Verbrand

13 06 2012

Wonings wat in die winter afbrand in Suid-Afrika is helaas nie nuus nie.  Dit word eintlik verwag – hartseer soos dit is.  Asof dit nie erg genoeg is om al jou persoonlike besittings in ‘n vuur te sien verswelg nie, is die verlies van mense (insluitende kinders) lewens ook te verwagte.  ‘n Hartseer werklikheid, maar dit is feite. 

Die prentjie wat ‘n mens verwag is ‘n die van ‘n informele woning.  ‘n Woning waar daar met parafien en konka’s oor die weg gekom moet word om die ysige vingers van winter af te weer.  Natuurlik is dit nie ideaal nie.  Verkluim is egter ook nie ideaal nie en sonder die hitte is dit ‘n sterk moontlikheid.  In ‘n ideale wêreld sal dit vir geen mens nodig wees om tot sulke uiterstes te gaan om ‘n aand te oorleef nie. 

Tog skok dit effens meer as ‘n regte egte huis tot die grond afbrand.  As dit net die huis is, is dit ‘n gatslag soos min.  Om jou kinders in die brand te verloor is ondenkbaar.  Veral as daar wel mense is wat die brand ontsnap het.  Weereens is dit nie net ‘n riller verhaal nie.  Ek weet van twee gevalle in twee weke, ‘n somtotaal van 6 kinders wat hulle lewens verloor het in die brand van ‘n gevestigde huis.

Nie dat die 6 kinders meer weeg as die tientalle wat hulle lewens in ‘n plakkershut verloor nie.  Dit is net nie wat verwag word nie.  Nie een van die risiko’s wat deur die loop van enige dag verwag word nie.  Dalk ‘n risiko waarna daar spottend verwys word (brand die huis af en eis van die versekering), maar nie een waarmee iemand gereeld gekonfronteer word nie.  Anders gestel – mens verwag gevaar eerder van ander mense as van jou huis. 

Een geval is ‘n vloekskoot, die tweede maak dit nader aan ‘n gewoonte.  ‘n Waarskuwing om ondersoek in te stel sodat die nodige voorsorgmaatreëls getref kan word.  In die eerste voorval het ‘n kers in die kinders se kamer die brand glo veroorsaak.  Hoekom was daar ‘n kers nodig?  Die tweede brand se oorsaak is nog onbekend. 

Die verantwoordelike ding is seker om die brand risiko’s te bepaal.  Die verwarmers wat gebruik word, elektriese toestelle, chemikalië wat in die huis is.  Verwyder en beveilig so ver as moontlik. 

Wat behoort in ‘n brand gedoen te word?  Hoeveel weet ons werklik van hoe om ‘n brand te smoor, wanneer om ‘n brand met water te gooi en wanneer om nie water te gooi nie?  Wanneer om ‘n venster uit te skop en wanneer om deure en vensters toe te maak?  Weet almal selfs die basiese van kruip vloerlangs om rook inaseming te verminder?

Kennis is mag.  Tog wonder ek of huise regtig so gebou is om ontruiming te vergemaklik as daar ‘n krisis sou wees?  Neem diefwering as ‘n voorbeeld. 

Wat dink julle is die grootste brandgevare in huise?  Wat behoort daaromtrent gedoen te word?

Breinvasbrand:  Tradisioneel, wat gebruik brandstryders om van die boonste verdieping tot die grondvlak te kom in die kortste tydperk?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Jim Dear en Darling


Aksies

Information

6 responses

13 06 2012
Olga

eerste.
Vangmat?

13 06 2012
Olga

kerse gebruik omdat ‘nie swartes’ nie gratis elektieseteit kry om hulle n maand deur te sien nie. Wie baklei vir hulle vir n bietjie ekstra? Beslis nie volkswelsyn, die munisipaliteit, die hnp, acdp of die 4ken da nie. O, nee, laat ‘white trash’ maar vrek van ellende.

13 06 2012
Toortsie

Ek vrees vrees vrees ‘n vuur!! Daar is so baie goed wat brande veroorsaak. Parraffin stofies. Verwarmers (hitters), selfs elektriese komberse wat aan die brand raak. Olie wat op ‘n baie warm plaat staan en dalk vergeet is. Kortsluitings.

13 06 2012
MaanKind

Lees my blog vandag, en lees ook wat skryf Slakkelak. Ons het dit vandag aan ons basse gevoel.

13 06 2012
MaanKind

Elektriese toestelle is die grootste brandgevaar. En onverskillige vingers.

13 06 2012
gerdajansen1

dis erg om kindertjies so wreed te verloor. dan was daar so pas nog n brand. op die stel van isidingo die keer. fokkit, mense, wat gaan aan in S.A?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: