Die Olimpiese Droom

15 06 2012

Suid-Afrikaners – in die geheel – ken basies drie sportsoorte:  Sokker, Krieket en Rugby.  Daar is natuurlik die Comrades en Argus wat groot aftrek kry, maar dit is meer ‘n gebeurtenis as ‘n sport byeenkoms.  Tennis en gholf is iets sosiaal, iets wat jy doen voordat jy op ‘n Saterdag (of Woensdag) braai. 

Borge het min of meer dieselfde siening.  Die gevolg is dat sokker, krieket en rugby is nog meer op die voorgrond.  Die uitblinkers word sterre wie se nuwe karre dae lank in die nuus bly.  Enige ander sport word nog meer vergete. 

Tot die dag wat ‘n Suid-Afrikaner het ‘n soortvan “onbekende” sport die wêreld laat kennis neem.  Dan sal Suid-Afrika ook wakker skrik en onthou dat dit hulle eie persoonlike seun of dogter is.  Dit raak ‘n naam om voor uit te kyk. 

Kort voor lank is dit die Olimpiese Spele en dan is daar net een genade.  Elke atleet wie se naam bekend is, moet goud huis toe bring.  Goud vir Suid-Afrika, wat eers ondersteuning kom gee het toe die atleet dit amper nie meer nodig gehad het nie. 

Die Olimpiese Spele is natuurlik ‘n perd van ‘n heel ander kleur.  Ons wêreldkampioene sukkel gewoonlik om Olimpiese Kampioene te word.  Voor die Spele is hulle die beste in die wêreld, na die Spele bewys hulle hulleself weer as die beste – maar in die Spele is dit amper asof hulle getoor is. 

Soms kry die Hestrie Cloetes en Elana Meyers wel ‘n Silwer of ‘n Brons.  Nou nie iets om mis te kyk nie – ‘n prestasie waarop hulle met reg baie trots kan wees. Silwer en brons is maar net tweede en derde plek.  ‘n Beskaafde applous van die paviljoen en entoesiastiese gelukwensing – dis al.  Dit is goud wat elke Suid-Afrikaner ‘n meter bo die grond laat loop asof elkeen dit persoonlik self verwerf het. 

Ironies dat dit gewoonlik die naamloses is wat met ‘n goud verras.  Ek dink nou aan Penny Heyns wat sommer uit die bloue lug in Atlanta twee goues opgetel het.  En die Swem Aflosspan wat in 2004 goue naam gemaak het.  In beide gevalle – toe die Suid-Afrikaanse publiek eers weet van hulle, toe raak die Olimpiese Goud ontwykend. 

Dalk is die druk te hoog?  Dalk is dit net die beloning wat Suid-Afrika verdien om ander sportsoorte oor die hoof te sien tot dit Olimpiese Spele tyd is.  Of dalk net weer die ou Engelse wysheid van “don’t count your chickens before they hatch.”

Ons is ‘n paar weke van die Spele af.  Sover ek agter gekom het is daar nog nie medaljes getel nie.  Dalk is daar rede om te hoop?

Sien jy uit na die Olimpiese Spele?  Watter sport kry volgens jou te min aftrek in Suid-Afrika?  Behoort daar ‘n Amateur Spele te wees?

Breinvasbrand:  Waar was die Olimpiese Spele in 2008?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Danie Odendaal.


Aksies

Information

2 responses

15 06 2012
Olga

eerste.
Beijing?

15 06 2012
Olga

ag, in S.A maak sport en kwotas my naar. Hoekom moet alles met politiek en swartbemagtiging besoedel word? Dis kotsingswaardig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: