Melkkoei met bitter pis

31 05 2012

Ek weet nie, dalk is dit maar net omdat ek die berig gelees het voordat ek wakker geword het.  Miskien het ek vandag net ‘n besonderse suinige dag.  My persoonlike verklaring is dat ek GATVOL is. 

Kgosientso Ramo­kgopa of die mense in die Ooste van Pretoria melkkoeie is omdat hulle die munisipaliteit se sosiaal-maatskaplike projekte subsidieer?  Ramokgopa het erken dat dit daarop neerkom, maar dit te regverdig dat hy ook in die Ooste bly en dus ook gemelk word.  Die mense moet glo waarde vir hulle geld kry.  In ‘n ander artikel word daar vertel hoe geregistreerde behoeftiges maandliks 12 kF water en 100 kWh elektrisiteit gratis kry en nie eers eiendomsbelasting hoef te betaal nie. 

Dit is net hier waar my . . . e . . . melk bitter word.  Goed en wel, Suid-Afrika het ‘n groot maatskaplike las wat van iewers gefinansier moet word.  Dit is vir my skreiend dat daar vandag nog mense – insluitende kinders – is wat honger gaan slaap.  Ek voel skuldig wanneer ek sien wat basiese goed kos en dan dink aan hoe armes hulle gesinne voer.  Ek dink behoorlike sanitasie en skoon water behoort ononderhandelbaar te wees.  Ek gun elkeen selfs elektrisiteit.  Maar, genugtig, hoeveel moet ek nog gee. 

Ons gebruik maandeliks in die omgewing van 100 kWh elektrisiteit ‘n maand.  Vanoggend toe ek die lig aansit, toe wonder ek outomaties hoeveel ek daarvoor betaal.  Watter persentasie van wat ek betaal is vir my gebruik en hoeveel was om ‘n ander mens se lig te finansier?  Gaan die meerderheid van wat ek betaal vir my eie gebruik of is dit ‘n onbeduidende aandeel?  Hoeveel ander ligte se gebruik borg ek?  En hoekom sal hulle wil spaar as dit gratis is? 

Noem my ‘n selfsugtige teef wat nie ‘n snars vir die minder bevoorregtes omgee nie.  Maar iewers moet daar ‘n lyn getrek word.  Suid-Afrika is een van die lande wat die meeste op maatskaplike toelaes spandeer.  Dit opsigself is nie volhoubaar nie.  Ek is een van die belastingbetalers wat dit voed.  Jaarliks word daar na nog maniere gekyk hoe die sogenaamde rykes die armes kan befonds.  Ek dink nou aan Nasionale Gesondheid Versekering.  Die belasting betaler gaan meer moet opdok vir ‘n diens waarmee hy/sy swakker af gaan wees.  Dit blyk soms (my mening) asof die regering nie werkskepping wil aanmoedig nie.  Suid-Afrika is nie ‘n vriendelike land teenoor werkgewers of produksie nie. 

Intussen is die middelklas aan die verarm.  Verhogings hou bloot net nie tred met ander finansiële verpligtinge nie.  Verpligtinge wat nie gesubsideer kan word nie, want dit is ‘n sogenaamde ryke (aldus ‘n belasting betaler).  Hulle gesinne moet met minder klaar kom (en ek praat nie nou noodwendig van luukses nie) terwyl hulle die armes moet befonds.  Om dit kras te stel – gesinne word te kort gedoen om ander te finansier.  Nie dat hulle bedank word vir die opoffering nie.  Nee, daar word bloot net meer en meer geëis. 

Wat is die oplossing?  Ek weet nie.  Ek dink daar word te veel gegee en te min verwag.  Ek wonder hoekom word HOP huise weggegee.  Dit maak vir my meer sin dat die munisipaliteit eienaarskap behou en die huise goedkoop (gratis) beskikbaar stel.  Huiseienaarskap is tog ‘n luukse.  Net een voorbeeld.  Die antwoord is seker aggressiewe werkskepping.  Skepping – nie die een se werk afvat vir ‘n ander nie. 

Wat dink julle?  Kla ek met ‘n kaaskoek en ‘n cappuchino?  Moet ek eerder bly wees om ‘n ander te help?  Wanneer is genoeg genoeg?

Breinvasbrand:  Wie is Pretoria se stadsbestuurder wat ‘n salaris van R3.2 miljoen kan verwag?

Breinlosbrand:  Marcus

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

31 05 2012
gerdajansen1

die armes, werkloses en agtergeblewenes moet geleer word niks in die lewe is gratis nie. hulle moet geleer word dat hule nie kan bekostig om onbeheersd te teel nie. as hulle ophou teel dan kan hulle makliker lewe. maar kyk die voorbeeld wat die land se leier hulle stel. fok die robin hood mentaliteit. as zuma of malema of wie te fok anders n telery wil befonds kan hulle dit doen met hulle eie geld.

31 05 2012
Olga

nog n salaris wat hul op geen manier kan regverdig nie. Dalk moet die belasting betaler begin steel met die tronk sleutel onder die arm. Hoe regverdig die armes hulle telery? Hoe regverdig die anc die gratis huise wat swart mense kry terwyl geen rdp/hophuise aan blankes uitgedeel word met 100kwt krag en 12kl water nie. Demokraties? Ag, spaar my dari kak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: