Sekuriteit Krampe

19 06 2012

Ek dink enige redelike mens kan verstaan dat instansies hulle eie sekuriteitbeamptes nodig het.  Wat ek eerder wonder is of die sekuriteit beamptes aldag weet wat hulle doen.  Wel, hulle doen seker maar net wat hulle gesê word.  Het die nar wat hulle voorsê ooit gedink wat hy met hulle opdragte wil bereik?  Of moet mense maar net weet daar is iemand wat ‘n oog hou. 

Ek sal byvoorbeeld nooit verstaan hoekom daar alewig in die kattebak geloer moet word nie.  Regtig!  As ek iets wil steel, gaan ek nie so dom wees om dit in die kattebak – waar ek weet daar gekyk gaan word – weg te steek nie.  Dalk so nonchalant, ek het ‘n vermoede die beamptes sal nie eers besef dit word gesteel nie.  Deesdae let hulle meer en meer op oor skootrekenaars.  Tot so ‘n mate dat jy soms moet uitklim sodat hulle jou skootrekenaar van naby kan beskou.  Wat hulle kan sien weet ek nie, maar tot hulle gelukkig is, gaan jy nêrens nie.  Sou jy jou skootrekenaar in ‘n rugsak dra (of in die motor self hou) is hulle nie ‘n snars gepla nie. 

Dit is vir my komies dat Tukkies vandat die poppie haarself op kampus geskiet het daarop aandring om almal wat die perseel verlaat te deursoek.  As ek enigsins planne het om iets, iemand of myself op die kampus te skiet, gaan ek mos die geweer / pistool by my hê wanneer ek die gronde binne gaan. 

Iets wat my teen die dak kan uitdryf is hoe alles toegangbeheer word.  Vryheid van beweging word beslis ingeperk.  Weereens is die rede daarvoor duister.  Elke deur word in jou gesig toegeklap, maar jy kan gewoonlik deur ‘n sekuriteitsbeampte toegang kry.  ‘n Vriendelike “Kan jy vir my oopmaak, asseblief.” is dikwels al wat nodig is.  Gewoonlik sal jy heel verveeld deurgelaat word, terwyl jou doen en late heeltemal gerespekteer word. 

Dan is daar die buffers wanneer jy ‘n winkel instap.  Jou ander inkopies word of gekonfiskeer tot jy klaar is of toegeplak.  Soms kan ek die rede insien.  Pick n Pay en Checkers verkoop nogal baie dieselfde goed.  Look & Listen hou beslis nie brood en melk aan nie, dus kan ek nie sien hoe dit hulle sekuriteit gaan beinvloed nie. 

Ek wonder hoeveel regte skelms kom weg terwyl al die tyd spandeer word om onskuldiges soos skelms te behandel. 

Hoe voel jy oor sekuriteit?  Is dit ‘n “necessary evil” of bloot net ‘n kramp in die agterent?

Breinvasbrand:  Wat word Charles Townsend’s se sekuriteits spesialiste genoem?

Breinlosbrand:  Olga was reg met SABC.


Aksies

Information

3 responses

19 06 2012
Olga

eerste!
Karel se angeltjies?
Charlie’s angels?

19 06 2012
Olga

jy het die klein kortgat hitler met sy groot knuppel wie die tou by die otm pylreguit wil he, vergeet.

Ek wonder dikwels of die opdraggewers bevoorregte voorheen agtergeblewenes is wie se nuwe lewe agterlaters hulle oordeel benadeel het. N bomplanter bv, kan ongehinderd inry, bom gaan plant, uitry en gn haan sal daarna kraai nie. Die slim opdraggewer sal dan met reg sy skouers kan oppluk en ‘angwasi’ se.

19 06 2012
Griffel

Goodness sista ma jy ken hulle m.o.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: