Mengelmoes

18 06 2012

Dit is vir my ‘n vreemde gedagte hoe media (spesifieke verwysing na kommunikasie media) soms vermeng word. 

Luister deesdae maar na radio.  Voorheen was dit ‘n medium wat die stilte kon verbreek het.  Afhangende van jou stasie, was dit jou bron van musiek, nuus, weer en geselsies.  Hulle aanslag was op die ore gewees, jy moes maar jou eie prentjies gemaak het.  Deesdae nie meer nie. 

Dit was eers heel subtiel.  Eers het elke radiostasie hulle eie webwerwe gekry.  Wonderlik, daar kon gesien word hoekom party mense op radio moet werk.  Dit het ook gehelp as jy iets gemis het, of as jy nie kon inskakel nie, maar graag wou volg.  Daarna kon die omroepers hulle eie persoonlike gedagtes deel.  Die stem het ‘n mens geword, een wat sy / haar kop oop gestel vir almal om in te krap.  Weereens was dit heel vermaaklik. 

Toe skrik almal een oggend wakker en kom agter dat daar iets soos Facebook is.  Natuurlik is dit ‘n wonderlike middel om vir almal te wys hoe gewild iets of iemand is.  Eers kon elke Jan Rap en sy maat met die “Main Konyn” vriende maak.  As die gewone sterflinge nie spring vir die “voorreg” nie, word daar vet kompetisies ingespan om vir die “Main Konyn” maatjies te kry.  Dan kom al sy / haar assistente en vriende, gevolg met ‘n bladsy vir die program en daarna vir elke insetsel in die program.  Skielik het sy mededingers meer maatjies, dan word daar weer ‘n wilde kompetisie uitgereik om nog maatjies te kry.  Dit raak omtrent ‘n bose kringloop.

Dit is nog steeds nie die einde nie.  Onthou, ons praat van radio.  ‘n Gehoormedium.  Maar deesdae word daar amper meer video’s gemaak as wat daar op radio gewerk word.  Mense moet nou heeldag na hulle video’s gaan kyk. 

Alles goed en wel, maar dit is al asof die hoofmedium – die rede van hulle bestaan – deesdae net gebruik word om al die ander media te bemark.  Die webwerwe, blogs, video’s, twitter, Facebook ens is veronderstel om ondersteuning vir radio te wees.  Tog raak radio die ondersteuner van elke koning se 1000 mishopies. 

Dit strek natuurlik verder as radio.  Koerante was bedoel om gelees te word.  Ek vir een is dankiebly dat ek dit op die internet kan lees.  Tog word daar ook meer en meer op sosiale media en video’s staat gemaak.  Televisie doen presies dieselfde. 

Verby is die dae wat jy net ingeskakel het by iets waarvan jy hou.  Deesdae grens dit amper aan aanbidding.

Hoe voel jy oor die verskillende media’s wat vermeng word?

Breinvasbrand:  Aan watter uitsaaier behoort RSG?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Beijing.


Aksies

Information

3 responses

18 06 2012
Olga

eerste.
Sabc?
Dit pis my af om radio te moet kyk op fb. Om koerant te lees op. Om windows dit en dat compatable te moet wees om RADIO TE LUISTEr 4k.

18 06 2012
gerdajansen1

met al die kompetisies wat die radios het, kan n mens nogal voorspel wie gaan wen. het jy al gehoor hoe die dj’s net die shout outs aan hulleself lees? hulle lees amper nooit n shout out wat nie heuning om hulle eie bekke smeer nie. dan somtyds net shouts wat gefb was.

19 06 2012
rondomtaliedraai

‘n Radiostasie word ‘n gewoonte… soms luister jy sonder om te hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: