Koewie!!!

2 06 2012

1

2

3

Blok myself!!  Julle het lekker gesoek en gesoek en gesoek en kon my tog nie kry nie.  :mrgreen:  Dit is omdat ek die beste, este wegklimmer is.  😈

Weet julle wat die geheim van wegkruip is?  😯  Ekke weet en ek sal julle vertel.  🙄  Julle mag net nie vir die ou Perse gevertel nie.  👿 

Julle moet wegsmelt in die bosse.  😡  Is, kyk maar al die diertjies doen dit.   😀  Die skoolheks het my gevertel dit word kamoefleer genoem.  😐  Ekke het haar gevra of sy nie nou vreeslik vloek nie.  😕  Toe sê sy nee, ek moet in die Hatte dik boek kyk.  😆  Sien?  Dit is tog reg gespel.  😀

Dit is hoekom ek die mooiste, slimste, wegklimmerste heks is wat julle ken.  😀

Tata Maatjies


Aksies

Information

2 responses

2 06 2012
Toortsie

Eeerste!!!! en ek sien jou daar in die boom!
Ek het al sowaar ‘n hele paar keer kom soek vir jou! Ek wou al die polisie bel om te kom kyk waar jy is! Jy moenie so maak nie, ons raak bekommerd oor jou as jy so wegraak!
Maar ek is darem bly ons het jou weer gekry!!

3 06 2012
Olga

1
2
3
Blok vir Laviga daar agter die kas.

Lewer kommentaar