Soos die palm van jou hand

18 05 2012

Iewers het iemand moes eendag besluit dat as jy iets baie goed ken, ken jy dit soos die palm van jou hand.  Ek vermoed dit moes die Engelse gewees nie, net ‘n rooinek kan iets so onsinnigs uitdink.  Eendag gaan ek nog hierdie steekproef doen.  Ek gaan ‘n 100 mense vat en fotostate van hulle palms maak.  Dan sal ek hulle leer handskoene laat dra en vra dat hulle hulle eie palms uitken.  Ek is relatief seker dit gaan nie so maklik wees soos wat dit klink nie. 

Ek dwaal af.  Hoewel ek nie seker is van hoe goed ek my eie palm ken nie, sal ek nou nooit verkondig dat ek Pretoria soos die palm van my hand ken nie.  Ek is wel goed genoeg bekend in die stad om sonder ‘n kaart, GPS of ‘n gesukkel te kom waar ek wil wees.  Ek steur my ook nie juis daaraan as ek nie meer heeltemal seker is waar ek is nie.  Ek weet op een of ander stadium gaan ek ‘n straat kry wat ek herken.  Dit sal ek dan kan gebruik as rigting wyser om te kom waar ek wil wees. 

As ‘n gebore plattelander is dit nuttig om ‘n paar straatname te ken en te weet waarheen dit gaan.  Die res is besonderhede wat nie juis saak maak nie.  So weet ek byvoorbeeld dat Schoeman ‘n eenrigting straat is wat jou Oos uit die stad neem.  Die pad huis toe as jy uit Mpumalanga kom.  Kerkstraat is ‘n twee rigting pad van Oos / Wes.  Dit strek van die heel Weste van Pretoria tot die heel Ooste.  Ry ver genoeg Oos en jy kom in Bronkhorstspruit uit.  Duncan is die pad Brooklyn Mall toe.  In Sunnyside sal Jacob Mare jou op ‘n manier in die beskawing kry.  Andries loop na Suid (Johannesburg se kant) en Van der Walt gaan Noord. 

Jy is gered met die inligting, ek belowe jou.  Helaas is daardie tyd nou aan ‘n einde.  Die straatname verander en was dit nie vir die ou naam onder in rooi deurgehaal nie, was ek so deurmekaar soos kots in ‘n tuimeldroër.  Kyk, met die wat Beatrix en Voortrekker nou Steve Biko raak, help dit dat ons nou al ‘n ruk lank gewoon is aan Steve Biko hospitaal.  Daar is egter niks om my voor te berei dat ene Jan Shoba vir Duncan oorgeneem het nie.  Ek weet nie eers hoe om E’skia Mphahlele uit te spreek nie, hoe moet ek nou onthou dat dit die nuwe DF Malan is?

Koningin Wilhelmina is deur Florence Ribeiro ontkroon.  Nico Smith is maklik genoeg om te onthou, maar help my niks as ek na Michael Brink soek nie.  Hoewel daar al reeds ‘n Nelson Mandela rylaan is, moet Vermeulen nou opsluit Madiba word.  Charles – nog ‘n lewensredder – is nou skielik Justice Mohammed.  Wie se ouma Nana Sita was weet ek nie, maar sy het Skinner se gat geskop.  Selfs ‘n neutrale naam soos Kerkstraat moet nou Stanza Bopape word.  En Schoeman – die pad uit die deurmekaar spul – heet nou skielik Francis Baard. 

Ek wonder of selfs ‘n GPS na dese sal kan tred hou.

Breinvasbrand:  As wat is Paul Krugerstraat nou bekend?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met 40 dae.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

18 05 2012
Olga

seker as hamba sitimela sa mi. Wie de 4k gee om? O, dalk net die 4kerkies in limpopo skole wie hul handboeke verbrand het uit protes of vir tp gebruik het nou het die staat nie geld om ander te koop nie. Maar… Hulle kan str name verander.

18 05 2012
Olga

o, ja . . . . . .

EERSTE!!!!!

18 05 2012
gerdajansen1

n absolute stunning foto. wow. wie het dit geneem?

18 05 2012
Olga

ekke. 😉

18 05 2012
oomjack

“Soos die palm van jou hand” definitief deur n engelsman uitgedink. Dis waar die woord “wanker” vandaan kom. Kyk as iemand anders se palm van die hand vat waar daar net deur jou gevat word weet jy dit beslis. “http://en.wikipedia.org/wiki/Wanker” Dis ook mos maar ons outjies wat arm groot geword het se eerste speelding(die palm van jou hand), en wie kan nou sy gewildste speelding ooit vergeet

Ek ken een straat in Pretoria ……….. ek dink dis “flamingo st” Daar naby is van die lekkerste roomys te koop

18 05 2012
demoerin

Ek verstaan ook nie die gekkigheid nie…en ek het net-net reggekom in PTA, nou sal ek heelemal verlore wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: