Wat noem mens iemand wat ‘n baba weggooi?

5 06 2012

Ek lees gister in die Beeld dat vrouens wat hulle babas weggooi nie monsters is nie, want “vroue in lae-inkomste- huishoudings word dikwels in haglike omstandighede gekonfronteer met die reeds oorweldigende uitdagings van ma-word.” 

Dit word verder verduidelik as volg:  “Ons almal weet hoe wanhopig ons oor onsself en ons vermoëns gevoel het toe ons deur ’n moeilike tyd gegaan het. Voeg nou by hierdie gevoel van wanhoop die feit dat jy geen lopende water in die huis het nie; dat jou lewensmaat elke aand dronk tuiskom en jou slaan; dat jy werkloos is en net R25 tot die einde van die maand het … en dat jy boonop swanger is. Nou is jy in die skoene van ’n desperate ma; ’n ma wat in ’n mate ‘weggegooi’ is deur die gemeenskap, haar familie, vriende en gesondheidsorg.”

Dit is die eenkant van die argument, ‘n argument wat wel gewig dra. 

Aan die anderkant is daar ‘n pap, weerlose babatjie.  ‘n Mensie wat geen keuse in hulle ontstaan gehad het.  Hulle kon nie kies om verwek te word nie, hulle kon nie kies in watter omstandighede hulle gebore sal word nie en hulle kon nie hulle ouers kies nie.  Hulle is die produk van ‘n biologiese aksie. 

Verder is daar min dinge so weerloos soos ‘n baba.  Hulle is totaal en al aan die genade oorgegee.  Geen baba kan homself verdedig nie.  Daar is ook geen manier waarop die baba hulp kan soek nie.  Hulle kan hulleself nog nie eers uitdruk in ‘n verstaanbare vorm nie.  Babas praat nie, hulle skryf nie en al wat hulle kan doen is skree.  As die wat hulle moet versorg nie wil hoor nie, is daar niks. 

Jy het dus ‘n ma – dalk ‘n onwillige, oorweldigde vrou wat ‘n baba in die wêreld gebring het.  ‘n Vrou wat in die eerste plek kon nee sê of verseker het dat sy nie swanger raak nie.  Verder kan sy nog steeds hulp gaan soek (en kry) na die geboorte van die kind.  Teen ‘n baba – wat geen sê gehad het nie, hom nie kan verdedig nie en wat ook nie hulp kan gaan soek nie.  Wie verdien die simpatie?

Die samelewing het ‘n manier om aanvaarbaarheid te skuif soos dit hulle pas.  Daar is egter goed waar die samelewing ‘n baie duidelike lyn getrek het.  Sekere goed is onaanvaarbaar en geen verskoning word geduld nie.  Rassisme is een voorbeeld daarvan – woede, haat, pyn wat ookal regverdig nie rassisme nie. 

Ek voel sterk daaroor dat die samelewing ‘n baie duidelike lyn moet trek waar die welstand en veiligheid van kinders betrokke is.  Jy maak nie ‘n baba dood nie PUNT.  Geen verskoning kan aanvaar word nie. 

Wie dink jy moet die meeste simpatie kry?

Breinvasbrand:  Watter Bybelkarakter is in ‘n mandtjie tussen die riete weggesteek?

Breinlosbrand:  Olga was reg, Zola Budd het altyd kaalvoet gehardloop.


Aksies

Information

5 responses

5 06 2012
Sonlig

Moses

Ek dink die simpatie kom die kinders toe. Hulle het nie gevra om hier te wees nie. As jou omstandighede sodanig is dat jy nie in ‘n posisie is om ‘n kind te versorg nie, maak jy ‘n plan. Geboorte beplanning’s goete is gratis en vrylik beskikbaar.

5 06 2012
Olga

dari argument dra myns insiens geen gewig nie, grieters. So n teef, (groot ekskuus bessie boe) wil nie huiswerk doen teen n regverdige tarief nie. Dis immers lekkerder om op die
rug te le met n stinkende, dronk man tussen jou knieE. Want so kan jy nog n telg verwek waarvoor jy die anc toelaag kan kry. Elke jaar. Dan moer jy die ‘ding’ weg want die volgende 1 groei al in jou. Iemand gaan Jeremia se klaaglied aanhef as die arme, verwaarloosde, mishandelde, gierige, gulsige, lui lak uitgevang word wanneer sy uitgevang word oor sy van die ongewensde kindjie ontslae raak.

5 06 2012
Olga

die kinder toelaag moet eerder die ANC sE SKANDE TOELAAg heet.

5 06 2012
Olga

Ek kan steeds nie glo dat hulle verskoning vir sulke vroue of meisies soek nie. Almal weet voorbehoedmiddels is GRATIS by alle klinieke beskikbaar. ek neem aan as ‘n dogter al op 12 jarige ouderdom self kan besluit oor ‘n aborsie, kan sy ook self besluit of sy voorbehoedmiddels wil gebruik of nie.

5 06 2012
gerdajansen1

beslis nie n ma se gat nie. olga jy vergeet dat dit moeite is om by n kliniek te gaan tou sit vir voorbehoedpille as hulle eerder by die poskantoor kan gaan toustaan vir di skande geld.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: