Gewerk en nie geëis nie

20 05 2012

Ten spyte daarvan dat ek net nou die dag my neus opgetrek het vir nie-fiksie boeke, het ek Wat’s Nuus van Riaan Cruywagen verslind.  Ek is een van daardie mense wat ‘n telefoongids sal lees as niks anders beskikbaar is nie, maar in die geval was ek nuuskierig en het ek die boek geniet. 

Tipies het ek die boek weer op die been geanaliseer.  Riaan Cruywagen neem nogal baie bladsye in beslag om sy familie en hulle lewens te beskryf.  So vertel hy onder meer dat sy pa, Adrian Cruywagen, ‘n elektriese ingenieur by EVKOM was.  Siende dat hy ‘n ingenieur genoem was, neem ek aan dat hy – waarskynlik met ‘n EVKOM beurs – gaan swot het om homself as ‘n ingenieur te bekwaam.  ‘n Beroep wat ‘n mens verwag groot geld sal beteken. 

Tog beskryf Riaan hoe hulle groot geword het in ‘n huis sonder elektrisiteit en hoe sy pa jare lank met ‘n Oldsmobile gery het.  Hulle het hulle so vir die motor geskaam dat hulle pa hulle 2 blokke van die skool moes aflaai.  Die kar was dus selfs in daardie tyd oud en groot.  Hy vertel ook hoe sy pa eendag ‘n verskalf saam met die 3 kinders, oupa en ouma agter ingelaai het en die pad na Johannesburg aangedurf het.  Die einste koei is later skelm deur hulle ma verkoop om ‘n klavier vir die kinders te koop.  Nou doen ek presies wat Riaan in die hele boek doen en dwaal af. 

Die Cruywagens het eenvoudige lewens gehad.  Pa en kinders het doodeenvoudig met die bus werk en skool toe gegaan, dit was die goedkoopste vervoer.  Weliswaar het die gesin nie honger gelei nie, maar hulle was selfvoorsienend in groente en melk.  Die skole in die tyd het een of ander kosskema gehad, waarvoor nie ryk of arm kinders hulle neuse vooropgetrek het nie.  Hy vertel ook hoe hulle klere soms gelap moes word om hulle deur die jaar te sien. 

‘n Mens verwag tog nie dat ‘n ingenieur ‘n hongerloon sal kry nie.  Tog beskryf Riaan hoe sy pa saans huisplanne geteken het om die gesin te help kop bo water hou.  Sy ma het weer koeke gebak met dieselfde doel. 

In vandag se terme is dit hals ondenkbaar.  Geen ingenieur sal juis moeite doen om ekstra geld te maak nie.  Hulle het gewoonlik heeltemal genoeg geld om saans tevrede te gaan slaap.  Tog – baie mense is maar geneig om suinig te wees en sake te oordryf.  Die beskuldiging is seker nie geregverdig in die 40’s of  50’s nie. 

Aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902, was daar weining om na terug te keer.  Die Boere was natuurlik plaasmense, wat geplunder en tot die grond toe verwoes is.  Daar moes ‘n nuwe lewe gebou word.  Dit klink vreeslik avontuurlik en seker in ‘n mate romanties, maar dit was swaardae gewees.  Eers was daar die Eerste Wêreld Oorlog wat fondse op geslurp het.  In Oktober 1929 het die aandele mark in Amerika in duie gestort.  Dit is gevolg deur die groot depressie.  Die mense het basies daardeur geskuur, toe is dit die afskop van die Tweede Wêreld Oorlog. 

Daar was dus in daardie tyd bloot net nie geld nie.  Selfs al sou die Afrikaners gaan bakhand staan het, sou niemand vir hulle iets wou instop nie.  Dit was sien kom klaar, hef jouself op of bly op die grond. 

Tog is daar ‘n denke dat wat die Afrikaanssprekende blanke vandag het om te wys, uit die bloue lig geval het of van iemand gesteel is.  Niemand dink daaraan hoe daar vir dekades geraap en geskraap is vir oorlewing en verbetering nie.  Op eie stoom, nie deur ander te beskuldig en dan te wag vir vergoeding nie. 

Iewers het daar ‘n deel van die Geskiedenis tussen 1902 en die ontstaan van Apartheid verlore gegaan.  Dalk moet daar daarna ook gekyk word voordat daar hande gevou word en boetedoening gewag word. 

My mening, in elk geval. 

Breinvasbrand:  Wanneer was Eskom gestig?

Breinlosbrand:  Paul Kruger straat gaan Paul Kruger straat bly.

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

20 05 2012
Olga

1923.

Snaaks hoe die Nie swartes hand aan SELFOPHEFFING gewaag het en nie gedans, gebrand, geroof en geeis het wat hulle nie voor gewerk het nie.

21 05 2012
gerdajansen1

huise, karre, elektrieseteit, skool, universiteit en ander mense se geld val net in jou skoot as jy swart is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: