Myne is myne

7 06 2012

“Die mensdom is nog hopeloos te jaloers en besitlik.”

Dit is die woorde Noel Biderman en spesifiek bedoel om ontrou in die huwelik te regverdig.  Persoonlik dink ek dat dit redelik eenvoudig is.  As jy nie aan een mens getrou wil bly nie, moet dan nie trou nie.  Deur met iemand te trou is daar tog seker ‘n aanname dat jy die persoon bo enige ander stel en net aan die persoon getrou sal bly.  Dit is hoe dit is, en dit het niks met selfsug uit te waai nie. 

Getrouheid in die huwelik is volgens my nie juis onderhandelbaar nie.  Aan die anderkant, moet ek toegee dat daar min dinge is wat ek met liefde sal deel.  My goed is my goed.  Klaar.  Alleeneters gaan dalk nie hemel toe nie, maar daar is niks wat sê dat ek alles wat aan my behoort moet deel nie. 

Vandag wil ek by julle weet wat deel julle nie?  Is daar goed wat net met sekere uitgesoektes gedeel word?  Goed waarvoor iemand nie eers moet vra nie? 

Of reken jy ook dat die mens – oor die algemeen – te jaloers en besitlik is?


Aksies

Information

3 responses

7 06 2012
Olga

Ek sal my kos deel, my wyn, my tjoklits maar nie vir ‘n vy my tjips nie.

7 06 2012
Olga

As Homer wil rondloop, vat hy net eers sy klere, sy gereedskap uit die garage en los sy bankkaarte, dan kan hy gaan vye pluk net waar hy wil.

8 06 2012
Sonlig

Ek hou nie baie van leen nie en leen ook nie graag uit nie. Maar die omstandighede sal beslis ‘n rol speel in my besluit.

Ek dink nie mens behoort duur speelgoed te leen nie. Alhoewel….my broer se hart was al groot genoeg om vir my sy karavaan te leen. Ek reken elke ou het maar sekere prioriteite met sy besittings.

Ek leen soms my man uit aan vriendinne met rekenaarprobleme en belastingvorms wat ingevul moet word.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: