Christelike Feesdae

17 05 2012

Vandag is hemelvaart – die dag wat Christenne vier om Jesus se opvaart na die hemel te herdenk. 

In die verlede was dit altyd ‘n publieke vakansiedag in Suid-Afrika, maar dit het weggeval toe Suid-Afrika se vakansiedae hersien is.  In baie ander lande is dit ook nie ‘n vakansiedag nie, maar volgens Google word dit nog steeds in sekere dele van Europa gevier. 

Al is Hemelvaart nie meer ‘n vakansiedag nie, is daar niks om jou te keer om dit te vier as dit vir jou belangrik is nie.  Ek is seker baie kerke reël dienste vir voor of na werk vir mense om by te woon.  Wat dus tegnies gesproke beteken dat dit nie nodig is om ‘n hele dag se produktiwiteit op te gee vir ‘n uur in die kerk nie.  Seker twee dae van produktiwiteit, siende dat baie mense die kans vir nog ‘n lang naweek sou benut het.  Dit laat ‘n mens wonder of dit dalk nie meer waarde aan dag gee nie.  Jy moet kies om dit te vier en dan nog moeite ook doen as jy ‘n diens wil bywoon. 

Dieselfde kan vir ander feesdae ook gesê word en nie net in die Christelike geloof nie.  Daar is tog ander feesdae wat nog nooit ‘n amptelike vakansiedag was nie.  Ek dink nou aan iets soos As-Woensdag wat onder andere in die Katolieke Kerk gevier word.  As dit regtig belangrik vir jou is, sal jy plan maak om by die vieringe uit te kom.  Jy het nie regtig ‘n formele vakansiedag nodig nie.  Indien wel, niks keer jou om ‘n dag verlof in te sit nie. 

Dit bring my nou by die gerugte wat elke nou en dan kop uitsteek.  Dat Suid-Afrika Kersdag nie as ‘n openbare vakansiedag gaan erken nie.  Die praatjies word gewoonlik vinnig nek omgedraai – seker netsoveel dat dit ons amptelike vakansieseisoen is as enige iets anders.  Maar tog, siende dat meer en meer mense nie meer die nut van godsdiens insien nie, gaan daardie dag een of ander tyd opdaag. 

Nie dat Kersfees gaan uitsterf nie.  Elkeen sal dit seker nog steeds vier, al moet hulle deur die dag werk.  Of is dit dalk waar die streep hard en duidelik getrek gaan word.  Is dit die dag waarvoor mense gaan verlof insit omdat dit doodeenvoudig gevier moet word.  Verkieslik die hele dag lank.  Iets soos Goeie Vrydag het weinig betekenis sonder Kersfees.  En dit gaan nie so maklik voor of na werk ingedruk word nie. 

Persoonlik is dit vir my niks om oor te dink nie.  Ek sal hand en tand veg dat veral Kersfees en Goeie Vrydag behoue moet bly.  As die dag kom wat dit nie meer ‘n vakansiedag is nie, sal ek dit self ‘n vakansiedag maak.  Onbetaald ook as dit daarop neerkom. 

Maar hoekom juis die twee dae bo enige ander uitsonder?  Wat van die ander Christelike Feesdae?  Is daar enige “kultuur” dae wat eerder nooit moet wegval nie?

Hoe voel julle oor die saak?

Breinvasbrand:  Hoeveel dae na Paasfees het Jesus na die hemel opgevaar?

Breinlosbrand:  1939

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

17 05 2012
Plasie

Suid Afrika het tans 12 amptelike vakansiedae as ek reg onthou, dit is gemiddeld een dag per maand aan verlore produksie vir die ekonomie.
Ek reken nou so: Skrap almal behalwe vryheidsdag vir ‘n begin. Gee dan vir elke persoon 5 “spesiale verlof” dae by sy gewone jaarlikse verlof en maak ‘n lys van sê nie meer as 25 dae waarop jy daardie verlof mag gebruik. Die verlof is natuurlik nie-oordraagbaar.

Op dié manier kan elke persoon kies watter dae hy/sy wil gedenk en boonop verminder jy die verlore man-ure in die ekonomie a.g.v vakansiedae met 50%.

18 05 2012
mnrnel

Dis nou ‘n skitterende brainwave. Erkenning vir ander se spiritualiteit en die viering van jou eie. ‘n genuine wen-wen situasie.

17 05 2012
Loli Pretorius

(Plasie is obviously ‘left’ brained? of hoe? met al die somme)
Ek sê, toe ek skool gehou het, was daar selfs van my Moeslem gesinne wat kersfees gevier het? Godsdiens maak mense nogals deurmekaar…ek wil elke dag rustigheid in my hart ervaar!

17 05 2012
gerdajansen1

40 dae later. kyk die anc sal eerdel mandela dag in kersfees en madibadag in goeie vrydag se plek wil instel. bid jou nogakt aan om sommer te eis dat mandela dag wereld wyd gevier moet word.

17 05 2012
Olga

Ja, kyk, dis opvallend dat ‘n mandela dag voorrang bo ander Christelike dae geniet.

18 05 2012
demoerin

Jinne maar Plasie is slim….dan hou jy almal happy.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: