Huiskantoor

20 06 2012

Sekere goed maak net meer sin in die Winter.  Soos hoe enige mens 20 katte in ‘n woonstel kan aanhou en elkeen saam met jou in die bed laat slaap.  Jy kan geheelonthouer wees, maar in die koudste en donkerste van dae smag elkeen na ‘n knertsie.  In die Winter maak dit selfs sin om te trou.  En veral hoekom baie mense van die huis afwerk. 

Kyk, selfs op die warmste somersoggend doen ek nie vroeg opstaan nie.  As dit nog donker is buite en die 10 tree na die badkamer voel soos ‘n ontdekkingstog in Antartika, grens vroeg opstaan aan martel.  Dan, terwyl dit kouer is as in ‘n vrieskas moet jy jou warm nagklere uittrek en yskoue klere aantrek om beskaaf vir die buitewêreld te lyk.  Dit is nie die einde nie. 

Tot op die punt het jy gedink jou huis is ‘n yskas en ESKOM verwens oor die feit dat jy nie ‘n verwarmer durf aanskaf nie.  Maak die voordeur oop en jy weet jou huis bied wel die nodige beskerming.  Jy moet dan in jou yskoue kar klim.  Teen die tyd wat jy by die eerste verkeerslig kom voel jy nie meer jou vingers nie.  Dan lê die yskoue kantoor nog voor . . .

Hoe wonderlik klink werk van die huis af nie skielik nie.  Jy kan jou ure so effens aanpas en eers uit die bed val wanneer dit darem lig is buite is.  Jy hoef eers aan te trek wanneer genoeg tyd gehad het om moed bymekaar te skraap.  As dit nie die dag gebeur nie, wel, niemand gaan omgee as jy in jou nagklere in jou bed met jou rekenaar sit nie.  Jy hoef nie jou neus by die deur uit te sit nie en boonop spaar jy petrol en jou kar van slytasie.  Boonop sal dit vir die mense wat net by die werk kan werk, tyd op die paaie spaar.  Hulle vingers sal almal dankbaar wees. 

Demoerin het eendag voorgestel dat mense ten minste 3 dae ‘n week van die huis afwerk.  Briljante idee.  Veral in die Winter.  Ek dink dit sal sommer produktiwiteit opstoot. 

Regtig, ‘n huiskantoor klink al hoe beter.  Al is dit net in die Winter.  En miskien Maandae en Vrydae in die Somer.  Of wat as ek belowe om altyd betyds vir vergaderings op te daag?  Ek dink ek moet gaan onderhandel. 

Is jy bevoorreg genoeg om van die huis af te werk?  Sal jy dit graag wil doen?

Breinvasbrand:  In die Suidelike Halfrond, op watter datum is die dag die kortste en die nag die langste?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Charlie’s Angels.


Aksies

Information

7 responses

20 06 2012
Sonlig

21 Junie

Ek weet eerlikwaar nie of ek gedissiplineerd genoeg is nie. Ek bars menige oggend hier by die werk in sonder grimering en met nat hare. Na die eerste koppie koffie gaan sit ek die “war paint” aan, red die boskaas en dan is ek reg vir die dag. In die winter kom ek gewapen met my blikkie droë sjampoe – WONDERLIKE goed daai!!!!!!!!!

20 06 2012
MaanKind

Ek werk van die huis af. Eintlik werk ek by die huis, met die vakansie akkommodasie. Maar ek werk vir ook vir myself, met die e-Boeke. Beide verg baie ure, die bemarking en veral die SEO, om te sorg dat ek op bl 1 van Google bly. Maar raai wat, ek weet nooit of ek werk of speel nie. Hierdie blog wat ek lees en dit wat ek tik, is ‘n voorbeeld. Werk ek, of bou ek kontakte? Weet jy hoeveel besigheid het ek al via Facebook vriende gekry? En blogvriende? Is dit werk, of speel? Of gans ‘n ander onderwerp?
En beste van als, ek kan die see sien as ek 4 meter loop tot op my balkon.

20 06 2012
ossewawiel

Die talle onderbrekings in ‘n kantoor maak my mal. Ek werk daaraan. Eendag gaan ek nog van die huis afwerk.

20 06 2012
gerdajansen1

die huis is my werk. nou is ek bly.

20 06 2012
Olga

dit klink ook na werk.

20 06 2012
dirkiedoep

Hang seker maar af wat se werk doen jy van huis af… ek maak afsprake en beantwoord telefoon in nagkabaai tot 10 uur….. en soms as ek in stort staan en tel. lui , steek ek hand uit,vat die los foontjie en praat verby stortgordyntjie- en dan vra ek nog mooi hou aan ek gaan net gou afspraak- boek toe- en daan staan ek inskrywing en maak -as die handdoek afval, dan is dit net ek en Eva wat daarvan weet….

20 06 2012
hoendersop

Ek is bevoorreg genoeg om van die huis af te werk, maar ek sukkel ook maar met die dissipline, soos Sonlig sê. Ek moet baie aande maar inhaal wat ek nie in die dag gedoen gekry het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: