Boelies

30 05 2012

Snaaks hoe sekere kindergoed bloot nie op die speelgronde agterbly nie.  Noudat ek dit hardop gesê het, wonder ek enige kindernukke ooit gelos word?  Dit daar gelaat vir nou, ek wil eintlik oor boelies praat. 

Boelies bly beslis nie op die skoolgronde agter wanneer die laaste vraestelle geskryf word nie.  Die enigste verskil is dat daar in die skole darem reëls betreffende boelies is.  Wat wegval wanneer jy in jou latere lewe met boelies te doen kry.  En dit is maar die feit van die lewe.  Daar is altyd iets en iemand groter wat hulle wil op ‘n ander wil afdwing.  Nie noodwendig fisies groter nie, kragtiger is ‘n beter word.  Kragtiger (magtiger) mense, organisasies en lande. 

Die boelies van die lewe word nie so maklik betig as die wat nog op die skoolbanke sit nie.  Daar is dit ‘n geval van of jy speel saam of jy staan op en wys die boelie waar sy / haar / hulle plek is.  Natuurlik is dit nie maklik nie en natuurlik slaag dit nie altyd nie.  Juis daarom is dit iets waarvoor ek altyd my hoed sal lig.  Iemand wat gesê het tot hiertoe en die boelie op sy neus laat kyk het. 

Sien, ‘n boelie se mag is intimidasie.  Wanneer die intimidasiekaart nie meer werk nie, wanneer die boelie nie meer vrees inboesem nie is hulle totaal ontwapen.  Dikwels is niks meer nodig nie, hoewel daar altyd die uitsonderings is. 

Ek reken die beste tyd om die vaardighede aan te leer is juis op die speelgronde.  Waar daar immers nog ‘n Plan B is as dinge nie uitwerk nie.  As Boetie of Sussie self die boelie (met spesifieke verwysing na die leier) kan stuit, is dit meer as net ‘n oefening in selfvertroue.  Dit gee die toerusting vir die dag wanneer die boelies van die lewe aangedurf moet word.  So ek gaan beslis eendag my kinders leer om terug te slaan of om kwetsende uitlatings te ignoreer.  Ek glo dat dit van hulle beter, sterker mense gaan maak.  Die tipe mens wat nie vir die duiwel gaan stuit nie. 

Dit was nog altyd my filosofie gewees en ek het dit so effens meer as 4 jaar gelede met die wêreld gedeel.  Tog het ek onlangs sterk teenkanting daarteen gekry.  Ek haal maar eerder aan: 

ek dink die een wat hierdie sogenaamde artiekel geskryf het is `n poephol weet defenitief FOKALL van boelies af nie dit is nie n probleem wat met die vuiste sommer uitsorteer gaan raak nie want boelies werk in groeppe en is gewoonlik baie sterker as die ander of ouer en almmal is bang vir hulle so nou se ek vir jou jy is so dom soos KAK en ek dink jy moet eder jou bek hou want dit kan uitsorteer raak met fuiste manparra en weer eens poephol

Persoonlik dink ek die persoon sal altyd vir ‘n boelie wegkruip.  Toegegee, ek word nie so maklik geboelie nie. 

Wat dink julle?  Behoort ‘n boelieslagoffer self die oorwinnaar van die situasie te word?  Of moet hulle gaan wegkruip en hoop dat iemand hulle eendag sal red?  Wat van die boelies wat eerder emosioneel afkraak as fisies seermaak. 

Breinvasbrand:  In “About a Boy” wat is die karakter se naam wie se nuwe skoene deur boelies afgevat word?

Breinlosbrand:  Sonlig was reg met Rachel de Beer.


Aksies

Information

9 responses

30 05 2012
gerdajansen1

eerste. ek is eerste. EERSTE!

30 05 2012
Celia Neveling

Net omdat jy ingedruk het terwyl ek my kommentaar geskryf het 🙂

30 05 2012
gerdajansen1

😀 waar is jou kommentaar?

30 05 2012
Celia Neveling

Hahaha vir jou aanhaling, die person klink self soos ‘n boelie 🙂

Die probleem is wanneer die geboelie deur ‘n groep uitgevoer word. Ons dogter is verlede jaar en die jaar voor dit daardeur. Wanneer dit net een persoon is wat boelie dan kan jy ‘n plan maak: Staan op of kontak die ouers of skool of watookal. Wanneer dit egter ‘n groep is, “pact behaviour”, dan is daar niks wat jy regtig kan doen nie. Dan skuif ‘n mens maar jou kind na ‘n ander skool toe, betaal maar die R 15 000 administrasie fooi, koop maar die duisende rande se nuwe skoolklere, sukkel met die logistiek van twee kinders in twee verskillende skole, ens.

En dit alles omdat sekere ouers nie hulle kinders ordentlik opvoed nie.

(Man, en het ek nou lus om een of ander vloekwoord op hierdie stadium te gebruik 🙂

30 05 2012
gerdajansen1

hier is dit. askies.
wat gebeur waar daar nie n 2de skool is nie? daar moet n wet wees wat die ouers van boelies verplig om did gevolge van hulle kinders se dade te dra. hulle is natuurlik altyd die slagoffers van die een of ander komplot.

30 05 2012
gerdajansen1

die skrywer van die aanhaling het spellesse nodig. n boelie wat op sy moer kry verloor shine onder sy / haar aanhangers. hulle sal egter weer n keer of twee probeer. as hulle elke keer in eie munte terug kry stop hulle gou gou.

30 05 2012
Olga

help nie jy kla by die boelie se ouers nie. Hulle WEET hul kinders is nie tot sulke gedrag in staat nie. Die onderwysers draai graag n blinde oog. So was my noolste afgeknou omdat hy nie mooi kon praat nie. As hy by die juf gekla het, het sy hom gespot en gemaak of sy nie sy nat klere en hare raakgesien het nie. Dit in die winter. Toe wys n ander kind my wie die sondebokke is. Toe hul my een oggend by die skool gesien het, het hul weggehol. Maar my kar het wiele gehad. Toe ek hul konfronteer, het nie een van die klein blixems n woord te se gehad nie. Toe vra ek elk van die 4 ‘wie is groter, ek of jou ma?’ ek is aan die langkant, sien. Toe het ek hul belowe dat ek weet waar elkeen se ma werk. As hul Nolie weer gaan boelie, gaan ek hulle ma’s by die werk slaan. Wel, noem dit wat jy wil, Nolie was nie weer geboelie nie.

31 05 2012
Twilight

Daar is verskillende maniere waarop kinders (en grootmense) boelie. Dis amper makliker om iemand wat ander fisiek afknou, reg te sien. Maar dis die sielkundige vorm van boelie wat die moeilikste is om van ontslae te raak. Dis miskien verkeerd om te veralgemeen, maar meisies maak hulle meer dikwels skuldig aan boelie met sielkunde. Ja wat Xena, wat boelies aanbetref, glo ek in direkte konfrontasie. Dikwels is boelies self ongelukkig en onseker en hulle kry ‘n paar ander wat hulle kan beinvloed om ‘n slagoffer te teister. Maar mens moet hulle eerstens laat verstaan hulle gedrag is onaanvaarbaar en hulle sal die gevolge daarvan dra. Dan kan jy kyk na hoekom hulle dit doen en hulle probeer help.

14 06 2012
Sue Webster

Wat kan ons doel met die boelies by skool van die onderwysers is net sulke groot boelies en die ouers moedig dit aan. Dit is laerskool kinders wat in gr 2 tot graad 5 is van die kinders wil al selfmoord pleeg wil nie skool toe nie een van die kinders wat baie erg geboelie word is ADHD meng nie met kinders nie sukel met skoolwerk nie omdat hy onnosel is in teen deel is hy n baie slim kind maar weier om te leer sy konsentrasie is baie maklik afleibaar en is geyg om vrae nie te antwoord nie onderwyser sal lelike aan merkings maak die kinder se baie lelike goed kry nagmerries daarvan is daar dalk iemand wat na skole toe gaan en praaitjies het oor wat boelies kan veroorsaak en hoe kan n mens dit met die skoolhoof en onderwysers aanspreek asb help ons werk baie hard aan die kind en dit gaan al baie berter met sy gedrag by die huis maar sodar daar met hom iets gebeur by dei skool raak die kind so depresief en omdat daar al reeds probeer selfpoord praat was is ons bang ons kan dit nie ignoreer nie help asb. onderwysers stel nie belang en wil nie die kind se lewe erger maak nie. Wil net he skool moet saam werk daar is nog vele ander dinge maar die boelies is op die oomblik die ergste. Bie dankie.
Julle kan my e-pos na suewebster7@gmail.om.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: