Respek vir Gesag

28 05 2012

Nadat die hele land laasweek gegons het oor “The Spear”, is hierdier seker nou maar soos mostert na die maal.  Ek kon bloot nie minder omgee of ‘n groot rooi, swart en geel skildery met die geel kroonjuwele bly of gly nie.  Die protes wat die skildery probeer aanteken word tog daagliks iewers herhaal.  Natuurlik het niemand verwag dat Zuma verlief gaan neem daarmee nie.  Dit bly vir my ‘n storm in ‘n teekoppie.  Een waarin ek myself verstout, maar nie iets waaroor ek veel te sê het nie. 

Gestel nou een of ander skilder gaan verf ‘n ander gesagsfiguur met sy/haar kroonjuwele as fokuspunt.  Wat gaan die reaksie daarop wees?  Gestel nou Helen Zille word in haar geboortepakkie in kuns verewig.  Ek het dalk ‘n gebrek aan verbeelding hier, maar ek twyfel of daar regtig ‘n stoffie daaroor gaan wees.  Deur die eeue een was naakte kunswerke van vroue die norm, min mense frons daaroor.  Dalk moet ons eerder vir Pieter Mulder as ‘n voorbeeld gebruik.  Gaan daar dan reaksie daaroor wees?

Ek moet dalk eerder vra wat die reaksie daaroor gaan wees.  Gaan almal wat nou huil oor waardigheid, reken sy waardigheid is aangetas?  Gaan die wat nou huil oor vryheid van uitdrukking steeds te vinde wees daaroor?  Gaan dit bloot ‘n reaksie wees oor wie se juwele is groter?  En bewaar die een wie s’n te klein geag word? 

Ek dink daar is ‘n paar voorwaardes vir ‘n kunswerk om regtig die tipe reaksie te kan ontlont.  Heel vooraan moet die kunswerk die waarheid beter kan oordra as ‘n 1000 woorde.  Daarin het Brett Murray geslaag.  ‘n Ander gesig, selfs al was die gesig van Madiba sou dit net ‘n skildery van ‘n effens “verwronge” kunstenaar gewees het.  Daar sou dan geen waarheid gewees het wat kon seermaak nie. 

Zuma reken die skildery beeld uit dat hy rondslaap, vroue jag en geen respek het nie.  Ek onthou ‘n saak ‘n paar jaar gelede waar Zuma vir verkragting aangekla is.  Goed, hy is vrygespreek, nadat die hof bevind het dat dit nie teen die klaagster se toestemming gebeur het nie.  Ek dink dit is voldoende bewys dat hy rondslaap en vroue jag.  Daarby het hy ook by ten minste 4 ander vrouens kinders met wie hy nie getroud is nie – al het hy 4 vroue!!.  Duidelik het hy ook geen respek vir sy gesagsrol nie, geen wonder mense het geen respek vir hom nie.  Dink maar net aan Shaik om net een voorbeeld te noem. 

As ek Murray was, het ek nou al gewerk aan ‘n soortgelyke skildery.  Ek sou die keer eerder groen, geel en swart vir die skildery gebruik het, maar ek sou ‘n vergrootglas in die plek van die juwele aangebring het. 

Ek wonder wat al die Zuma ondersteuners daarvan sou sê. 

Behoort mense in gesag net gerespekteer te word PUNT?  Of moet hulle die respek vir die rol eers verdien?  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Watter vrou van Zuma het in 2000 selfmoord gepleeg?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Elsa


Aksies

Information

4 responses

28 05 2012
Olga

kate mantsho?
Waar kry hulle die rassisme in die prent? Dalk het brett murry hom onwetend n witman se uhm, . . juwele gegee. Hy moes dalk groter . . . . ore en
n korter uhm. . . . neus gegee het. Dan kon hy darem se die man het bols.

28 05 2012
dirkiedoep

Mooi ring aan die man se hand …die wat handdruk kry

28 05 2012
gerdajansen1

zuma soek aandag. hy en sy advokaat. ek hoor vandag reeds dat daar n meningspeiling was onder die jeug. en dat kgalema mothlante en (behoede ons) malema, populere keuses om ons volgende president te word. wie se briljante plan was dit in elk geval om zuma president te laat word. einste mothlante gooi gedurig zuma se geleerdheid (of gebrek daaraan) in almal se tande deur te se dat geleerdheid nie tel nie.

29 05 2012
Loli Pretorius

Behoort mense in gesag net gerespekteer te word PUNT? Of moet hulle die respek vir die rol eers verdien?

Dit is ‘n GROOT vraag oor talle kulture.
Ek dink mens kan posisies respekteer, al ‘verdien’ die persoon wat dit beklee nie respek nie. Eish, ek meen dit is ons president.
So, ongelukkig was ek teleurgesteld oor die kunswerk, al stem ek nie vir die man nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: