Spaar is vir die voëls

26 06 2012

Van die oomblik wat ‘n geldjie jou oë kan laat blink word dit by ‘n mens ingeprent.  Spaar!  Hoe minder jy jou geld mors of hoe meer jy jou geld kan bêre, hoe meer sal jy op die einde van die dag hê.  Mens hoor dit by die huis, mens hoor dit by die kleuterskool en jy hoor dit op die televisie.  Spaar, spaar, spaar.  ‘n Wysheid wat mense soos Suzy Orman as die grootste gebod voorhou. 

Daar is spaar en spaar.  Enige spaar is goed, maar jou spaarvarkie is dalk nie die mees ideale plek om jou geldjies te bêre nie.  Eerstens word jou varkie nie beskerm teen diewe nie en tweedens kan jou geld nie rente verdien nie.  Nee, jy moet jou geld in die bank los, waar dit rente kan kry en nog meer kan raak.  ‘n Sentiment wat van die Bybel se dae af kom.  Onthou in die gelykenis van die talente – die een wat sy talent gaan wegsteek het, was as ‘n slegte slaaf uitgeskel.  Lui – want as hy ten minste die moeite gedoen het om die talent in die bank te sit, sou die meester rente gekry het. 

Noudat spaarvarkies en spaarbussies met ‘n plastiekkaart vervang is, is dit duidelik dat iemand die wysheid uitgebyt word.  Dit is so dat geld wat jy fisies by jou hou nie beskerm word teen gretige vingers of selfs die elemente nie.  Dit is ook so dat dit nie rente gaan verdien nie.  Maar die spaarvarkie self is ‘n onskuldige hulpmiddel. 

Anders as die wettige skelms ook bekend as banke.  Hulle beskerm jou geld dalk teen die elemente, maar die rente (as daar rente is) is nie die moeite werd om ‘n deposito strokie in te vul nie.  Goed en wel, dit is weens ‘n lae rentekoers waaroor ons verheug is wanneer dit by huis- en motorpaaiemente kom.  Die bankkostes verswelg in baie gevalle die rente.  Dit voel darem bitter baie soos steel. 

Iemand het my onlangs ‘n paar syfers gegee wat in die Huisgenoot was.  As jy elke maand R1 000 in jou varkie sit, dit veilig buite diewe se oë bêre, gaan jy na 12 maande R12 000 hê.  As jy dit in ABSA, Nedbank, FNB of Standardbank belê (seker afhangende van die rekening) gaan jy na 12 maande tussen R11 148 en R11 840 vir jou moeite hê.  Dit is wat oorbly nadat jy tussen R192 en R982 aan bankkostes spandeer het en tussen 0 en R135 rente verdien het.  Net Capitec sal jou meer as R12 000 terug gee, danksy rente van R319 en bankostes van net R150 – anders gestel, die enigste bank waarvan die rente die bankkostes oorskadu. 

Kan Suid-Afrikaners blameer word omdat hulle nie wil spaar nie?  Toegegee, daar is ander mediums wat beter opbrengste lewer, maar hel.  Dit maak my boos as banke miljoene in sport kan belê en jy moet maar net vir buitensporige bankkostes opdok. 

Ek hoor gister iets van verpligte pensioenfondse (wat ook spaar is) wat die regering gaan gebruik om infrakstuktuur ontwikkeling te befonds.  Ek sien net E-tol as ek oor die storie wil dink. 

Breinvasbrand:  Watter jaar is Capitec Bank gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1966.


Aksies

Information

15 responses

26 06 2012
gerdajansen1

eerste. ek spaar? ja, tog met loyalty punte by pnp en kie.

26 06 2012
gerdajansen1

1 maart 2001.

26 06 2012
MaanKind

Ek spaar heelwat, dit werk vir my. Omdat ek oor 55 is, betaal ek geen bankkoste nie, en kry goeie rente.

26 06 2012
seegogga

watter bank is so oulik?

26 06 2012
MaanKind

FNB en ABSA, ons is by beide, en by beide het ons gratis bankdienste.

26 06 2012
seegogga

ek is ook by ABSA, mmar niks is gratis nie! Sal hulle moet gaan spreek!

26 06 2012
MaanKind

Jy moet vra daarvoor, en ook ten minste R20,000 waaraan jty nie mag raak nie.

26 06 2012
seegogga

sal gaan ondersoek doen. dankie!

26 06 2012
Olga

Ek is agter jou in daardie ry Krappie.

26 06 2012
Sonlig

My man sê ek spaar myself bankrot…by elke uitverkoping!😳

26 06 2012
Dirkie

Aftrede lê en loer vir ons in hierdie huis op die hoek …. sal mens ooit genoeg gespaar kry? Voel so of hongersnood ons voorland is.

26 06 2012
Olga

wie verdhen mog genoeg geld om te kan spaar. Dis heeltyd n bybetaling hier en n kortval daar.

26 06 2012
seegogga

Ek het eenkeer jare gelede elke maand R20 gespaar in ‘n spaarrekeing by ‘n bank en toe later opgehou en daarvan vergeet. Toe ek na so ‘n jaar of so besluit dart eki maar die rekening gaan toemaak, kon ek nie dadelik my geld( wat toe al meer as R100 moes wees) kry nie, want hulle het eers kostes uitgewerk ens. Toe kom daar op ‘n dag vir my ‘n tjek van die bank af: R0.15 dws ‘n volle 15sent. Die trommeltjie onder die bed is ‘n baie beter opsie.

26 06 2012
Olga

Sê ek lankal. n OOpgesnyde mosterd blikkie kan darem note ook insit.

27 06 2012
rondomtaliedraai

intussen maak inflasie ons geld nog minder werd

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: