Ons rol mos in die geld

21 06 2012

Suid-Afrika het onlangs aangekondig dat hulle $ 2 miljard aan die Internasionale Monetêre Fonds beskikbaar gestel.  As ek die storie reg verstaan is dit geld wat SA in buitelandse reserwes belê het wat net gebruik gaan word as die IMF dit gaan benodig.  Suid-Afrika gaan blykbaar ook rente op die geld verdien as die IMF dit gaan gebruik.

Suid-Afrika het glo groot planne vir die aardige bedraggie.  Hulle hoop om die IMF af te pers om groter stemreg aan Afrika lande te gee en om lede uit Afrika op die direksie te plaas.  Pie teen wind as jy my vra.  Die IMF is baie demokraties.  Hoe meer geld jy in hulle stort, hoe meer sê het jy in hulle sake.  Hoewel $ 2 miljard (R16.5 miljard) “paar-gruwelike-vloekwoorde” geld is, is dit presies net 0.4 % van Amerika se bydrae ($450 miljard).  Nie juis ‘n stem wat respek gaan afdwing nie.

Dit tersyde, die blote besef dat SA amper R17 miljard het wat hulle kan uitdeel maak ‘n mens SIEK.  Daar word die heeltyd gekerm oor die R20 biljoen wat die paaie in Gauteng gekos het.  Daar was nou die dag met trots vertel hoe die rykes (al is hulle nog lank nie by R500 000 salaris ‘n jaar nie), die armes se water en ligte subsideer.  Daar word gepraat hoe om die belastingbetalers nog meer te melk om NGV op die been te bring.  Ek lees Sondag dat as die rykes se rykdom met 5% gesny word, die armes 60% ryker sal wees.

Die heeldag moet die belastingbetaler keer om nie heeltemal uitgebuit te word nie.  Die regering gooi hulle hande in die lug en smeek dat die geld van iewers af moet kom.  Nogtans – as die reserwes daar is, kan dit dalk nie meer oordeelkundig aangewend word nie.  Nie dat ek veel van beleggings weet nie, maar gewoonlik kry ‘n mens minder rente op beleggings as wat jy skuld betaal.  Hoekom sal SA geld uitleen (en nie net aan die IMF nie) as hulle dan beleggings het?

Hoeveel rente kan die IMF nou eintlik betaal?

Hoeveel ander buitelandse reserwes het SA?

Dalk moet ek eerder shut-up, aangesien st 7 Geskiedenis en Matriek Rekeningkunde net sover strek.  Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Watter jaar is die IMF gestig?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met 21 Junie.

$ 2 miljard is amper R17 miljard.


Aksies

Information

5 responses

21 06 2012
Sonlig

Kan ek met my St. 7 Geskiedenis én rekeningkunde, nou net ‘n paar dingetjies uitlig wat my klein breintjie deurmekaarmaak?

“Ons” sit met miljoene se tolpadskuld wat niemand weet hoe dit betaal gaan word nie, maar “ons” het R16.5 miljard om te skenk.

“Ons” het nie hospitale, skole, boeke, ARV’s en pleisters in ons hospitale nie, maar “ons” kan die wêreld help.

….en tannie Helen deel fietse uit….

Eish! Me must be too stupid to understands this!

21 06 2012
rondomtaliedraai

Gelukkig weet die koue en honger kindertjies nie daarvan nie… ek huik sommer.

21 06 2012
Olga

Tannie Helen deel meer as ne fietse uit. As ek dink aan aunty Patty se R1.6m per jaar, dan dink ek dat tannie Helen seker by die R4m en siesie Lindiwe seker nie veel minder verdien nie. Die leke 4ken ou soustrein ry lekker in alle rigtings. Ons word oral uitgemergel want niemand gee ‘n 4k vir die klein outjie daar buite nie.

21 06 2012
Olga

Die minister en sy trawnte kan maar NGV befonds uit hulle eie sakke en die geld wat aan vroue, kinders en bywywe betaal word. Ek, vir een, gee nie ‘n 4k om vir die ou wie nie staats hospitaal toe wil gaan nie. As hy Medikliniek toe wil gaan, moet hy of sy betaal.

22 06 2012
demoerin

Nee man! Alles loop mos klopdisselboom in hierdie land. Almal het kos en klere en lekker warm beddens. Al die kinders gaan skool en het boeke om uit te leer. Almal het water en elektrisiteit. Geen wonder hulle kan tyd mors met die rook en drankwette, en die snoerwet en en en en….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: