Gunsteling Sangers

1 06 2012

Highveld het nou die dag liedjies gespeel wat bekende diktators se dag maak.  Ek mag verkeerd wees, maar ek dink hulle het hulle eie diskresie so ‘n bietjie gebruik.  Die gunsteling sangers is egter juis

Mahmoud Ahmadinejad is die man wat Iran se leisels stewig in sy hande het.  Sy gunsteling is glo Chris de Burgh, ‘n man wat sy brood, botter en kaviaar van minneliedjies maak. Kim Jong-il wat die diktator van Noord-Korea was, was mal oor Eric Clapton.  Slobodan Milosevic wat in Serwië koning van die mishoop was, het vir Frank Sinatra geniet.  Blykbaar het hy dikwels in die tronk na “My Way” geluister.  Ek wonder of dit vertroosting of regverdiging was. Muammar Gaddafi van Libië was ‘n groot Lionel Richie aanhanger.  Osama Bin Laden was glo beenaf op Whitney Houston.  Hy wou glo vir haar ‘n huis in Sudan koop en haar man vermoor.  Wie sal nou ooit kan raai dat ‘n Amerikaanse heldin sy hart kon laat smelt.  Laaste, maar nie die minste nie, Robert Mugabe se gunsteling is Cliff Richard. 

Ek wonder wat die kunstenaars van hulle diktators dink.  Seker nie veel waar daar media ore is nie. 

Dikwels word daar probeer om van mense se voorkeure sekere afleidings van hulle persoonlikhede te maak.  Hoeveel waarheid daarin is, kan ek nou nie sê nie.  Soms is dit akkuraat en ander kere is dit ‘n pot snot, maar dit is altyd vermaaklik.  Dit is vir my amusant hoe die manne van tereur juis hierdie sangers van liefde kies.  Hoe daar min mans is wat hulle musiek smaak manlik sal vind – met die uitsondering van Eric Clapton dalk.  Sy kitaarspel word hoog aangeskryf.  Elke mens het seker ‘n sagte kant, maar mens verwag nie dat ‘n diktator soos ‘n loverboy gaan musiek kies nie. 

Dit laat my wonder?  Hoe kies mense hulle gunsteling musiek en sangers?  Is dit bloot maar net ‘n gogga wat hier en daar byt?  Dalk ‘n herinnering wat met ‘n sekere lied verbind word?  Iets wat betekenis aan ‘n situasie gegee het?  

Aan die anderkant – siende dat die omies hierbo in elk geval vir die lekker dood gemaak het, is dit regverdig om ‘n tiener aan hulle musieksmaak te oordeel? 

Wat dink julle?  Wat is jou gunsteling sangers en hoekom geniet jy hom / haar / hulle?

Breinvasbrand:  Wat is Cliff Richard se regte naam?

Breinlosbrand:  Jason Ngobeni


Aksies

Information

7 responses

1 06 2012
Olga

eerste.
Harry Webb.

1 06 2012
Olga

ek vind dit moeilik om 1 uit te sonder. Queen.

1 06 2012
Olga

nee, dis cliff richard.

1 06 2012
Olga

nee, moeg-apie se ook so.
Dis defnitief Queen.

1 06 2012
Olga

sy vra sangers, nie groepe nie.
Dan is dit oom ‘Arry. Ek dink dis sy stem wat hom uitsonder. Dit praat met my siel. Vandat as dogtertjie Voice in the wilderness en Living doll gehoor het, as tiener goodbye Sam, hello Samantha en Hey mr Dreammaker tot vandag, hoor ek eers sy stem, dan wat hy sing.

1 06 2012
Olga

ai, tog, wa is die res?

Of is dit tog Queen? Die houding / attitude, so, uhm, I am Me, is weer wat hulle uitsonder.

1 06 2012
Toortsie

Hoe op aarde moet ek vir jou sê as ek nie hulle name onthou nie? Ek hou van amper alle musiek, net nie heavy Metal nie. Dit hang van my bui af vir wie ek kies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: