtig?  Goed, ek weet ek is geen kenner nie en dit is seker veronderstel om vreeslik romanties te wees, maar weet die skrywers enigsins iets van Jekyll en Hyde af?  Behalwe nou dat dit gerieflik met Clyde rym?  Weet die sangers nie van beter nie?  Van almal wat die liedjie vervaardig het, het niemand geweet wie Jekyll en Hyde is nie?  En as iemand wel weet, dink hulle die mark is te onnosel om te besef wie Jekyll en Hyde is?  Of is almal veronderstel om so verblind te wees met die sangers dat niemand tweekeer sal dink nie? 

Romeo en Juliette het tot vandag toe geen bekendstelling nodig nie.  Hulle sal seker tot die einde van tyd die grootste van romantiese helde wees.  Bonnie en Clyde se lewe was dalk nou nie so romanties as wat dit uitgemaak word nie, maar die mensdom is geneig om van hulle ook ‘n romantiese tragedie te maak.  Dit kan ek insien.  Maar Jekyll en Hyde? 

Om mee te begin was Jekyll en Hyde een en dieselfde persoon.  Twee uiterste persoonlikhede in een liggaam vasgevang.  Dr Henry Jekyll is ‘n goeie ou, wat skaam is oor die donker kant van sy karakter.  Hy is ‘n pilaar van die gemeenskap, een waarna almal opsien.  Edward Hyde weer is die boosheid waarteen almal gewaarsku word.  Hy slaap met prostitute, breek in as hy wil en hy huiwer nie om ‘n moord te pleeg nie.  Jekyll word later van tyd heeltemal deur die “jonger” Hyde oorgeneem. 

Net mooi niks romanties daaroor nie.  As jy vir jou geliefde vertel jy hoop julle is soos Jekyll en Hyde, wat op aarde bedoel jy?  Dat een van julle die goedheid van self is en die ander die boosheid van self?  Of dat jy jouself in twee gedeel het? 

Dit is nogal ‘n jammerte.  Ek het intussen opgelet die liedjie word dikwels op radio gespeel en vir ‘n Afrikaanse lied het dit nogal potensiaal.  Dit begin met ‘n haastige troue, waarna armoede aan die deur klop en liefde wil-wil ontsnap deur die agterdeur.  ‘n Liedjie met storie.  Wat dit nou net nie vir die totaal onsinnige koor nie. 

Breinvasbrand:  Wie was die skrywer van “Strange case of Dr Jekyll and Mr Hyde” wat in 1886 uitgegee is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Jessie (Jesica)


Aksies

Information

4 responses

2 07 2012
Olga

Eerste!
Rabert Louis Stevenson.
😆 😆 😆
Vat dan nog Gerhart Steyn se baby tjoklits Dit sê onser andere “Ek weet nie wats jou naam nie, waar kom jy vandaan nie” Ek lees daarin volslae vreemdelinge. Rite???? Gor the love of ‘Arry. Dan sing die man iewers op ‘n kol “Ek wonder of jy nog my smse lees.”
elo? Is sy dan ‘n “call girl” wie hy vurige smse gestuur het dat hy nie haar naam ken of weet waar sy vandaan kom nie, maar hy het haar gesms? Dit is dalk dieper as wat my intellek toelaat.

2 07 2012
Olga

RObert, skuus.

3 07 2012
Griffel

Hoeveel liedjie skrywers wat so spog met hulle studentedae het klaar geswat? Seker net ou rooirok/witbroek randal iemand.

4 07 2012
Cornelia

Hi ek het n “uittrek tape” met omtrent 40 kasette baie springbok hits weet jy nie van iemand wat belangstel om dit te koop?
Cornelia

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: