Ysbrekers

27 06 2012

As jy ‘n bewoner van die planeet aarde is, moet jy af en toe gesig wys by ‘n funksie (of ontbyt, of vergadering, of . . . kry die idee?).  Siende wat ons van kleinsaf geleer is om nie met vreemdes te praat nie, staan ons gewoonlik rond met ‘n mond vol tande.  Wat die organiseerder / sameroeper gewoonlik hand in die hare laat.  So iets kan baie ongemaklik word as die genooides almal so steeks soos donkies wil wees. 

Dit is op die punt wat baie mense dan ‘n ysbreker probeer.  Iets om die mense se tonge los te maak en die atmosfeer ‘n bietjie meer gemoedelik.  Moontlik iets wat die mense sal laat lag en dalk meer op hulle gemak gaan laat.  Of dalk net almal soos eiers laat voel sodat hulle kan sien daar is niks om hulle self mee aan te stel nie. 

Die eenvoudigste ysbreker (wat kennelik ook die gemaklikste is), is om elkeen toe te laat om hom / haarself aan die groep voor te stel.  Op ‘n groot blog byeenkoms sal ek myself byvoorbeeld voorstel as:  “Xena Phoenix, die hoofmerrie van Herriemerrie.  Ek blog al by WordPress sedert 2008 en het Herriemerrie in 2009 oopgemaak.”  Die gehoor weet dan min of meer wie ek is en wat ek doen. 

Hierdie is gewoonlik te eenvoudig vir die mens wat een of ander informele byeenkoms reël.  Hulle wil gewoonlik die stok baie beslis uit iemand se agterent uitruk.  Van die tipe ysbrekers kan soms vet pret wees, dit kan soms net laf wees of dit kan iets wees wat eerder maar nie gedoen moes word nie. 

Ek was eendag by ‘n opleidingsessie.  Die aanbieder het met ‘n rol toiletpapier ingeloop en vir ons vertel dat dit al toiletpapier is wat beskikbaar is en in die toilet gaan dit waarskynlik gesteel word.  Elkeen moes toe soveel vat as wat hulle dink nodig is.  Ek het byvoorbeeld – dit was ‘n oggendsessie – 6 blokkies gevat.  Iemand anders het ‘n loopneus gehad en het amper die helfte van die rol gevat.  Ons moes toe vir elke blokkie iets van onsself vertel. 

Dan is daar High – Low.  Elke deelnemer moet iets vertel wat ‘n hoogtepunt vir die week was en iets vertel wat ‘n laagtepunt is.  Ek gee regtig nie om om na ander se High en Low’s te luister nie, ek verpes dit net om my eie uit te dink. 

Die volgende ysbreker het ek regtig simpel gevind.  Elkeen moes ‘n papiertjie trek waarop daar ‘n dier was – skaap byvoorbeeld.  Jy moes dan soos die dier maak tot jy jou maatjie opgespoor het.  Ek meen, regtig? 

Watter ysbrekers het jy al teëgekom?  Het jy dit goed of sleg gevind?  Dink jy ysbrekers is regtig nodig soms?

Breinvasbrand:  In “My Fair Lady” is Henry Higgins nie juis beindruk met koeitjies en kalfies (smalltalk) nie.  Wie het die rol van Henry vertolk.

Breinlosbrand:  Gerda was reg met 2001.


Aksies

Information

6 responses

27 06 2012
MaanKind

Sg Ysbrekers is soms vernederend vir almal. Een wat oulik was – wag ek blog daaroor.
EDIT
Drama tussenin, waaroor ek geblog het. Het nota gemaak, sal more skryf oor ysbrekers.

27 06 2012
Olga

rex harrison.
Ai, ek verpes hulle goed. Maar die voorstelling is die veiligste.

27 06 2012
Griffel

Ysbrekers kan n curse wees. Veral as jy daar aankom en jy het sielkundig voorberei vir n Afr get2gether kom daar en als gebeur in Engls. Bummer.

28 06 2012
demoerin

Ek dink dis ‘n goeie idee. Bv. dink aan die laaste keer wat jy lekker gelag het en vertel ons daarvan. Ek wil nog party hou, en as almal daar is opstaan en sê:
Welkom by Demoerin se eerste, jaarlikse swingers partytjie. Die deure is duidelik gemerk, so moenie sê jy is nie gewaarksu oor wat agter daai spesifieke deur aangaan nie. OK, on the count of 3…klere uit….

28 06 2012
Klip

Piet : “My dogter kom mos by die sitkamer in en sê: “Pa, kanselleer asseblief my toelae. Verhuur my kamer , gooi my klere weg , vat my TV, my stereo ,my Ipad, en my skootrekenaar. Gee al my juwele vir die welsyns winkel.. Verkoop dan my nuwe kar vat my voordeur sleutel en belet my die huis. . Dan moet pa my ook onterf en nooit weer met my praat nie.

Koos: “Sowaar? Het sy dit presies so vir jou gesê?”

Piet: ” Wel nou nie heeltemal so nie. Wat sy eintlik gesê het is: :Hallo , Pa. Ontmoet vir Sipho.

29 06 2012
ButterNut

Ysbrekers is nodig, net soveel vir die fasiliteerder as die kursusgangers. Engergisers ook. Dit kan wissel van ‘n funny clip wat jy op die skerm wys tot ‘n aksie wat uitgevoer moet word.

‘n Bedagsame fasiliteerder sal ysbrekers en energisers kies wat nie mense ongemaklik laat voel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: