Wat is in ‘n DVD?

23 05 2012

Ek onthou hoe ek eendag vir ‘n DVD-speler gaan soek het.  Video’s was oppad uit en daar was al hierdie moet-hê goed op DVD.  Wat niks help as daar nie ‘n DVD-speler is nie.  Die mannetjie by HiFi Corporation het my daardie dag iets vertel wat vir my half sinneloos geklink het.  Basies dat ‘n mens goedkoper spelers kry wat net Suid-Afrikaanse DVD’s kan speel en dan ‘n effens duurder keuse wat alles kan speel. 

Ek het eers my tong ingesluk, ek soek beslis ‘n DVD -speler wat die flieks wat die moeite werd is om te kyk kan speel.  Dit blyk toe darem dat hy bedoel dat die Suid-Afrikaanse keuse sal alles speel wat ‘n mens in Suid-Afrika kan koop.  Wat meer het ‘n mens nodig?  Dit is mos nou nie dat ek elke dag in ‘n ander land is om DVD’s te koop nie. 

Ek het soort van daarvan vergeet.  Ek het in elk geval ‘n paar jaar later eers vir myself ‘n DVD-speler gekoop.  Daar was ‘n hoop wat geskree het Samsung en ek het so in die verbyloop een in die waentjie gegooi.   Ek dink dit het maar R300 gekos (was dalk R250), maar dit was waarde vir geld.  Ek gebruik hom gereeld – soms daagliks – en hy het nog geen klagtes gehad nie.  Ek ook nie. 

In elk geval, daar ontdek ek verlede jaar weer Golden Girls.  Koop sommer dadelik Seisoen 1 en Seisoen 2 nadat iemand my jaloers gemaak het met haar stel.  Dadelik ‘n treffer en my kamermaat is net so mal daaroor as ek.  Die ongeluk van die saak is ons het skaars begin kyk, toe is ons klaar.  En helaas – geen van die plaaslike winkels het enige ander seisoene nie.  Ons praat van Musica, Look & Listen, Phase 2 Music, Super CD, Music Moods in ten minste 4 provinsies. 

Amazon het wel, daar is egter ‘n waarskuwing dat dit “Region 1” DVD’s is.  Ek gaan vra toe raad by my goeie vriendin, Google, wat my vertel dat dit DVD’s is wat vir die Noord- Amerikaanse mark bedoel is.  Ek vind toe uit dat DVD’s in Suid-Afrika “Region 2” is.  As jy nou wonder wat die streke is, dit alles gaan oor geld vir die filmstudio’s.  Sien, terwyl ‘n fliek in Suid-Afrika nog draai (of nog nie eers begin draai het nie), is die DVD in die VSA al beskikbaar.  Om seker te maak ons gaan kyk dit op die silwerskerm, is die DVD’s streek gebonde wat beteken jy nie so maklik ‘n DVD van die VSA kan kyk nie. 

Gewoonlik iets wat my nie pla nie.  Tot ek Seisoen 3 en Seisoen 4 op TakeALot raak loop, maar net streek 1 vir die res kan kry.  Behalwe nou as ek bereid is om tot R900 vir ‘n streek 2 seisoen te betaal – mits ek dit natuurlik te koop kan kry.  Dan pla die storie my nogal baie. 

Ek is op die punt om sommer ‘n ander Streek Vrye DVD speler te koop.  Ek bekla my lot weet by my goeie vriendin, Google, en sy het sommer dadelik goeie raad.  Blykbaar is Hollywood se bemarking idee nie so waterdig nie.  Die meeste DVD spelers kan met ‘n “hack” streekvry gemaak word.  Met ‘n paar drukke op die afstandbeheerder op die regte tyd. 

Ek het dit gisteraand probeer, maar dit klink effens makliker as wat dit is.  Dalk moet ek gou na ‘n YouTube video soek.  As jy dieselfde gedagte het, die stap kan jou waarborg nietig maak. 

Nou nie hieroor of daaroor nie, maar siende dat ek my DVD’s wettig bekom, dink ek dat ek enige DVD op my speler (ook wettig gekoop) behoort te kan speel.  Blykbaar het New Zealand dieselfde mening en soek hulle ‘n wet dat vervaardigers DVD-spelers streek vry moet maak.   

Ek reken dit is ‘n skelmspul.  Wat dink julle?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan DVD?

Breinlosbrand:  Mnr Nel was reg met Vleis Visagie.

NS:  Take A Lot het omtrent al wat ‘n boek, DVD of CD is en hulle is baie goedkoper as die winkels.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

23 05 2012
Olga

eerste!
Dis net belaglik hoe ons met alles b4k word in S. A.

23 05 2012
Olga

digital video disk
ook glo (high) density video disk.

23 05 2012
gerdajansen1

jy raak vreeslik tegnies. die meeste mense sien n duvet en n kussing as hul dvd hoor.

23 05 2012
oomjack

Hier by die werk is soveel buddies wat uncapped internet het , en ek kan enige fliek of series bekom , maar omdat ek so n eerlike en voorbeeldige mens is koop ek maar al my DVD’s by die hustler winkel

23 05 2012
Klip

Skuus ek bedoel by die nigerians wat so tussen die karre rond loop , kan nie n bargain weerstaan nie

23 05 2012
Klip

Game het more n special op n hardeskyf (2 TB plug en play) en ek het nou so baie flieks en niks meer plek nie, sal maar n plan moet maak. En niemand wil saam met my by die huis fliek kyk nie , blykbaar te veel “geweld”

23 05 2012
Klip

Wil graag n blu-ray dvd speler koop , maar niemand hou van blou films nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: