Selfverwyt

22 05 2012

Daar is ‘n baie gewilde gesegde dat ‘n mens nooit ‘n ander moet oordeel tensy jy ‘n myl in sy skoene geloop het nie.  In die geval van Glenn Boshoff is dit bitterswaar skoene, waarvoor bittermin mense sal kans sien.  Al word hulle ‘n fortuin betaal.  Daar kan tog nie ‘n swaarder selfverwyt wees as om verantwoordelik te wees vir jou eie kind se dood nie. 

Daar word soms so maklik gepraat van die een vrek te maak en daardie een te vermoor.  Min mense besef egter die gewig wat agter die woorde lê.  Die mens is nie gemaak om ander dood te maak.  Dit vreet gewoonlik aan die mens tot die dag wat hulle self die tydelike met die ewige verwissel.  Selfs al was die doodmaak geregverdig.  As dit jou nie pla om ‘n ander se lewe te neem nie, het jy jou menslikheid iewers verloor. 

Omdat ons mense is, voel die dood van ‘n kind net onnatuurlik.  In die natuur self is dit die norm, die meeste babas gaan dood en net ‘n handjievol bereik volwassenheid.  Tog is die mens nie ‘n dier nie en die dood van ‘n minderjarige bly ‘n groot tragedie.  As jy op een of ander manier betrokke was, sal dit jou ry tot die einde van dae.  Al was die kind onbekend en jy nie regtens aanspreeklik nie.  As dit nog boonop jou eie persoonlike kind is . . .

Sedert die voorval waartydens klein Idie geskiet was, berig die koerante die heeltyd oor die voorval.  Natuurlik het elkeen ook hulle eier wat hulle daaroor wil lê.  Die meeste is baie simpatiek teenoor die gesin.  Daar is egter ook mense wat vrae oor aanspreeklikheid vra.  Soos of enige mens op ‘n toe deur behoort te skiet?  Kan jy sommer net skiet as jy nie seker is of jou lewe bedreig word nie?  Durf jy skiet as jy nie jou teiken in die oë kan kyk nie?

Die antwoorde is maklik, maar niks gaan vir Idie terug bring nie.  Feit is, dat 5 inbrekers in jou huis moeilikheid is en daar is nie altyd die luukse (hoewel, dit behoort ‘n reg te wees) om vir hulp te wag nie.  As mense nie self optree nie, is die kanse goed dat die pa doodgeskiet, die ma verkrag word en die res van die gesin gemartel word nie. 

Ek is seker as die Boshoffs ‘n keuse gehad het, sou hulle eerder wou sterf of verkrag word in plaas dat hulle kind skade gely het.  Hulle sou verseker nooit haar opsetlik skade berokken het nie.

Ek wonder oor die rotte.  Voel hulle skuldig oor wat gebeur het?  Verlekker hulle hulleself in die tragedie?  Voel hulle enigsins iets?

Breinvasbrand:  Watter rugbyspeler het ‘n paar jaar gelede sy dogter doodgeskiet toe hy haar as ‘n kardief aangesien het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1923. 

 


Aksies

Information

4 responses

22 05 2012
Olga

die miSdadigheid in ons land is did toedoen van die anc. Hulle ‘tokkel tokkel ek voel 4kel’ solank swartes voordeel trek is die oorsaak dat swartes gn respek vir die wet het nie. Maar die .4kers wil name verander en annekseer en 4k die res solank hul kan nek skiet.
Innigste simpatie aan die boshoff gesin.

22 05 2012
Selene Phoenix

en daars my comment weg!

😥 Ek hoop die gesin kom hier deur 😦 Dis nie natuurlik vir ‘n ouer om ‘n kind te begrawe nie… veral nie agv misdaad nie! Die ergste van alles is die pa wou sy gesin beskerm, en ja die res is te hartseer om weer te noem.

Die rotte het nie ‘n hart nie… gelukkig moet hulle eendag antwoorde gee vir hulle dade!

22 05 2012
gerdajansen1

die misdaad sal skierlik stop as alle slagoffers die anc tot antwoord roep in die konstititionele hof. die feit is as ministers sorgtdat pligte uitgevoer word sal die rotte weet hulle gaan nie weg kom nie en daarom sal hulle weer respek vir die gereg kry.

23 05 2012
mnrnel

Rudie “Vleis” Visagie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: