Liesbet die Tweede

6 06 2012

‘n Mens moet in ‘n ander planeet sonder enige toegang tot die aarde wees as jy nie weet dat Elizabeth II, die koningin van Engeland, haar 60 jaar op die troon vier nie.  Dit is nou natuurlik die troon van die Verenigde Koningkryk, nie die een in die badkamer nie. 

Sy is al langer koningin as wat ek lewendig is en ek moet sê dat ek moeilik ‘n koning in haar plek sien.  Dit klink so half teen tradisie.  Wat natuurlik bog is, die tradisie van ‘n koning is natuurlik baie ouer.  Elizabeth word dikwels as ‘n streng bewaker van tradisies voorgehou, maar die verloop van haar eie lewe was nie juis volgens tradisie nie.  Dit was onwaarskynlik dat sy ooit die troon sou bestyg het. 

Haar pa was immers die koning se tweede seun, Albert.  Edward was die kroonopvolger en Elizabeth was derde in die ry – tensy Edward kinders van sy eie sou kry of as Elizabeth self ‘n boetie sou kry.  Dinge het nie so uitgewerk nie.  Eerstens het Edward na omtrent ‘n jaar in 1936 geabikeer om met ‘n vrou wat al twee keer geskei was te trou.  Albert het Koning George die VI geword en met sy afsterwe het Elizabeth koningin geword. 

Nou nie jou gemiddelde koning van harte nie.  Die beeld wat dikwels voorgehou word is dat sy eerder verdra as geliefd is.  Hoewel, die beeld kan so effens verwronge wees as ‘n mens met die diamantjubileum die 1.2 miljoen mense in gure weer langs die Teems in ag neem.  Elizabeth word dikwels geoordeel op die beeld wat die media geskep het, as die slegte skoonma wat haar skoondogters (veral Diana) se lewens hel gemaak het. 

Wat basies neerkom op een se woord teen ‘n ander.  Die ander het dit egter nog nooit die moeite werd gevind om haarself te verdedig nie.  Ek wonder tog of die beeld van ongenaakheid nie onregverdig was nie. 

As daar een ding is wat van Elizabeth gesê kan word is dit dat sy privaat is.  Sy doen basies haar plig en niemand weet hoe sy oor goed dink of voel nie.  Dit gaan dus vir haar nie oor haarself nie, maar oor haar “werk”.  Diana weer het haarself graag op die voorgrond gedruk en aandag op haarself gevestig gehou.  Dit moes vir die ouer vrou ‘n steen des aanstoots gewees het. 

Ek wonder of sy nie gedink het haar skoondogters het dit dalk te makliklik nie.  Hulle het basies net reg getrou en het van daardie oomblik nooit weer hulle hande in koue water gesit nie.  Sy het in voorbereiding om eendag die kroon te bestyg ‘n ruk lank in die ATS gewerk waar sy vragmotors bestuur het en as ‘n werktuigkundige opgelei was.  Haar eie dogter het ook haar tyd in uniform deur gebring. 

Ek spekuleer maar net.  Al wat regtig verseker is, is dat Elizabeth mal oor honde en perde is. 

Het julle al ooit gewonder wat in haar kop aangaan?  Of kan julle regtig nie minder omgee nie?

Breinvasbrand:  Vir wie het Edward die kroon laat vaar?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met Moses.


Aksies

Information

2 responses

6 06 2012
Olga

wallis simpson.
EERSTE!

6 06 2012
Olga

wie sal ooit weet wat hulle dink? Haar liefde vir honde is genoeg rede vir my om van haar te hou.
Werktuigkundige? 4kit. Willetjind se kollega. Dan nog trokdrywer ook? Wow. Dis n tawwe tannie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: