Jou skuiling, nie myne nie

12 06 2012

Iewers het daar ‘n persepsie ontstaan dat as jy ‘n goeie mens is, sal jy ‘n dier van ‘n skuiling aanneem as jy ‘n begeerte het om ‘n troeteldiereienaar te word.  Ek is, volgens daardie kriteria, nie ‘n goeie mens nie.  Ek sal nie ‘n dier van ‘n skuiling af aanneem nie.  En ek is nie eers bereid om dit te oorweeg nie. 

Ek is nou wel nie die grootste diereliefhebber ooit nie, maar moet my nie verkeerd verstaan nie.  Ek is ‘n groot voorstaander van verantwoordelike troeteldier eienaarskap.  Wat vars kos, vars water, versorging, vertroeteling en mediese versorging insluit.  Ek is een van daardie mense wat eers MY diere uit ‘n brandende huis sal gaan haal as vreemdelinge.  Nogtans sal ek eers die vreemde mense help voordat ek vreemde diere help.  Ek is heeltemal kapabel om self ‘n dier te konfiskeer wat ek reken mishandel word.  Ek is teen dieremishandeling en veroordeel dit ten sterkste.  Ek hou net nie van skuilings nie. 

My troeteldiere sal nooit terwyl ek nog kan skop by ‘n skuiling opgeneem word nie.  Geen redelike mens sal nodigheid sien om hulle te neem nie.  Ek sien dus nie die nodigheid in hoekom ek moet help dat skuilings moet oorleef nie.  Goed, goed, dalk uit die goedheid van my hart.  Gelukkig regeer my kop en my kop is nie oortuig dat skuilings die beste manier vir diere welsyn is nie.  Ek wonder of dit nie ‘n nuwe probleem skep nie en dalk hulpbronne van ander noodsaaklikhede weerhou nie. 

Daar was op ‘n stadium ‘n beleid (ek weet nie of dit nog bestaan nie) dat die DBV diere vir iets soos 8 dae hou en dan van kant maak as niemand hulle kom opeis nie.  Dit klink harteloos en wreed, maar is dit nie genadiger as om diere weke of maande lank in ‘n klein sement hokkie aan te hou nie?  Dit is nie net die diere wat gevoer, versorg en om gesien moet word nie.  Daar is ook nog die hokkies wat onderhou moet word en werkers wat betaal moet word.  Dan praat ek nie eers van die bemarking om op mense se gevoel te speel om die diere aan te neem nie.  Aan te neem teen ‘n stywe bedragie. 

Sou dit nie beter wees as die fondse elders aangewend word nie?  Ek dink byvoorbeeld aan normale inentings vir alle diere.  Inentings wat uitbrake van hondsdolheid kan bekamp.  Dalk subsidies vir veearts onkostes en sterilisering.  Goed wat dit makliker gaan maak vir mense om verantwoordelike eienaars te wees. 

Troeteldiere is tog nie ‘n luukse item nie.  Daar is armes wat hulle laaste sny brood eerder vir die hond sal gee en self honger ly.  Die onkostes maak dit net moeilik.  Sou dit nie meer volhoubaar en ‘n groter plesier wees om die beskikbare hulpbronne eerder aan te wend om die geliefde diere beter te versorg nie?  Sal dit nie die nodigheid van skuilings verminder nie? 

Dit laat my dink – as ‘n dier van iemand weggevat word, hou hom of haar verantwoordelik vir die onderhoud vir die dier.  As hulle dit nie kan bekostig nie, laat hulle by die skuilings werk.  Dit is mos hulle skuilings.  Maar moenie mense (soos VERANTWOORDELIKE telers en VERANTWOORDELIKE eienaars) veroordeel vir die toestand van skuilings nie.  Hulle het nie die skuilings bevolk of geskep nie, al help hulle soms uit die goedheid van hulle harte. 

Hoe voel julle oor dierewelsyn?  Dra julle gereeld by tot skuilings se onkostes?  Waar kry jy jou nuwe diere?

Breinvasbrand:  Wie is “Lady and the Tramp” se eienaars?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Genadendal.


Aksies

Information

4 responses

12 06 2012
gerdajansen1

eErStE!
jim dear en darling. is dit nie snaaks hoe mense wie nie eers vir hulleself kan sorg nie altyd n hele swetterjoel troeteldiere wil he nie. dis bog. as jy nie (kinders) troeteldiere kan bekostig nie moet dit nie kry nie. ek ondersteun geen skuiling of weeshuis nie. net eenvoudig omdat driekwart van (n weeshuis se kinders) skuiling se diere se mense nog lewe. hulle wou he. laat hulle dus sorg ook.

12 06 2012
Selene Phoenix

Ek het eenvoudig net nie nou geld om skuilings te help nie… ek het myself altyd belowe as ek die lotto wen gaan van die geld na skuilings of minder bevoorregte mense.

Ons volgende hond/e sal van ‘n skuiling af kom – as ek my sin gekry het het ons al reeds die hond/e gehad! Maar manlief dink twee honde is vir nou genoeg.

Ek glo ook diere wat nie vinnig huise kry nie moet uitgesit word. Daar is sooooooveel diere daar buite wat jare en jare in ‘n klein hokkie sit en nie gekies word nie. Die dood is beter as daai stertjie wat waai en dink vandag is my dag!!

Mense moet hul diere laat reg maak (en ja ek was een van daai mense wie se honde babatjies gekry het – maar NOOIT weer nie) daar is te veel ongewenste diere daar buite.

12 06 2012
hoendersop

Ek glo ek is ‘n verantwoordelike diere-eienaar – my honde word baie mooi opgepas, maar ek sal nooit ‘n hond (ek hou niks van katte nie, so ons praat nie van katte nie) by ‘n skuiling aanneem nie. Noem my wat jy wil, maar ek wil ‘n babahondjie hê en na my hand leer. Ek dink ook die trauma wat die diere ervaar het tot op die stadium wat hulle in ‘n skuiling land, moet ‘n permanente letsel laat en ek wil beslis nie ‘n hond met probleme hê nie. En ek weier om skuldig te voel daaroor en klaar!

12 06 2012
Olga

Ek herhaal wat ek al verskeie kere gesê het. Dit is die mense wie honde en katte inneem, soms ten duurste koop en sodra die dier se oulike baba dae verby is, word die diertjies vir die huishulp. tuinier of sommer enige swarte wie verby loop gegee. Die mense kan dikwels nie vir hulle eie kinders sorg nie, laat staan nog ‘n dier. Dan is dit dalk die gelukkige dier wat van daar in die skuiling opeindig. Maar, wie se skuld is dit? Ekskuus, ek sê nie dis net swart mense se diere wat in skuilings opeindig nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: