Huishoudelike Geweld Slagoffers

29 06 2012

Ek het gister iewers gelees van ‘n ma en seun wat elkeen tot 5 jaar tronkstraf gevonnis is.  Hulle is van moord aangekla nadat hulle gesorg het dat die geweldadige pa nooit weer sy hande lig nie.  Die polisie is bly oor die vonnis.  Volgens hulle stuur dit ‘n duidelike boodskap dat slagoffers van huishoudelike geweld die polisie moet kontak en nie self optree nie.

Die artikel het nie veel meer gesê nie, maar dit laat ‘n wrang smaak.  In die eerste plek verstaan ek dat mense nie die reg in eie hande moet neem nie.  Dit kan ‘n “free-for-all” raak waaruit orde bitter moeilik herstel sal kan word.  Daarby behoort geweld en veral moord die heel heel laaste uitweg vir ‘n ordentlike mens te wees.  Tog is dit dikwels die enigste taal wat ‘n geweldenaar verstaan.

Ongelukkig weet ons nie wat die huislike omstandighede is nie.  Mens kan seker met ‘n 5 jaar vonnis vir moord aanvaar dat daar versagtende omstandighede was.  Ongelukkig weet ons nie of die ma en seun in veiligheid hulle tasse kon pak en loop nie.  Dit is dikwels die enigste “beskaafde” uitweg vir mense in die nagmerrie.  Wat baie makliker klink as wat dit is.  Die slagoffers het dikwels nie geld, vriende of ander hulp nie.  Die geweldenaar maak gewoonlik seker dat hulle van hom afhanklik is vir oorlewing.  Selfs al het die slagoffers die hulpbronne, kan so ‘n geweldenaar hulle vervolg tot hy of hulle dood is.

Alles redes wat dinge moeilik maak.

Wat my regtig omkrap is die polisie se houding oor die saak.  Ek het al hoeveel keer gehoor dat die polisie hulle gewoonlik net afvee aan huishoudelike geweld.  Vroue in erge nood sal hulle bel en hulle sal binne dae, weke, maande of jare nie moeite doen om op die hulproep te reageer nie.  Gee dit vir slagoffers gemoedsrus om op die polisie staat te maak?

Ongelukkig is daar ‘n maar.  Sou die polisie hulle verwerdig om uit te gaan of om op te tree, val die vrou dikwels vir die geweldenaar se krokodil trane.  Hy is dan die slagoffer van die wrede polisiemag en die polisie word uitgejou.  Kort voor lank het sy weer die polisie nodig.

Dit spel geskroef in hoofletters.  Wat nog steeds niks en niemand help nie.  Wat terugkom daarop dat die slagoffers hulle self moet help.  Vraag is hoe?

Breinvasbrand:  In “Susters van Eva” wie was Ses se vrou?

Breinlosbrand:  Olga was reg Rex Harrison.


Aksies

Information

2 responses

29 06 2012
Olga

eerste.
Jessica.
Suid Afrika is sedert 1994 al n FREE 4 AWL land. Dit vier hoogty in saps of het jackie selebi, richard ndluli ens se voorbeeld dit nie duidelik genoeg uitgespel nie?

29 06 2012
Olga

ek het al gesien hoe n geweldenaar wie op sy mur gekry het deur sy slagoffer, jare lank nie die moed gehad het om dit weer te doen nie. Daarna het hy eerder met prostetute gaan kamp solank sy geld en viagra gehou het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: