I record I was born

16 05 2012

Tydskrifte het nogal die manier om bekendes te vra wat hulle op die oomblik lees.  Dit is vir my opmerklik hoe dikwels hulle biografië of outobiografië lees.  Dit is al amper ‘n standaard reaksie van “Alles, maar veral nie-fiksie.  Ek verslind graag outobiografië.”  Ek gaan myself verstout en sommer sê dat hulle dit doen om slim voor te kom.  Iewers het iemand voorgestel dat intelligente mense biografië lees en fiksie vir ploerte is.  Verder is dit toe as die reël van mede en perse aanvaar. 

Persoonlik is ek intelligent genoeg om geen nodigheid te hê om ander te oortuig dat ek intelligent is nie.  Ek verkies om fiksie te lees.  Ek dink eerstens dat dit baie meer vermaaklik is en dit doen nogal baie om ‘n mens se persepsie en algemene kennis te verbreed.  Persoonlik verstaan ek nie die bohaai oor biografië nie.  Die paar wat ek al gelees het, was nou nie juis goeie verkoop materiaal nie. 

Ek glo nogal aan “Leef jou eie leef”.  Ironies genoeg danksy Tannie Dalene Matthee in Pieternella van die Kaap wat as fiksie bemark word.  Hoe ander hulle lewe ingespan het om sogenaamde sukses te bereik, skeel my nie juis nie.  Eerder, ek kan dit soms interessant vind, maar ek gaan nie hulle resep op my lewe toepas nie.  Dit is in elk geval nie dat ek dieselfde drome of ideale koester as die sport-; vermaak of besigheidsterre nie. 

Ek hou nogal van ‘n tikkie drama, maar dit moet geregverdige drama wees.  Drama sonder gronde vind ek uitputtend.  In die paar biografië wat ek al gelees het, word daar altyd een of ander iets voorgehou wat aanvanklik ‘n struikelblok was, maar toe eintlik ‘n motivering geword het.  En ja, baie van daardie voorbeelde kan as inspirasie dien.  Daar was egter die een boek oor ‘n bekende swemmer wat met ‘n groot bohaai en spanningsvolle klimaks aangekondig het dat hy hakkel.  Hy het toe begin swem, want dan hoef hy nie te praat nie. 

Ag asseblief.  Ek noem dit weghardloop, ek sou beindruk gewees het dat hy ten spyte van hakkel iets met praat reggekry het.  Soos 10 000 ander hakkelaars gedoen het.  Die wat die “gebrek” aanvaar en nogtans die lewe met ‘n gehakkel aangepak het.  Dit is dapperheid.  Om eerlik te wees het ek nog nie verby die groot openbaring van hom gekom nie.  Ek kry telkens iets beters om te lees.  Boonop is ek geneig om by sy foto’s vas te val.  😉

Ek dink een van die ander redes hoekom ek nie juis opgewonde oor biografië raak nie, is omdat ek nie nodig het om my tekortkominge in ander te regverdig nie.  Weereens leef ek my eie leef en probeer dit met integriteit doen.  Ek vat verantwoordelikheid vir my dade en kruip nie agter ander weg wat met dieselfde goed weggekom het nie. 

Verder is dit ‘n kuns om iets kort en bondig aan te bied.  Dit keer verveling.  Ek kan dus geen rede sien van hoekom iets wat in ‘n bladsy weergee kan word oor 400 bladsye gerek kan word nie.  Boonop, as jy ‘n aanhanger is, weet jy klaar wat in die bekende se biografië gaan staan.  As jy ‘n jota oor die persoon voel, kan jy in elk geval nie ‘n duiwel omgee nie. 

Aan die ander kant, in die HAT is daar ‘n foto van my langs die woord “nuuskierig”.  Ek sien beslis die nut in om ‘n biografie te lees wat inligting bekend maak wat niemand weet nie.   Iets interessant natuurlik, nie watse wonderlike mens hy/sy is om ‘n professionele atleet te word nie. 

Watter genre lees jy graag?  Watter tipe boeke vermy jy eerder?

Breinvasbrand:  Betty White was een van die eerste aktrises op televisie in Amerika.  Watter jaar is televisie in Amerika bekend gestel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Alexander Fleming

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

16 05 2012
Olga

eerste

16 05 2012
hoendersop

Ek stem heelhartig met jou saam. As ek moet kies tussen fiksie en ‘n biografie, sal die biografie elke keer verloor. Die laaste biografie wat ek gelees het (onder dwang in die boekklub) was oor ‘n Afrikaanse sangeres, verby haar fleur, wat gesing het oor die wind wat waai. Glo my, dit het my vir ewig genees van biografieë!

16 05 2012
Olga

eerste.

16 05 2012
SeeKat

Vrases wat my gat se deksel is.
It makes me feel alive or it makes me feel human
Hy is ’n ware mens of dit maak hom ’n mens
Wanneer word jy dan nou ’n mens of lewindig was dit eendag in jou lewe anders gewees.

16 05 2012
Olga

lewensverhale, of dit nou selfgeskryf of deur iemand anders is, is vervelig. 3/4 van die tyd in elk geval blote verdigsel. Ek is wragtig nie verveeld genoeg om daarna te luister nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: