Nie van die aarde nie

7 06 2012

Ek lees nou die dag dat 10 % van Britte glo dat nie ‘n aardling is nie.  In dieselfde asem is daar mense wat vas oortuig is dat Barack Obama en Tom Cruise is van die buitenste ruim.  40% van hulle glo ook dat die regerings die bestaan van lewe op ander planete vir hulle wegsteek. 

Partykeer as ek so na die mensdom kyk, kan ek verstaan dat iemand kan dink dat hulle van ander planete moet kom.   Nogtans staan ek skepties.  Ek is heeltemal bereid om te aanvaar dat dit wel ‘n moontlikheid is.  Waarskynlikheid kan ook beredeneer word tot volgende jaar.  Vandag kan niemand met sekerheid sê dat daar lewe elders as op die aarde is nie. Maar tot die dag wat ek ‘n opregte ruimtewese met die nodige bewyse met die hand groet bly dit vir my ‘n fiktiewe idee. 

Soos fiksie nou maar is, is dit nogal ‘n vermaaklike idee.  ‘n Idee wat na goeddunke verdraai kan word hoe dit my pas.  Ek het mos al lankal besluit dat as Nataniël sy eie planeet mag hê, kan ek ook.  Julle ken mos die situasie wanneer jy met iemand praat en hulle is op ‘n ander planeet.  Dalk is dit nie net ‘n uitdrukking nie.  Ek glo wanneer die mense nie meer Xena verstaan nie, is ek op Phoena*.  Wanneer mense nie kop of stert kan uitmaak nie, is dit omdat die koppe en sterte hulle tyd op Phoena verwyl. 

Ek is nogal jaloers oor Phoena en gaan kuier net dan en wan daar.  Alleen.  Julle ken mos nou al die aardlinge.  Alles wat hulle sien (of van hoor) wil hulle hê en trek dit dan deur hulle alies.  Ek soek nie plakkers op my planeet wat alles gaan vernietig nie.  Ek sal julle dus ook nie veel meer oor Phoena kan vertel nie, dit moet beskerm word teen die vrate. 

Voel jy soms of jy van ‘n ander planeet afkom?  Laat jy aardling op jou planeet toe?  Glo jy dat ruimtewesens bestaan?

Breinvasbrand:  Wat is Nataniël se planeet se naam?

Breinlosbrand: Olga was reg met Wallis Simpson. 

* Identiteit is verander om die planeet te beskerm.


Aksies

Information

3 responses

7 06 2012
Olga

eerste.

7 06 2012
Olga

ek glo eerder in spoke as ruimtewesens. Ek is onbeskof genoeg om te se ‘4kof’ as mense my ruimte of gemoed binne dring. Dus het ek nie n planeet nodig nie.

7 06 2012
Sonlig

May the wors be with you!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: