Stukkie van die koek

25 06 2012

Voorwoord:  Ek kan die horribale stuipe kry as ek vroeg opstaan juis om ‘n skrywe te maak en dit verdwyn iewers in die bloue lug in.  GRRRR!!!!!

Daar is deesdae ‘n merkbare toename in mense wat hardop die Apartheidsregering terug wens.  In die sin dat daar weer ‘n ten volle blanke regering moet wees om aan die volk (dit word darem nie gespesifiseer nie) se behoeftes moet voldoen.  Die verweer is gewoonlik iets in die lyn van in die Apartheidsregering het mense werk gehad, hulle het kos gehad, die paaie was heel, skole en hospitale het gewerk soos wat dit moes. 

‘n Duidelike bewys dat dit nie net die ANC is wat die verlede onthou soos dit hulle pas nie.   Dit is amper soos ‘n matriekafskeid met net een koek vir nagereg.  As elke prefek ‘n lekker stuk van die koek kry, gaan daar nie veel oorbly vir die res van die matrikulante nie.  Die prefekte gaan nie kla nie, hulle gaan waarskynlik baie tevrede wees en die bakker prys.  Die ander gaan vir die res van hulle lewens onthou hoe net die prefekte by die afskeid koek gekry het. 

Dit is maklik om met ‘n beperkte hoeveelheid inkomste vir ‘n uitgesoekte groep net die beste te gee.  Die blank skole in die Apartheidsregering was van die beste.  Kon dieselfde gesê word van die skole in die lokasies?  Wat van die hospitale?  Blankes het wêreldklas diens gekry, maar wat het in die nie-blanke afdeling aangegaan?  Daar was te min beddens (al was die blanke afdeling leeg) en mense moes maar op die grond of onder die beddens slaap. 

Kan ‘n mens regtig sê die vorige regering het beter gedoen as dit nie in die meerderheid van die gevalle so was nie?  Dit is nogal ironies, die oomblik wat die Apartheidsregering gevou het, het privaatfondse dit wat goed was, goed gehou.  Mense het natuurlik vir skool en hospitale aangeklop waar hulle die beste waarde vir hulle GELD sou kry.  Wat net menslik is.  Tog is dit net logies dat die swak instansies – wat ‘n kontant inspuiting kon gebruik om te verbeter – swakker geword het, juis weens ‘n gebrek aan geld. 

Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Die ANC regering het niks om oor trots te voel nie.  Hulle het ook maar een koek vir die hele afskeid.  Maar eers gaan die kelners hulleself knuppeldik aan die koek eet.  Hier en daar gaan die koek gedeel word met ander afskeide.  As daar koek oorbly, kan die gaste maar kom toustaan.  As die tou die koek verswelg, gaan hulle die koek wat die gaste self gebring het sommer afvat.  Die kelners is weer honger en die tou raak net nog langer. 

‘n Goeie organiseerder sal vooraf seker maak dat daar genoeg koek is vir almal – sonder om dit van die gaste te ontneem.  En die kelners heel laaste laat eet.  Dit is mos logies. 

Diegene wat bid vir ‘n apartheidsregering moet versigtig wees dat dit nie presies is wat hulle gaan kry nie.  Die ANC se tweede oorgangsfase neig daarheen.

Breinvasbrand:  Wanneer is HF Verwoerd vermoor? 

Breinlosbrand:  Desember 1945.


Aksies

Information

7 responses

25 06 2012
Olga

laat my altyd wonder, hoe kan ek ff of wp spoeg.

25 06 2012
ossewawiel

Robin Hood het van die rykes gesteel en vir die armes gegee. Hy het tussen die armes geleef. Dit het goed gegaan so en die armes het hom gehelp met wapens en inligting om aan te hou van die rykes steel. Die rykes besef toe dit kan nie so aangaan nie en laat Robin Hood toe om by hulle te vat en vir die armes te gee, sonder om te steel. Robin Hood kon homself nie keer met al die nuwe rykdom om uit te deel nie. Hy besef toe dit sal die armes ophef en onafhanklik maak. Dan het hulle hom nie nodig nie. Nou vat hy by die rykes en bêre dit vir homself. Hy vertel nou vir die armes dat die rykes nie rerig wil gee nie. Die rykes word kwaad want hulle gee. Robin Hood vertel dan vir die armes dat hulle hom moet glo, want hy het hulle gehelp toe die rykes nie wou gee nie, en hy sal hulle weer help. Nou gee hy bietjie vir die armes en die bly kwaad vir die rykes. Robin Hood wil nou al die rykes se geld vat sodat almal arm is. Dan gee hy bietjie vir almal, en hou hulle honger en van hom afhanklik. Hy noem dit die tweede oorgang.
(Mag hierdie net ‘n storie bly)

25 06 2012
Olga

6 sept 1966?

25 06 2012
Olga

die fout wat die anc maak, is die ondeurdagte aanstellings van onbevoegte mense in sleutelposisies. Gn mens kan teen hul logika stry nie. Dis dieselfde as om n kleuter aan te se om sonder stoel n kar te was. Tot waar kan hy bykom? Almal moet goeie skoling kry. Dis nie altemit nie. Begin al in die wieg. Leer n kind selfrespek. Dit gaan verseker dat hul resek gaan he vir dit wat nie aan hulle behoort nie. Begin by die huis.

25 06 2012
gerdajansen1

die gaste kan seker dankbaar wees as hulle darem gesien het hoe die koek gelyk het. apartheid het mos hongersnood agter gelos.

25 06 2012
rondomtaliedraai

Wat sal die oplossing wees?

26 06 2012
Amara

Daar is ‘n storietjie wat sê die NP regering het gesteel, maar darem nog genoeg gelos vir die gewone mense ook, maar die ANC steel net. Weet nou nie hoe waar is dit nie😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: