Maak jou nerwe dun

14 06 2012

Snaaks hoe seker goed ‘n mens teen die mure kan uitdryf.  Dikwels is dit simpel goed waaraan jy net mooi niks kan doen nie.  Wel, behalwe om jou irritasie daarmee te (probeer) beheer.  Helaas gaan plafonmoer (wanneer jy van irritasie al teen die dak is) dikwels eerder sake vererger as verbeter. 

Hier is my top 10 irritasies – in geen besonderse volgorde:

  1. Mense wat kla dat hulle arm is terwyl hulle ‘n vet salaris verdien.  Praat van kla met ‘n wit brood (lae GI met ‘n goue pan gebak) onder iemand anders se arm omdat jy dit nie self wou dra nie. 
  2. Mense wat nie in die ry wil wag, maar in die noodbaan / om die blok jaag om voor te gaan indruk.  Die indrukkery vertraag die ry nog meer.  Mense wat hulle ligte flits omdat hulle reken hulle het meer reg op die pad as jy. 
  3. Honde wat nie ophou blaf nie. 
  4. Karnarre wat uit die niet verskyn die oomblik wat jy in jou kar wil klim en ry.  Hulle was nêrens toe jy kom parkeer het nie.  Waar was hulle?  Onder die karre weggekruip om die diewe te vang?
  5. Lang rye.  Veral as daar meer oop kassierpunte is as wat daar kassiere is.  Nog meer as die kassier duidelik lankal nie meer lus is om daar te sit nie. 
  6. Media (koerante en radio veral) wat nie hulle sogenaamde feite nagaan nie en dit dan openbaar maak.  Veral as dit nog iets is wat standaard algemene kennis is.  So was daar nou die dag vertel van ‘n kind wat onder 10 jaar oud was en geboorte geskenk het.  Dit is verskriklik, maar sy is nie die jongste ma nog nie. 
  7. Mense wat nie hulle werk kan doen nie. 
  8. Mense wat jou FB besoedel met 300 Bybel versies, foto’s van die dag (nie hulle eie nie) en 3000 speletjies – alles binne een dag.  So erg dat jy – as jy dit waag om jou FB oop maak – sien jy net hulle naam.  En niks daarvan is iets persoonliks van hulle af nie, net ‘n spul FB funksies en wyshede.  Regtig, waar is jou lewe? 
  9. As CD’s en DVD’s nie in hulle regte kissies terug gesit word nie. 
  10. Die ANC en die regering.  (Is dit net ek, maar hoe toevallig is dit dat die nuwe polisie hoof ‘n hoë pos by Transnet en ABSA gehad het?  Dieselfde kan Maria Ramos gesê word, ook bekend as Mev Trevor Manual.  Ek wonder net daaroor.)  Enige ANC lid of iets wat hulle gesê het irriteer die daglig uit my uit. 

Wat is jou groot irritasies?

Breinvasbrand:  Wie is die skepper van 7de Laan (nog ‘n irritasie, maar gelukkig hoef ek nie te kyk nie)?

Breinlosbrand:  Die brandweerpaal.


Aksies

Information

5 responses

14 06 2012
Olga

EERSTE!!!!
Danie Odendaal of so iets????

14 06 2012
Olga

Dinge wat irriteer? Joh, is daar dinge wat my nie irriteer nie?
!. Op te daag vir aërobics en niemand anders daag op nie. Gebeur veral as die instruktrise nie daar kan wees nie. Dan het sy vir ‘n plaasvervanger gereel, maar tipies Suid Afrikaner, sal ons wegbly as ons nie vir “Juf” kan impress nie. Vir my en my reismaats, is dit ‘n vermorsde 24km rit.
2. Om op te daag vir enige iets en die ander partye is nie daar nie.
3. Telefoon op te maak dan kry jy stempos of die default wat sê: “The number you have dailled is not available at present…… Ek het ‘n kontrak foon. Elo!!!! Dit kos my ‘n minuut se geld. Stel jou donnerse foon om maksimum te lui. Dit gee my die keuse om af te lui wanneer ek besef jy gaan nie antwoord nie.
4. Honde wie teen die heining kom blaf omdat ek en Bessie verby loop. Sy doen dit ook wanneer ander verby stap.
5. Die ewige onderbrekings. As dit nie die water is nie, dan is dit die elektrieseteit of selfoon sein of die donnerse rekenaars by die verkeersafdeling.
6. Om ‘n dokters afspraak te hê vir 10 vm dan word ek na sy spreekkamer geneem om 10.50 en sien die sot eers om 11.05. Bolle man. Ek het ook ‘n lewe.
7. Die donnerse mediesefonds wat wil besluit wat en hoeveel hulle betaal en aan die einde van die jaar 80 % van die fondse wat ons betaal het, impalm.
8. Die anc en alles waarvoor hulle staan.
9. Die witbroodklaers.
10. Radio stasies wat mense uitnooi om te sms dan nie hulle smse uitsaai nie. Radiostasies wat Afrikaans sprekendes oor die hoof sien en al hulle bemarking in Engels doen. Radio stasies wat selektiewe luisteraars het wat elke kompetisie in spesifieke “shows” wen. john Vismis het Jackie van Secunda gehad. Radio stasies wat stokonnoselle omroepers indiens het en die goed so bemark dat mens daarvan wil kots. Radiostasies wat egoistiese omroepers soos Rian van Heerden en Martin Bester indiens hou.

Is dit genoeg?

14 06 2012
Sonlig

1. Mense wat rook REG onder die Nie-Rook teken in restaurante.
2. Restauranteienaars wat niks doen aan mense wat REG onder die Nie-Rook teken rook nie.
3. Ja – die “quote”-addicts op FB.
4. Die FB leweloses wat post: “Traffic sucks” of “Waiting at the barber” of “Drie ure by Binnelandse sake – BELAGLIK”. Wie gee om hoe lank jy in die verkeer vassit of hoe lank jy in die ry gestaan het??? Ek wil ook regtig nie weet wat jy vir middagete geëet het, wat jy vir aandete gaan eet nie en ek wil BESLIS nie ‘n foto daarvan sien nie. Eet jy om te leef of lewe jy om te eet?
5. “Coo-girls” wat luid in die ry op hulle selfone staan en gesels sodat almal in die ry kan hoor hoe kommin sy is en sakemanne wat soooo besig is om sake te praat oor sy bier by News Café (en dan nog opstaan en heen-en-weer pace) sodat jy begin wonder of daar werklik iemand aan die ander kant van die lyn is of hy net probeer “shine” vang voor sy girlfriend met die Gucci sonbrille opgestoot op haar kop 6 uur in die aand.
6. Enige Afrikaanse liedjie met die woord “baby” in.
7. Die yada-yada advertensies.
8. Mense wat sê hulle kom nóú terug na jou en ure later moet jy maar weer agter hulle agterente aanbel om uit te vind wat gaan aan met jou dringende bestelling wat jy twee weke terug geplaas het.
9. Ou tannies wat dink die trollie wat sy so pas uitgepak het by die til gaan homself na die uitgang beweeg sodat jy ook jou goedjies kan uitpak.
10. Jong (swart) meisies wat nie hulle voete kan optel as hulle loop nie. G’n wonder hulle skoene lyk soos dit lyk nie – ek gebruik alke keer die geleentheid om vir my kinders te wys hoe lelik lyk dit.

Moet ek nou stop?

14 06 2012
Selene Phoenix

Mmmm wa op te begin!?
1) Outsurance
2) FNB met Steve
3) 1000 tille maar net 5 mense wat help op ‘n Saterdag!!
4) Outjies by verkeersligte
5) Oproepe wat dood gaan ek bedoel seker neergesit word wanneer hulle jou kamstig transfer
6) Stadige internet of websites wat hang
7) Honde wat vir niks blaf en dan nie ophou nie
8) Die winter
9) My Ma wat nooit haar foon hoor nie
10) Outsurance
11) Outsurance
12) O ja en Outsurance!! 👿

15 06 2012
jagternw1976

Wat my gat krap: Die rookwet. Verdomp….. Teem en teef die spul anti-rook agente oor die Putco bus wat staan en bolle rook die lug inblaas ? Wat van daai ou diesel bakkie wat voor jou ry – jy sien skaars sy ligte brand deur al die blou/grys rook. Mmm ? Maar my hel, laat ek nou ‘n sigaret aansteek, O NEE ! Jy kan moor, verkrag, steel MOET asseblief tog net nie rook nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: