Foutloos

15 05 2012

Mense maak foute. 

Dit is seker nou nie die mees intelligente stelling wat ek al in my lewe gemaak het nie, maar dit is nietemin die reine waarheid.  Waar daar ‘n mens is, gaan daar een of ander tyd ‘n fout in glip.  Enige stelsel wat op een of ander manier op ‘n mens staat maak, gaan een of ander tyd droog maak.  Bloot omdat mense . . . wel . . . mens is. 

Aan die eenkant, in ons strewe na perfeksie, is dit nogal ‘n bitter pil om te sluk.  Mense gaan foute maak.  Dit kan die gevolg van emosionele spanning, fisiese moegheid, nalatigheid, domheid of sommer net ‘n glips wees.  Die oorsaak maak nie regtig saak nie.  Die gevolg maak wel saak en dit kan miljoene beloop.  Nie net in geld nie, maar ook in mense lewens.  Daar is dus rede om foute te beperk, al beteken dit om die mens uit die vergelyking te verwyder. 

Dit is basies presies wat Google tans doen.  Deur die mens uit die kar te haal, word daar gehoop om ongelukke te voorkom.  Masjiene het nie ‘n natuur om voor toe te gee nie en maak dus nie foute nie.  Masjiene dink egter ook nie, maar dieselfde kan van baie mense gesê word.  Minder menslike foute op die pad gaan lei tot minder sterftes, minder versekering eise en minder onkostes. 

Ek persoonlik is nou nie heeltmemal seker dat ek van die idee hou van ‘n kar wat homself bestuur nie.  Ek dink die mens raak te maklik lui en dit vererger foute.  Kom ons neem iets eenvoudig soos spelling.  Op ‘n stadium was kinders gedril in spelling.  ‘n Spelfout was doodeenvoudig ‘n euwel wat met wortel en tak uitgeroei is.  Toegegee, party mense het nog steeds soos hulle gatte gespel, maar die gemiddelde spelvermoë was aansienlik hoër. 

Toe kom “spell check” en die vermoë om behoorlik te spel raak effens oorboordig.  Die gevolg is dat die gemiddeld aansienlik geval het en die standaard is heelwat laer.  Die meeste mense gee nie om of dit interressant, interesant, interresant of interessant is nie.  Die idee is dat die woord verstaan word, wat maak dit tog saak hoe dit nou eintlik gespel moet word?  Vir die rekord; die regte spelling is interessant. 

Ek dink dus dat dit snert is dat die mens meer en meer op masjiene en tegnologie moet staatmaak.  Sekere foute is onverskoonbaar en moet doodeenvoudig nie geduld word nie.  As meer mense net gaan begin omgee wat hulle aanvang (en nie op iets anders as hulleself staatmaak nie) gaan foute drasties verminder.  Ons is bloot net te lui om onsself verantwoordelik te hou. 

‘n Lewe sonder foute gaan dalk perfek wees, maar daar gaan geen vooruitgang wees nie.  Neem nou maar die studente wat die fout gemaak het om na hulle proffie se kulture om te sien.  Daar was ‘n kontaminasie en die professor wou dit alles weggooi.  Tot hy gesien het hoe die besmetting die ander groeisels doodmaak.  Hy het verder gedink as wat sy neus lank is en dit was die ontstaan van penisillien. 

Maar hoe meer ons van masjiene afhanklik gaan raak, hoe meer gaan ons breine onnodig raak.  Dit is die ander waarheid in die natuur.  Dit wat nie nodig is nie, gaan jy verloor. 

Dink jy ons het te ongeërgd geraak oor foute?  Dink jy ons drange na perfeksie is besig om die mens te laat vergaan?  Is ons dalk te slim vir ons eie goed?

Breinvasbrand:  Wie was die ontdekker van penisillien?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Anna Jarvis.


Aksies

Information

4 responses

15 05 2012
rondomtaliedraai

Agtelosig is my persoonlike probleem… en ek behoort van beter te weet.

15 05 2012
Xena Phoenix

Rondomtalie, as ek al my foute moet uitryg gaan julle in verwondering staan. Ek is bietjie (baie) verstrooidheid en dit gee nogal baie interessanthede af.

15 05 2012
Olga

alexander fleming.

Strewe na perfeksie? Bolle! Strewe na blerrie gemak wat die mens die sleg blixems maak wat ons is.

15 05 2012
W A J

Die mens, raak eenvoudig te slim vir sy eie welstand… en ons raak morbiediglik te veel ook vir die planeet om ons verskriklike gurigheid na rykdom te bevredig. !!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: